Voorsitter van Nasionale Persklub sterf

Val Boje, voorsitter van die Nasionale Persklub. (Foto: Facebook)

Val Boje, voorsitter van die Nasionale Persklub, is skielik dood nadat sy Maandag in ʼn Pretoriase hospitaal ʼn geringe operasie aan haar hart ondergaan het.

Boje was tot onlangs nog redakteur van Pretoria News voordat sy in Januarie vanjaar ná agt jaar by die koerant uitgetree het. Sy is ook sowat twee jaar gelede as voorsitter van die Nasionale Persklub aangewys.

Jos Charle, algemene bestuurder van die Nasionale Persklub, sê Boje se ervaring en wye netwerk van kontakte was ’n groot aanwins vir die organisasie.

“Ons werk al langer as 25 jaar saam en ek ken Val as ʼn geesdriftige en professionele mens wat alles voluit aangepak het. Haar dood is inderdaad ʼn groot verlies.”

Boje word oorleef deur haar man, Roy Devenish, seun John, skoondogter Carli, dogter Christine, haar ouers en die egpaar se kleinkinders.

Die Nasionale Persklub het sy medelye met haar naasbestaandes uitgespreek. Op sosiale media het talle boodskappe van medelye ook ingestroom, baie daarvan van medeverslaggewers en ander in die mediabedryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Francois ·

Dit is vir my nogal opvallend hoeveel mense die afgelope tyd net “vir klein prosedures” in hospitale opgeneem word of nog self die hospitaal instap met tas in die hand, maar dan nie weer lewend daar uitkom nie. Is daar iewers iets fout of het standaarde geval in n omgewing waar lewens op die spel is?

Skappie ·

Sterkte aan haar familie en vriende kring. Mag onse Liewe Heer julle styf in Sy arms vashou in hierdie moeilike tyd wat vir elkeen van julle wag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.