‘Voorsitter van Spur-paneel moet onttrek’

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit en die burgerregte-organisasie AfriForum het vandeesweek ʼn uitnodiging om ʼn voorlegging te maak aan die paneel wat die Spur-voorval ondersoek van die hand gewys.

Sowel dr. Dirk Hermann, bedryfshoof van Solidariteit, as Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het die paneel daarvan beskuldig dat hulle subjektief is en aangevoer dat die paneel konsessiehouers, personeel en kliënte verder sal benadeel omdat hulle bevooroordeeld is.

Die paneel wat op 26 en 27 Junie in Woodmead, Johannesburg, sal vergader, word gelei deur prof. Elmien du Plessis, ʼn regsgeleerde aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, en bestaan uit prof. Kopano Ratele van die Instituut vir Sosiale en Gesondheidswetenskappe by Unisa, verteenwoordigers van Sonke Gender Justice, dr. Wynoma Michaels, ʼn sakekonsultant wat maatskaplike kwessies aanpak en Cobus Bester, ʼn radiopersoonlikheid.

Hulle sal onder meer die beeldmateriaal bestudeer van die voorval, waar ʼn man gedreig het om ʼn vrou aan te rand nadat hy beweer het haar kind het sy kind geklap. ʼn Video van die heftige woordewisseling tussen die twee ouers, wat in Maart vanjaar by die Texamo Spur in die suide van Johannesburg plaasgevind het, het soos ʼn veldbrand versprei en ʼn rasseherrie op sosiale media ontketen. Spur het ná die voorval besluit om die vrou om verskoning te vra en die man is alle Spur-restaurante in die land belet.

Die paneel het aangedui dat hulle ook voorleggings oor die voorval sal aanhoor en het Solidariteit en AfriForum uitgenooi om ʼn spesiale voorlegging oor die voorval te maak, op grond van die belangstelling wat die organisasies in die saak geneem het, het Du Plessis in haar uitnodiging aan AfriForum geskryf.

Kriel het in sy e-pos aan Du Plessis uiteengesit hoekom die organisasie nie aan die paneel sal deelneem nie en sover gegaan om van die paneellede as “openlike anti-Afrikaanse aktiviste” te beskryf.

Hy het gesê Du Plessis is ʼn uitgesproke ondersteuner van die “Open Stellenbosch”, “Reform PUK” en die anti-Afrikaanse “#feesmustfall”-bewegings en aangevoer dat sy haar as voorsitter aan die ondersoek moet onttrek sodat daar vinniger ʼn oplossing in belang van Spur se konsessiehouers, personeel en kliënte gevind kan word.

“AfriForum meen die paneel se ondersoek sal veral Afrikaanse kliënte verder vervreem, omdat Spur se uitvoerende hoof om onverstaanbare redes dit nodig geag het om mense, wat hulleself aktief beywer vir die stryd teen Afrikaans by universiteite, by sy strategie te betrek. Dit terwyl ʼn groot deel van Spur se Afrikaanse kliëntebasis benadeel word deur die aanslag op Afrikaans as universiteitstaal.

“Ons simpatie in die Spur-debakel lê by die Spur-konsessiehouers en hulle personeel. Hierdie mense is die slagoffers van Spur se uitvoerende bestuur se eensydige hantering van die debakel,” het Kriel gesê.

Mark Farrelly, hoofbedryfsbeampte van Spur, het in Mei gesê die hele voorval het gelei tot ʼn wegblyaksie wat sekere konsessiehouers swaar getref het. Sommige konsessiehouers het reeds tussen 24% en 45% op hulle maandelikse inkomste verloor.

“Spur se onafhanklike paneel is nie onafhanklik nie, dit is ʼn Spur-paneel wat Spur se standpunt moet bevestig,” het Hermann gesê. Hy het ook aangevoer dat die Spur in die proses om ʼn uitspraak oor die restaurantgroep se hantering van die bepaalde en soortgelyke voorvalle die gevaar staan om nie hulle getroue kliëntebasis se stem te hoor nie.

“Konsessiehouers wil rustigheid hê, maar die paneel gaan net ʼn nuwe politieke herrie rondom Spur laat uitbars. Ons beveel aan dat Spur fokusgroepe met kliënte en konsessiehouers hou om te bepaal hoe hulle voel.

“Solidariteit sal eerder saam met konsessiehouers met Spur in gesprek wil tree oor hoe die spanning gaan verhoog. Ons het met tientalle konsessiehouers gesprek gevoer oor die druk wat topbestuur se besluite op hulle plaas en die effek op hul restaurante,” het Hermann bygevoeg.

Du Plessis het gesê hy is bewus daarvan dat AfriForum en Solidariteit besluit het om nie ʼn voorlegging aan die paneel te maak nie. “Dit is hulle keuse om nie deel te neem nie. Dit is egter jammer dat hulle nie aan die forum deelneem nie, juis omdat hulle sterk menings daaroor het.”

Sy het gesê Hermann se aanbeveling dat Spur fokusgroepe met kliënte en konsessiehouers hou, is ʼn goeie voorbeeld van ʼn voorstel wat aan die paneel gemaak kan word. “Soos ek verstaan, en Spur kan dit self bevestig, was die restaurantgroep deurentyd met konsessiehouers en kliënte in verbinding sedert die voorval plaasgevind het.

“Ek wil egter benadruk dat konsessiehouers en kliënte ook uitgenooi word om aan die proses deel te neem om voorleggings te maak.”

Du Plessis het gesê die paneel verteenwoordig ʼn wye spektrum van standpunte en uitgangspunte. “Ons sal moet redes gee vir ons bevindinge en daarin lê die wigte en teenwigte. Die voorleggings wat gemaak word, dien verder die doel om diverse standpunte in ag te neem. Die paneel se persoonlike en professionele integriteit is op die spel en daarom sal ons enige bevooroordeeldheid vermy.”

Op Kriel se aantygings teenoor Du Plessis se standpunte het sy die volgende gesê: “Ek is vir ʼn inklusiewe benadering gegrond op herstellende geregtigheid, in my persoonlike sowel as professionele hoedanigheid. ʼn Inklusiewe benadering beteken juis dat ek nie anti-iets is nie, veral nie teen enige spesifieke taal nie. Dit is juis ook die rede hoekom ek dit jammer vind dat Solidariteit en AfriForum nie wil deelneem nie. Ek dink verder nie dit is sinvol om as voorsitter van die paneel te bedank net omdat ʼn enkele belangegroep my bedanking eis nie.”

Du Plessis het weereens benadruk dat daar ʼn ope uitnodiging aan die publiek is om voorleggings te maak en dat alle voorleggings ewewigtig en met dieselfde erns hanteer sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

179 Kommentare

Joan Labuschagne ·

Gaan julle ook die eerste gedeelte van video waar die aanranding plaasgevind het vertoon en bespreek of slegs waar die lelike bakleiery plaasvind?

Sê dit soos dit is ·

Dink jy regtig hulle sal die materiaal wat die insident se geheel beeld openbaar, vertoon ?

Vergeet dit. Dit is nou net CYA al die pad.

Johann ·

As ek juis reg verstaan soos ek nou die dag betreffende die paneel gelees het, ondersoek hulle spesifiek weer wat in die video opgeneem en daar paasgevind het, dus mis hulle nog steed die punt waaroor Dr Dirk Hermann in sy artikel hier op Maroela geskryf het: “Dit gaan NIE meer oor die voorval nie, maar HOE die Spur daarop reageer het. ”

En na al die geroei en stoei, luister die Spur en, lyk dit my nou, die paneel ook nie. Hulle kry dus net die nie kloutjie by die oor nie.

Joan labuschagne ·

Laat Spur bestuur en hul hoogs gekwalifiseerde prokureur maar verslag doen na hul samesprekings dan sal ons almal sien hoe hulle die situasie hanteer. Te min te laat, ons het ons aptyt totaal verloor vir Spur en diesulkes.

Retha ·

Laat hulle maar hulle swanesang sibg, ONS GAAN NIE TERUG SPUR TOE NIE. Punt.

Zach C ·

Tata Spur… ek eet nie meer by jou nie! My smaak verloor!

Annie ·

Ek stem saam Spur sien my nie weer nie. Maak nie saak wat hulle nou probeer doen nie.

Johann Marx ·

En dit alles oor een ongemanierde kind ‘n ander klap omdat hy of sy nie sy sin kon kry nie? Dis pateties om die minste te sê….Spur kan nou maar paneelbesprekings hou tot in ewigheid….ons het klaar gesien wat ons wou, beleef wat gebeur het, en met ons voete en beursies ‘n standpunt ingeneem. NIKS wat Spur nou doen, sal hulle swak hantering van die situasie ongedaan maak nie. Die “paneel” het nog nie eens begin nie……..en almal stry alreeds oor wie bevooroordeeld is, en wie nie, en wie pro-Afrikaans is en wie nie. Laat Prof du Plessis by haar huis, in haar lewe, en by haar werk haar inklusiewe benadering gegrond op herstellende geregtiheid uitleef…..maar sy praat nie, besluit nie, en onderhandel nie namens my nie. Spur het hulle keuses in hierdie verband gemaak, en daarby gestaan en geval…….nou kan hulle maar gerus ook staatmaak op die vrou wie se onhebbelike kind dit als begin het, en wie hulle so oordrawend om verskoning gesmeek het amper, se etniese groep om hulle te ondersteun, hulle swak diens te beleef en hulle onsinnige pryse vir swak gehalte kos te betaal.

lisa ·

Ek stem saam daardie prof praat nie vir my nie ek sal nooit weer my voete in spur sit nie daar moet n voorbeeld gemaak word van instansies wat die wit mense sleg behandel ek is keelvol vir besighede wat dit doen genoeg is genoeg!!

Stoffel ·

Dieselfde geld met Multichoice.
Daar is nie vir ons spesiale pakette nie.
Ons geld moet net vir als betaal..

Marissa ·

Net so Johann. Ek is net so moeg. GENOEG IS GENOEG! Niemand praat vir my nie. Ons was niks minder as 3 keer per maand by Spur. Na die voorval, nog nie weer nie. Ons rekening was gewoonlik so R550 per keer. R550 X 3 = R1650 p/maand wat hulle verloor het. @Spur…maak die som! R1650 p/maand x elke Afrikaner wat nou hul voet neersit. GENOEG IS GENOEG

Uvonka ·

Ag nee wat hulle kan sing, dans, debater, panel, skreeu, vloek en baklei, ek is min gespin, my vlerkies is gesprei. Nooit weer sal ek myself so verneder nie. Toedels Spur!

Cheritta ·

Ek stem Stoffel ons het so jaar terug ons Dstv & SABC afgesit. Multichoice en Spur sien my nooit weer nie.

Adriaan ·

Gister deur Worcester gery Kaap toe. Die Spur by die vulstasie buite Worcester was gepak van die einste “geur” mense wart so ‘n bohaai maak op sosiale media. Wanneer ons besluit om Spur te laat voel, moet ons soms die reuke van ribbetjies en burgers kan weerstaan. Ek is bevrees die meeste mense blaf vreeslik, maar daar is niks byt nie. Hulle eet maar nog steeds skelm by die Spur. Interessant hoe skielik Spur hulle advertensieveldtog verskerp het….. hoop nie ons volkie word weer belaglik gemaak nie.

JC ·

Onthou Adriaan, dis Kapenaars, nie Transvalers (en Vrystaters…, wel, darem so bietjie wakker) nie.
Groot verskil my ou, dis waarom.

Adam ·

JC, die ouens in die Worcester Spur was Vrystaters wat op pad was na hulle slim en wakker Kaapse familie wat aan Franse Cuisine gewoond is. Dit terloops word spesiaal vir jou “tong in die kies gese”

elzett ·

Ons bly in die buiteland. Ons besoek glad nie spur in Suid Afrika nie. My kinders is beter gewoond as om geklap te word. Hier waar hulle is, is hulle veilig. Ons vat hulle eerder na maxis toe, daar kry ons goeie diens.

Theo Versfeld ·

Ek stem volkome saam maar wat my grief is die feit dat hulle adverteer hulle is nou die “preferred” verskaffer van die Springbokke tesame met R20k koeponne vir ‘n jaar om te wen Ga!!! wie wil nou sulke koeponne hê.

Pieter ·

Shoe nogal heldersiende, so in die verbyry of geruik dis bohaaimakers van spesefieke geur. Bogstorie !

piper ·

spur optrede gaan niks vermag nie. dit gaan net die saak verger teen hulle. spur , panaroties, john dory en coco mama SIEN MY NIE WEER NIE.

Boetman ·

Sien die naweek se Spur advertensie het ‘n wit sjef (wanneer laas het ons dit gesien?!) en Panarotties se advertensie het net wit en tevrede kliente!

Spook ·

lmga boetman, dot is die waarheid :) Nee wat ek sal maar eerder my vleisie oor die kole braai, by my huis waar my kinders nie blootgestel word aan ongemanierde ouers en kinders nie, erg genoeg dat hulle saam boelies moet skool gaan.

Mossie ·

Tussen 24 en 45% verloor ek is regtig uit my Afrikaner hart uit spyt dis nie 100% nie

Marissa ·

Ek ook Mossie. Nes iemand hierbo gesê het….sommige Afrikaners eet steeds skelm by Spur, maar blaf hier onder skuiname. Maar toemaar, die bietjie van ons wat wel nie net blaf nie het reeds ‘n 24 tot 45% verskil gemaak!

Eish ·

Dit was te wagte dat die groep se ondersoekspan oor die verwysings beskik soos in die artikel aangedui. Dit is n ” whitewash” poging met n ” backlash”Gelukkig Solidariteit en Afriforum se intelligensie heeltemal onderskat. Ek boikot hul tot die perre horings kry.

Renier Lubbe ·

As die enkele belangegroep, wat sommige konsessiehouers se inkomste met tot 45% laat daal het, so onbelangrik is moet die Spurgroep maar pa staan vir die verlore inkomstes.

Hierdie gaan lankal nie meer oor die “voorval” nie. Dit gaan oor hoe Spur die belange van die “enkele belangegroep” hanteer.

Lollie ·

As ons boikot hulle nie seergemaak het nie sou hulle nie ń vinger verroer het nie! Hulle dink ‘sorry ‘ gaan als regmaak?! Hulle moes liewer stop want hulle grawe hulle gat net dieper! Tatta Spur

Ada ·

Jip daar is nie ‘n manier dat ek terug sal gaan Spur toe nie. Hulle Bestuur het hulle ware kleure gewys en dit is dit. Klaar met hulle.

anti spur ·

Spur se hoofbestuur moet bedank. Hulle is so pateties dit is net nie waar nie. Libs wat die wit Afrikaner net wil verneder maar ons geld is goed genoeg? Jammer ou- julle het julself in die voet geskiet! Sien ons ook nie weer nie – en weet julle wat? Ons mis julle nie eers nie! Het baie ander aangenamer plekke as julle ontdek!!! Ook met beter pryse!!

Nina ·

Baie baie waar Anti Spur. Bloemhof restaurant het baie lekkerder kos burgers ens ens vir baie goedkoop. Bloemhof ontbyt dan praat jy van n lekker ontbyt vir R55 dan is jy letterlik vol vir die hele dag. Soveel meer plekke en lekkerder kuierplekke om van te kies as om spur toe te gaan vie n R30 of so se ontbyt dan eet jy 2 borde en nog nie eers behoorlik voeding gekry vir waarde nie.

DanieB ·

Die paneel moet besef die skade is klaar aangerig deur die verkeerde hantering van die situasie reg van die begin af. Niks wat hulle nou wil doen of sê gaan dit regmaak nie. Spur sien my nie weer nie.

cor ·

Sy se hulle wil Spur se kliente betrek by hulle samesprekings seker net die polities korrekte kliente.. Van Tonder en kie het mos klaar besluit die blankes kliente is regses, Kp’s ens. Volgens haar sal daar wigte en teenwigte wees net soos met die nasionale party se uitverkoop met sogenaamde wigte en teen wigte waar die blankes en hulle taal uit verkoop is. Al word daar wat besluit ons gesin sal nooit maar nooit weer n Spur besoek nie.

Nic ·

Hie hie Cor- ja ek het ook nogal aan FW de Klerk se wigte en teen wigte gedink tie ek die lees…

Johan. H. ·

Daar hoor ek weer daardie nare woorde , WIGTE EN TEENWIGTE, Laas toe ek dit gehoor het het ons land in die afgrond in geval..Wat vertaan die mene nie?,,, Ta Ta Spur, for ever..

Asjas ·

As sy met kinders in die Rook Area was moet sy krimineel vervolg word.
En dis die ander rede hoekom ek nie na Spur toe gaan nie. Hul Rook Area is te naby my Area, die deur word oopgelos en die rook waai net weer uit, die lugversorging daarbinne doen nie die werk nie en waai die rook in elk geval by die Nie Rook Area in. Hul personeel staan ook by die Winkelsentrums se ingange en rook, vandaar stap hy reguit kombuis toe en werk met my kos … jiggie!!!

Boerseun ·

Volgens veranderinge aan die Rookwet,mag daar glad nie meer in restaurante gerook word nie. Rookareas is dus verbode. Indien Spur-takke steeds rookareas het, oortree hulle die wet.

Nettie ·

“Since when” mag daar nie meer rook-areas in restaurante wees nie? Wel, ek werk in die handelsbedryf, waar daar restaurante met rook-areas is, en ons is nog nie bewus van sulke wetgewing nie. Talle van ons restaurante het rook-areas. Rook-areas moet wel weg wees van voedsel-voorbereidingsareas en -oppervlaktes, moet goed geventileer en altyd afgesonder wees ens. en geen rook word in bedekte areas (plekke met dakke) toegelaat nie en binne 20 m van die deure/mure van enige openbare gebou, parkeerruimte, kantore e.d.m. toegelaat nie – maar praat ‘n bietjie met oortredende rokers? Dan kry jy ‘n vuil, (stinkende) volbek van dikwels-vieslike woorde wat jou duidelik laat verstaan dat hulle sal rook wanneer, waar en omdat hulle wil! Ietwat van die punt af, maar nogtans ……….

Veritas ·

As die Spur-bestuur die hele petalje ‘n stille dood laat sterf het, was die debakel alreeds vergete. Met hierdie nuwe aksie is hulle net besig om ‘n dieper gat vir hulself te grawe. Hulle sal nog leer dat Afrikaners maar ‘n omgekrapte spul kan word indien hulle te nagekom voel. Ek sien ook nie juis die punt in die ondersoek wat hulle nou wil loods nie. Die skade is klaar aangerig en die Spur naam is reeds deur die modder gesleep.

Ada ·

Ek verkoop nie my siel vir ‘n pot lensiesop of ribbetjies nie want ek sal nie daarmee kan saamleef nie. My integriteit , moraal en waarin ek glo staan heel sterk .

Gtr ·

By ‘n vorige keer wat daar aan ons van ‘wigte en teenwigte’ vertel is, is ons as Afrikaners bevark… Ek dink Spur kan so bietjie saam dra aan die ‘wigte en teenwigte’… As ons geld goed genoeg is, en ons nie as ver-regse mense uitgeskel word nie, omdat ons konserwatiewe waardes wil navolg, moet Spur maar die las dra… Ons ‘wigte en teenwigte’ staaf dit mooi genoeg. Hanteer ons met respek, en wees regverdig. Lewer goeie diens en ‘n goeie produk, en julle sal nog lank besigheid doen is Suid Afrika… Dis tog hoeveel Afrikaners wat soveel geld by Spur spandeer het? Hoeveel van ons het help bou aan Spur? Nou jou Spur se top-bestuur ons uit as rassiste…
Ek het ook as kelner gewerk, en die diens wat ek in Spur gekry het die afgelope paar jaar, steek SLEG af teen van my verwag is toe ek kelner was… Ja, in die Spur groep. EK voel jammer vir die konsessie houers… Miskien moet hulle maar ‘afstig’… en ‘n nuwe Restaurant-groep begin…

Valie ·

So n nuwe restaurant groep se personeel noet net verteenwoordigend wees van sy teikengroep of kliente se demografie…. geen kans nie.

willie ·

en dan word Spur ook op Super Sport 1 met hul irreterende logo wat permanent op die skerm verskyn op ons afgedwing! te min te laat gaan weg Spur, julle sien my nie weer nie!

Asjas ·

Ek was skoon naar van al die vals advertensies tydens Rugby die naweek!! Ek het nog NOOIT met so bree glimlag op my gesig uit ‘n Spur gestap nie.

Nettie ·

@Annakapat – I fully agree. Build a bridge and get over it! As white South African I very well know that there is a set of rules for the black people and a set of rules for white people – and the one is far more lenient than the other. What is good for the goose is not (necessarily) good for the gander. This whole incident has happened and left a sour taste in the mouth – I say: if you want to support Spur – please do so. If you want the boycott Spur, please do so too! Just GET OVER IT!!!

gerbrandt ·

Vir my bestaan die plek nie eers meer nie – klaar uit dit uit gegroei!
Neewat die Bestuurwil ons geld he maar ons is nie goed genoeg nie. . Hou maar verby – Gaan bou nog Spurs in die donker voorstede – Julle nuwe klient is mos daar. Julle het ons mos mooi laat verstaan.

Michelle ·

Ek het nou weer na daai video gaan kyk.
Hy is dan al lankal weg – dan skree en vloek sy nog al die pad – en vir LANK daarna.
Ag nee, sies man.

Marissa ·

Netso Michelle. En dan is almal op hul agterpote oor hom maar kyk hoe vieslik en agressief tree sy op voor haar kinders (waarvan die enetjie, nog baba, ongeveer 2 op ‘n stadium verwyder word deur IEMAND ANDERS. Ek stem nie saam die blanke man se optrede nie, maar def ook nie saam hare nie!!

Giellie ·

Spur sien ons ook nooit weer nie. Al gee hulle gratis geskenkbewyse!!! Hartseer dat ons so maklik deur ons eie kultuurgenote uitverkoop kan word.

Johan. H. ·

Lyk my julle onderskat die Afrikaans sprekende mense.. Julle sal aanhou tot almal tot julle debad toetree, maar ons is nie,, soos die Engelsman se “Gullamle ” nie..Ons is vir telank vir n gat gevat, en veral ook die wit blanke man,,, Dis waar julle die fout gemaak het, Ta-Ta

JC ·

Dankie Johan, Se dit soos dit is! Bevonk!
NIE MEER NIE, NOOIT WEER NIE!!

JC ·

Dankie julle, julle is regtig “awesome”!!
Afrikaans is groot, en eendrag maak mag:)

Adri ·

Spur praat nie Afrikaans nie. Gaan kyk maar na hul Facebook-blad. Geen Afrikaanse kommentaar of vrae word beantwoord nie.

Pierre de Villiers ·

Ek en my familie was gereelde kliente van die’ plek. Maar nou wil ek nie eers meer die naam uitspreek nie. En bog met die idee dat sogenaamde “Verregses” agter die boikot sit. Ek is gematig.
1. Die vraag is of die voorval sou plaasvind as daar nie ras by betrokke was nie. Ek dink nie so nie.
2. Die man moes nie die kind aan die arm getrek het nie. Dis `n kind, nie `n swart kind nie!
3. Die vrou of man moes met bestuur gaan praat het, maar die emosies was ongelukkig op daardie oomblik te hoog.
4. Die bestuurder was onbevoeg om die toestand vinnig en korrek op te klaar, al was wie reg en wie verkeerd. En daarby sluit ek die direkteure in.
5. Ek het `n totale weerstand opgebou teen die` plek!

Stefaan de Jager ·

Dat Spur die saak anders kon hanteer is sekerlik debatteerbaar, maar hierdie houding van “Spur sien my nie weer nie”, laat my dink aan die kinderagtige “ek speel nie meer met jou nie”, wat mens by onvolwasse kinders verwag. Spur sien my ook nie te gereeld nie, maar bloot omdat hulle vir my sak te duur geword het! ☺

Asjas ·

Ons het al sowat ‘n jaar voor die insident besluit om Spur nie meer te ondersteun nie. Dit was nadat ons koffie yskoud was en ons ontbyt nog kouer. Na die derde keer het ek moed opgegee want as hulle toe nog nie in my kos gespoeg het nie sou hulle beslis as ek weer kla. Dit nadat ek nie my koffie in Engels of Afrikaans bestel kon kry nie want die Bestuurder uitlander, is nie van hier nie. Net omdat sy met die eienaar getroud is maak haar nie gekwalifiseer om my bestelling te neem nie.
Hul kos is ook te duur vir wat jy kry en proe alles dieselfde. Ek kan ‘n maand se vleis koop met wat jy deesdae vir 1 ete daar betaal.
Hulle boikot ook graag Afrikaanse studendte wat werk soek om sakgeld aan te vul. Ek gaan dus waar my kinders mag werk kry en ondersteun hul verder so.

Valie ·

Ek sal nooit weer n bord Spur kos kan vertrou nie en dit het absoluut NIKS met kinderagtigheid ( van my kant af) te doen nie.

Marsha ·

Die hartseerste is dat hiedie mense wat op die paneel gaan dien nie een van die is wat by Spur eet nie.Ai Spur wat besiel julle om mense te gebruik wat nog NOOIT by julle geeet het nie en wat ook NOOIT by julle sal eet nie .Gebruik iemand wat geloofwaardig is en wat regtig omgee vir julle besigheid.

Afrikaners: neem een maal in julle lewe ‘n besluit en MOENIE daar gaan eet nie.Wys vir Spur as hulle wil kant kies dan sal ons ook kant kies.Kry hulle waar dit die seerste te maak – finansieel.As die konsessiehouers bekommerd is moet hulle ook maar hulle maandelikse betalings terughou en sodoende Spur dwing om van besluit te verander.

Maar dalk is dit reeds te laat.En ja wees maar versigtig, as daar nie ‘n goeie bestuurder by n Spur is nie, weet jy nie altyd wat hulle met die kos doen voordat hulle dit vir jou gee nie.

Ada ·

Spur gaan net aan Niks geleer Nou die dag weer probeer Wat ‘n gemors Wag lank vir jou kos Waiters baie uitdagend staan die hele tyd na jou en kyk en beduie Senior menu is die een rib groot en die ander porsie klein so ook die skyfies Sien my nie weer Hulle het hulle kans gehad Geen Afrikaanse Waiters word nuut aangestel nie

oumie ·

Hul kan gerus hul borde ophang met slagspreuk.’SLEGS SWART’ baai baai spur

Basson ·

Hou aan grawe Spur!!! :)
(Het julle nog ‘klapkaarte’?)
En die slim akademici in hulle ivoortorings dink nog hulle is relevant…
In elk geval, kan julle die probleem sien, gaan die uitslag een kant toe, maak julle mense nog kwater, gaan dit anderkant toe, is dit ‘lame’
Soooooooo

Hein ·

Basson, Ek ken nou nie die hele storie nie, maar Klink my….. jy hef nie n “klap’kaart” nodig nie , die mense klap mekaar sommer sonder “klapkaarte”

Oupa ·

du Plessis probeer haar vooroordeel mooi wegsteek: sy is nie anti-Afrikaans nie, net pro-Engels. Ha ha.
Ja, Spur mis die punt totaal, geleerdes en al.

Dirk ·

Almal hierbo het nou gese wat hul wou maar daar is net een rede hoekom almal van Spur moet wegbly. Spur se uitvoerende hoof het soos die regering die rassekaart teenoor sy grootste kliente basis gebruik en slegs daarom moet Spur nie ondersteun word nie. Deur Pierre van Tonder se besluit het hy konsessies en personeel se lewens verander. Vergeet van Spur se pryse en hul advertensies, hou by die boikot agv die rasse kaart wat gespeel is.

Ouvrou ·

Spur in Roodepoort se kos en diens swak. Daarom sal ek nie my geld daar spandeer nie. BURNING ARROW SPUR in Pretoria het vriendelike kelners , lewendige musiek (n band) en die kelners het n lyndans gedoen. Dit was n genotvolle uitstappie. SWAK DIENS en STYGENDE PRYSE sal sekere restourante se ondergang wees eerder as n boikot.

Peanut ·

Om die situasie neutraal op te los moet ALLE beheld materiaal van die begin af bestudeer word vandat die eerste vd 2 partye die spur better het die speel area moet ook vd begin af bestudeer word en nie net die voorval tussen die ouers nie en daarna moet n besluit geneem word. Volgende wil ek weet wat is die maximum ouderdom wat toegelaat word in die speel area. Ek dink my ook dat afriforum en solidariteit juis om die rede nie moet ontrek nie ons kan nie bly ontrek nie ons sal altyd net agteruit boer dan

Renier Lubbe ·

As die enkele belangegroep, wat sommige konsessiehouers se inkomste met tot 45% laat daal het, so onbelangrik is moet die Spurgroep maar pa staan vir die verlore inkomste.

Hierdie gaan lankal nie meer oor die “voorval” nie. Dit gaan oor hoe Spur die belange van die sogenaamde “enkele belangegroep” hanteer.

Ek-sê-my-sê ·

Ek het dit nie geglo totdat ek en my man Woensdagaand iets gaan eet het by ‘n eetplek langs Spur nie. Spur was doodstil. Net een paartjie wat daar gesit het.
Ek sal nou te bang wees om elkgeval daar te te gaan eet. Netnou is hulle aspris en spoeg dan eers.

Sê dit soos dit is. ·

Spur kan maar hulle pogings om die publiek se persepsies te bestuur los.

Die publiek is nie meer dieseldfe skape wat hulle jare terug was nie. Weens die vryer sosiale media het die publiek klaar gesien wie hier watter vooropgestelde idees het.

Hulle mors hulle tyd. Dit is gedane sake. Hulle het hulle kaarte reeds gespeel.

Aangaande Du Plessis se stelling oor “herstellende geregtigheid” wil ek vrae, wat is reverdig daaraan dat as ek by die 90 meter merk wegspring as ek teen Usain Bolt kompeteer, omdat ek geen regverdige kans het om hom te wen nie ?
Wanneer kan ek gaan deelneem ?

Jean ·

Ek vermy SPUR soos ‘n hond se landmyn op ‘n sypaadjie…stap draaie daar om. Du Plessis en haar trawante is mense wat klaar hul besluite geneem het. Wie wil in elke geval deel wees van iets waar hul klaar my mense se naam vergat het??

Just saying ·

Gaan die speelgrond video ook gewys word en die hele petalje VOOR die man sy humeur verloor het? Nee wat Spur julle mors jul tyd! Julle het klaar gewys wat jul van ons dink… die verbruikers wat jul ondersteun het vanaf jul kinderskoene kry toe n skop in die tande. Nooit weer sien julle my en my familie.

Valie ·

Nie een van ons sal ooit weer ‘n bord Spur kos kan vertrou nie. Ek koop eerder n duur stukkie biefstuk en braai dit onder eie beheer by die huis…

Susan oosthuizen ·

Ons as gesin hou by ons besluit ons is klaar met spur dit is hulle wat dit n rasse storie gemaak het al wat hul nou probeer is om ons te probeer sover kry om weer ons geld daar te spandeer maar dit werk nie so nie vir eens in ons lewe moet ons saamstaan en bewys ons kan

Arrie Warrie ·

Die Spur kan paneeltjies stig tot die wederkoms, sal nie weer my voete daar sit nie. Hier is my voorlegging: Hou jou ribbetjies Spur!!!

GES ·

My hart bloei vir die konsessiehouers maar dit is ongelukkig ʼn beginselsaak. Die vrot en eensydige hantering van Van Tonder & kie het maar net bevestig dat hulle die Afrikaners (“ver regses”) se geld nie nodig het nie. Ek verstaan nie waarom hulle so huil en ondersoeke wil doen nie. Jy trap mos net een keer op die Afrikanervolk en dan gaan jy nie weer die “voorreg” hê nie. Is dit so moeilik om te verstaan? Ek hoop en vertrou Solidariteit en Afriforum ontmasker julle. Spur sien my, familie en vriende nie weer nie. Spur julle moet begin werk aan julle nuwe spyskaarte. Julle is uitgedien in die Afrikaanse gemeenskap.

Koos ·

Wat wil hulle bereik met die gesprek?Gestel hulle bevind dat ons nie n rede het om weg te bly van spur , wat dan? Gaan hulle my dwing om weer daar te eet ? Kan iemand verduidelik wat gaan gebeur na die gesprek. Ek hoor n klok lui maar weet nie waar die bel hang nie.

Johannes van Staden ·

Spur grawe die gat al dieper nou …dit gaan lankal nie meer or die video nie maar hoe bestuur dink en dinge probeer oplos wat ding net vererger. Verder probeer hulle nou goedkoop burgers skielik adverteer …mense sien deur dit ! En as daar net blankes is die advertensies nou is …dan is dit OOK n probleem vir sommige hieper sensitiewe mense met groot tone ……en kan hulle stellig nog n klagte van die ongeskikte vrou in die video verwag ….

Marianne van Zyl ·

Regtig ek wou Saterdag nie eens meer rugby kyk nie en die adverte sie met die blankes is nie BEE nie, julle moet verteenwoordigend wees, moenie nou skielik die rugby wil borg nie, daar is sokker en die advertensie is in elk geval common, ek eet NOOIT weer by die spur nie

Chrisjan ·

Jammer Spur, ons dorp is nou vol Afrikaner eetplekke met vriendelike afrikaanse diens.
Uit-eet is weer pret en bekostigbaar.

N Lourens ·

En nou is Cobus Bester ook daar. Ek het gedink hy het sy vlerke geknip en gaan rus.??

Petro ·

Dis internet trolls wat sulke goed kwytraak.
Anyway…ek voel jammer vir duisende onskuldige Spur werkers en eienaars wat hulle inkomste gaan verloor. Spur is lankal ‘n dying brand…sonder enigiets nuut en opwindend op hulle menu. Al wat konstant verander is die pryse. Mnr V Tonder..hierdie mense se toekoms is in jou hande..en dit lyk nie goed vir julle nie. Die diens is lankal sleg..en eienaars vat kortpad met sub standaard produkte..vat maar die roomys en afgewaterde souse as voorbeeld. Spur se einde is in sig…hartseer eintlik as jy dink waar hulle eens was ?

Rooijan ·

Ek wonder of die prof nou vir ons wat besluit het ons is klaar met Spur gaan sê ons is rassiste omdat ons die Spur boikot. Ek dink die konsessie houers wat graag weer Afrikaanse kliënte wil trek moet maar hulle konsessie opgee hulle restaurant herdoop, na wat ookal hulle lus is. Blanke kinders ook n kans gee om daar te werk en laastens kameras opsit in die areas waar met die kos gewerk word wat kliënte kan vra om te sien as hulle wil. Dan sal ek oorweeg om by een van daardie herdoopte restaurante te gaan eet.

Johan ·

Ons het so 2 jaar gelede op ‘n Maandagaand uit Spur gestap omdat hul pryse van die vorige week af met ongeveer 22-25% gestyg het.
Sonder die “special” is dit verre gaande om oor R80 vir ‘n burger te betaal.

Lzet ·

Een keer vertroue gebreek, hoe dan hul ondersteun? Nee wat hulle sien my ook nooit weer. Hulle moet verantwoordelikheid vat vir hulle dade punt.

Andre ·

Dirk Hermann en Kallie Kriel het baie wys opgetree om nie betrokke te raak by hierdie sogenaamde “onafhanklike” paneel se ondersoek nie. Die ondersoek is in elk geval geinisieër deur die van Tonder meneertjie, wie se arrogansie reeds baie nadelige gevolge vir die Spur ingehou het. Ai, die du Plessis dame se “CV” spreek boekdele van haar bevooroordeeldheid teenoor die Afrikaner … en waar het ek al voorheen daardie snert gehoor van die wigte en teenwigte? Hierdie paneel se bevindinge is doodgebore nog voor dit bekendgemaak kan word – ‘n absolute futiele oefening. van Tonder het in sy alwysheid besluit om die “ondersoek” deur die paneel te laat doen, maar ek verstaan steeds nie waarom nie. Volgens van Tonder het hy/Spur mos niks verkeerd gedoen nie, wat moet dus ondersoek word? Hierdie oefening is ‘n sirkus. O ja, ta-ta Spur … vir altyd.

Meisie Teixeira ·

Spur sal my nooit weer sien nie maak nie saak wat hulle se ek loop verby en sien dit is leeg dan dink ek lekker julle wil ons nie daar he

Sê net ·

Nigel spur klaar al sy mense moes laat loop en gesluit. Dis ook oor hul swak diens, en dié voorval. Hul besef stadig die “wit mense” is moeg.

Hetta ·

Jammer Spur sal my en my gesien nooit weer sien. Baie ander plek om by te eet. Hulle moet na die Hele video kyk. Ek sou ook vies gewees het as ander kind my kind klap. Die ma kon net gese het sy is jammer en dan sou daar geen woord verder gewees het nie.

Marius ·

Elmien du Plessis is die Spur se finale klap in die Afrikaner se gesig……

Dottie ·

& toe word hierdie hele ding sommer ‘n rasseherrie? Nee wat!

Anoniem ·

Ons maak al jare nie meer gebruik van openbare eetplekke. Glo my dit is nie net Spur wat snaakse goed in ons kos meng nie. In ons area is daar ‘n paar blanke mense wat nie kon werk kry nie. Hulle het toe hulle eie plekkie oopgemaak en ons eet baie lekker daar. Kos word onder ons neus voorberei en ons weet wat ons eet.

Scalla ·

Vadersdagete, kinders self gebraai, lawaai, gekuier’fraksie van die prys, tatta spur
,

Andrę van Coppenhagen ·

Ons vertrou nie die paneel nie en my lus om daar te eet is weg. Laat hulle dan maar binne hul “mutual admiration society” redeneer en stoei. Dit sal niks help nie. Afrikaners is moeg getrap en het reeds bewys hulle het die vermoë om deur die skynheilige sogenaamde oplossings wat aangebied word te sien.

Hennie ·

Verbasend dat die bevooroordeelde Afrikanerhater, Dr Piet Croucamp, nie ook op die paneel is nie. Hy het immers onlangs sy kleure weer gewys op RSG se Praat Saam en selfs woorde in ‘n inbeller se mond probeer lê toe hierdie onderwerp bespreek is. Arme konsessiehouers wat deur Spur benadeel word. Hulle moet seker maar verlief neem dat die groot konsessiegelde wat van hulle afgeskep word, so wanbestee word?

Aubrey ·

Ons familie het ook baie gereeld by spur gaan eet. Derduisende rande al daar gespandeer. Maar hulle kelners is arrogant verby. As jy vir hulle se om die bestelling neer te skryf dan se hulle hulle kan onthou. En 80% van die tyd kom die kos verkeerd. Dan is dit n helse argument dat mens jou honger verloor het. En meeste kere is die burgers en vleis of verbrand of rou. En pryse hemelhoog. Nee wat dankie. Ons het al lankal besluit om nie meer daar te eet nie. Daar is baie ander restaurante waar kos baie goedkoper,skoon en lekkerder is as spur. Jammer spur -julle is vir julle eie dood verantwoordelik.

Karel ·

Geen Spur vir my ook nie, maak nie saak wat nie. Koop ook nie eers meer Spur souse by supermarkte nie. Wil niks van hulle weet nie en hulle kan maak wat hulle wil, doen en sê wat hulle wil, hulle het klaar hulle kleur gewys.

Wynand ·

Ek is van n’ bepaalde kultuur en is trots op dit. Spur Montana bedien graag club steak as ek rumb bestel. By my huis kry nek wat ek vra, en word ek nie bloot gestel aan kulture wat ek nie van hou nie.

Johann Marx ·

Hoekom is die vrou, die man en die kids wat in die voorval betrokke was nie op die paneel nie?

Johannes Meintjes ·

PK of the wel Politieke Korrektheid is maar ‘n euwel van ons tyd. Kan ontplof ook, soos met die Spur geval, lyk dit my. Intussen maar eers wegbly en tuis braai?

henk ·

Dankie tog ons is klaar met Spur. Dit is duidelik dat ons blankes net gebruik word deur hierdie patetiese Bestuur. Nou probeer hulle vure doodslaan maar slaag nie eers daarin nie. Hulle sit die pot totaal mis. Die hele Bestuur moet vervang word want hulle is nie in staat om ‘n saak van twee kante te bekyk nie. Soos ek se – dankie tog ons is klaar met hulle.
Ek weet ook nie hoe mense nog daar kan gaan eet nadat dit aan die lig gekom het wat met die kos daar gebeur nie.

Magda ·

As ons Afrikaans sprekende mense so min beteken moet die verlies moes nie so baie wees nie – wie regtig ondersteun Spur Resturante – Jammer maar EK sit my voete nie weer in Spur nie – maak nie saak wat of wie bedank of wat die utislag van die debat is nie. Laat dit n les wees vir alle Restuarante – Luister na ALMAL voor julle n besluit neem.

Herman ·

Die paneel gaan definitief nie verniet sit nie. Gebruik die geld eerder om nood konsessiehouers te help. Gaan hulle dalk ons verder verneder en laat glo ons moet terugkom? Spur jou ligte gaan een na die ander uit. Tata

Piet Pompies ·

Elke Suid Afrikaner het ‘n rol te speel in SA se toekoms en so ook die toekoms van besighede soos die SPUR. Sodra mense titels kry wat hulle nie verdien raak mense verdeeld tot nadeel van hulself en die besigheid. Dit is waar SPUR die pot mis gesit het, in plaas van om die saak te handteer as volwassenes wat hulle swak gedra het het die voorval ‘n titel van ras gekry.
En ja, ons ondersteun nie meer die SPUR al was dit deel van my en my kinders se grootword, want SPUR het vir ‘n nuwe identiteit gegee wat ek nie verdien.

Faan ·

Mnr Van Tonder , soos die Engelse sê ” You just dont get it “

Mielies ·

Jammer SPUR, ek braai nou maar naweke saam my gawe swart bure!

Daniel ·

Ek het reeds sowat 2 jaar terug opgehou om my gesin na die Spur te neem. Ek het nie ‘n probleem gehad dat van die kassiere tot die chef anderkleurig was nie. Ek het baie mooi en duidelik gevra my steak moet nie bloei as ek dit sny nie. Toe dit uiteindelik kom moes ek dit terugstuur. Toe hulle dit weer later bring is die helfte reg en die anderhelfte nog net so rou. Ek was nog gaaf genoeg om vir die ete te betaal maar het my misnoë uitgespreek en hulle ingelig dat ons nie weer daar sal eet nie. Ek het ook nog nooit weer nie.

Malalane ·

Ek het lank voor die rasse-herrie al opgehou om SPUR toe te gaan – die diens was swak en die kos se standaard pateties!

Saamstaan ·

Dis reg. Sny ‘n mooi nuwe lat. Hy gaan ook die blinde sambok wees. Darem so lekker as ons saamstaan.

Pendoring ·

Totius se Doringboompie is hier van pas

Daar het ‘n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.

En eendag kom daarlangs
‘n ossewa verby,
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry.

“Jy het mos doringstruikie
my anderdag gekrap;
en daarom het my wiele
jou kroontjie plat getrap.”

Die ossewa verdwyn weer
agter ‘n heuweltop,
en langsaam buig die boompie
sy stammetjie weer op.

Sy skoonheid was geskonde;
sy bassies was geskeur;
op een plek was die stammetjie
so amper middeldeur.

Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom,
want oor sy wonde druppel
die salf van eie gom.

Ook het die loop van jare
die wonde weggewis –
net een plek bly ‘n teken
wat onuitwisbaar is.

Die wonde word gesond weer
as jare kom en gaan
maar daardie merk word groter
en groei maar aldeur aan.

Totsiens Spur!

Danielle ·

Spur het my lank gelede as n klient verloor, nou het hulle my respek ook verloor…

Pieter ·

Ag asseblief, kom tog oor dit. Mense moet oor apartheid kom, maar julle kan nie oor n spur dingetjie kom nie. Goeie voorbeeld wat hulle vir hulle kinders stel.

Mary ·

Dankie Pieter. Ek is stomgeslaan dat mense bereid is dat hulle eie mense hulle inkomste verloor agv ‘n vark wat probeer om ‘n klein dogtertjie aan te rand.

Oops ·

Ek is nogal een wat my nie met nonsens ophou nie, maar ek ondersteun Spur boikot, speletjie, noem dit wat jy wil. Die hele saak het niks met rassisme te doen nie, party mense trek punte van daai tafeldoek. DIT GAAN OOR POLITIES KORREK PROBEER WEES EN RASSISME AANHITS, DEUR NIE BEIDE PARTYE DIESELFDE TE HANTEER NIE! Gaan kyk en luister tog net die stukkie video wat Spur gebruik en dan luister jy wie was die rassis. Ek respekteer mense ongeag van kleur, geur, looks whatever as hul opgevoed is en respek vir my het! Alles sou al rustig gewees het, maar toe gaan klasifiseer Spur kliente, oooo groot fout en dan bly hul daarby, nog groter fout. My kinders het maar vinnig geleer om na fout 1 te luister. Dan is dit nou nogal geleerde manne wat sulke swak foute maak, eish gaan leer by enige plein huishouding van dissipline en respek.

Domvraag ·

Wie het die paneel aangestel? Lyk vir my handpick agv hul spesifieke sienswyse..
Hoekom het van Tonder nie vir Afriforum en Solidariteit genader om ook hul kandidate vir so paneel te kry nie? Slim set van van Tonder om so sy optrede deur uitgekose paneel te probeer regverdig but it wont work.
Solank van Tonder en Farrelly daar is sal Spur my nooit weer sien.
Ons Spur was ook nog nooit so stil soos nou nie.

Sê net ·

Nee dankie Spur. Ek sal jul nie ondersteun. Ons het nog altyd net swak diens ontvang en die kos wat mens ontvang…….. nie die pryse werd wat jul vra daarvoor.

venter ·

Pendoring jy is absoluut 100% korrek!
Dankie vir die gedig. Dit is so van pas!

Dit is presies hoe ek voel en daarmee dan die einde van Spur vir my, my vriende , kollegas en familie.
Glo my ons is ‘n baie groot familie!

Leon ·

Ja nee die ou Spur mis ons nou Wel kry vir julle niemand in my familie ondersteun hulle meer nie en ek mis die swak kos en duur pryse glad nie Braai by die huis bly maar tops en ek kry daar soos n ding mos moet wees nie rou of koud

Slim ·

Julle het als so mooi opgesom dankie dat ons saam staan uit eindelik dankie .Dros Homestead Brits my geld gaan daar uit gegee word

Connie Anderson ·

Ek eet nie by Spur. Kos sleg ongesond en baie duur. Lekkr kry ek nou!

Johan ·

Ek sit al lankal nie meer my voete in spur nie, want kom jy daar is dit altyd mense wat net engels wil praat wat jou by die deur ontmoet en as jy dan vra vir n afrikaans sprekende kelner is daar nooit een beskikbaar nie, so dit is die minste wat ek verwag dat daar iemand is wat met my in my eie taal kan komunikeer, dit geld vir alle restaurante

Mnr B ·

Ek ondersteun die Spur in my woonbuurt nog voluit. Die konsessie houer is ‘n Afrikaans sprekende man en sy kinders is saam met my kinders op skool. As daar borgskappe is wat die skool verlang is hulle altyd daar en as daar kospakkies is wat kosteloos uitgedeel moet word is hulle ingelyks altyd bereidwillig om te help.

Hoekom moet ons hulle straf oor die sondes van sy franchisor?

Pieter ·

Ek het nogal baie simpatie met die konsessie houers gehad maar met die aanstelling van hierdie paneel het het ek alle simpatie verloor want as hulle toelaat dat hulle “gloriuos leaders” so ‘n gelaaide ondersoekspan aanstel dan moet hulle maar verskuif na die “high density” areas wat hulle “leaders” ondersteun.

Whatever Spur ·

Whatever Spur nou doen gaan nie alles ongesê en gedoen laat nie. Julle gaan nou sowaar en betrek aktiviste, oh my word hoe min selle moet jy hê om te verstaan, Polities korrek is nie die antwoord nie, regverdigheid is. Luid en duidelik: Spur die hele kwessie gaan oor ‘n verkeerde besluit aan die begin – albei moes geskors gewees het, albei was verkeerd, hoe moeilik is dit. Nou ontleed julle en so raak die lysie langer…… jul besef… Spur personeel het nie die kinder kamer reg hanteer nie, Spur personeel het nie die situasie hanteer of probeer hanteer nie, Spur tree Polities korrek op verban die man en bied berading vir die vrou, Spur daag die koopkrag uit met beledigende verwysings na woon area en politieke partye, Spur vat Afriforum aan wat dit mooi duidelik vir hulle verduidelik het, dit gaan nie oor ras/klappe of wat nie, dit gaan oor onregverdigheid, Spur bestuur kom weereens en regverdig die beledigende uitsprake en dan as nood kry hul aktiviste om alles uit te praat…… Ek voel jammer vir die konsessie houers, maar ek ondersteun ook nie die Spur, bloot omdat ek teen Polities korrekte optrede van enige aard is!

SARIE VAN HEERDEN ·

Ons kan ure, dae maande, jare oor hierdie onderwerp praat/skryf en NIKS verder kom nie. Los Spur nou vir sy ondersteuners en kry ‘n koffie/eetplekkie waar almal aan “dieselfde kerk behoort”. ‘n Sekere koffieplek in Woodlands, Pretoria, neem jongmense in wat nie werk kan kry op ander plekke nie omdat hul nie voorafbenadeeldes is nie, hulle gee goeie diens en kom ek gereeld daar. Los Spur vir sy boeties en sussies.

NWU - Potch ·

Jammer dat ‘n instansie soos die NWU nou ook hierby betrokke raak.
Ek dink nie dis goed vir julle waardestelsel en alumni.

Winston ·

Om mee te begin: 1. n Aangeleentheid van so n beeselagtigheid hoort nie eers in n hof nie.
2. Spur speel hof en maak besluite. Op grond van wat? Geslag, ras…..?
3. Maklikste manier om probleem op te los was: Sit buite partye by jou voordeur uit, ongeag ras of geslag. Hulle hoort nie in n openbare eetplek nie. Dan was die herrie lankal verby!
4. Vermy politiek.
Dankie. Vir julle politieke korrektheid sien Spur my NOOIT weer nie.
Groete en mooi dag

Zachrys ·

Sjoe die ou volkie begin mooi opstaan!
Ek het nou lekker gelees aan al die komentaar. Welgedaan!
Hoop die media, besigheid en andere neem kennis…

Rooke ·

Mense boikot spur maar gaan eet nog by roccomamas, panarotis, john dorys ens, hul is almal deel van die spur groep dan. Kom tog net oor dit.

Sakkie ·

Hierdie Spur gemors het ons nader aan mekaar gebring. Dankie daarvoor.Dit het ook my oe oopgemaak oor hoe die Bestuur oor blankes voel so ek is so bly ek het n keuse oor eetplekke. Spur bestaan nie meer vir my nie en ek verheug daaroor.

Klaver ·

Hulle kry egter die boodskap Rooke anders sou hierdie dialoog nie plaasgevind het nie.

Bert ·

Die ‘paneel’ se verslag gaan Spur volpunte gee en die bose witman gaan verder ondergrawe. Met die rasseondertone en spesifiek die Afrikaanse gemeenskap prominent betrokke, is daar mos geen manier hoe Elmien Du Plessis enigsins geloofwaardig en objektief kan deelneem aan die ondersoek nie. Sy ondersteun bewegings wat bewese anti wit en anti Afrikaans is met van die vieslikste denkbare rassisme onder hulle lede. Mens kn net jou kop skud vir Spur se onnoselheid. En dan die RSG ou. Hy wat vrinne is met Piet Croucamp wie glo dat Afrikaners sieklik en besmet is. Hoe kan jy iemand wat assosieer met Croucamp beskou as objektief? What a joke!

Annatjie Kruger ·

Hoekom hou Spur aan om aandag aan ‘n voorval wat reeds lankal vergete behoort te wees. Die twee mense kon moes as hulle sou of ‘n saak van aanranding by die polisiestasie aanhangig maak of prokureurs gaan sien om ‘n siviele geding teen mekaar in te stel.

pieter ·

LANK GESOEK VIR N GAATJIE ,LYK MY DIE BOERE WORD KWAAD,MOOI SO

WILD BILL ·

Benoude katte maak benoude spronge – kry vir julkle spur.

Anti spur ·

Die klomp by spur deel nou R 50.00 spur vouchers by skole uit ,ongelukkig nou te laat vir trane

Waarnemer ·

Toe, sê nou ons Afrikaners kan nie saamstaan nie?? :-) Ons KAN as ons wil. Ek sal uit beginsel ook nooit weer Spur ondersteun nie. Multichoice ook nie. Ek het vir my ‘n Kruiskyk dekodeerder gekoop en ek is dood gelukkig.

MARIETJIE ·

As ek reg gelees het, het iemand die blanke man uitgehaal maar dit is doodstil. Was net so ‘n vinnige beriggie. Jammer Spur sien my nooit nie, ek vermy hul soos die pes. Regtig, dis bietjie te laat om mooi broodjies te wil bak!! Staan saam my Afrikaans-sprekendes. Kan hul kos maar self eet!!!

Tommie ·

Eet lankal nie meer by spur. Daar is baie ander en lekker alternatiewe plekke om te eet. Het besluit lank voor voorval al geneem. Gelukkig kan ons die keuse uit oefen

Dan ·

@ Johann Marx – ek stem 100% saam met wat jy sê. Iemand het hier in die kommentare gemeld dat Cobus Bester ‘n vriend is van daardie sogenaamde professor (met die kopdoek), ou Piet Croukamp. As hy hom met so ‘n opper-liberalis vereenselwig, dan weet ons reeds dat hy en die du Plessis vrou sonder twyfel bevooroordeeld teen die Afrikaner is en sal wees. Spur hoef nie eens die paneel se “bevindinge” bekend te maak nie; ons weet reeds wat dit gaan wees. Pierre van Tonder het homself en die Spur-groep in ‘n byenes laat beland waaruit hul nie weer gaan kom nie, en dit ter wille van politieke korrektheid! Betaal dan maar die prys, van Tonder. Mens voel effens jammer vir die onskuldige konsessiehouers, maar tot vandag het nie een van hul op rekord geplaas dat hul ‘n probleem het hoe Spur/van Tonder hierdie situasie hanteer het nie. Dus ook politieke korrektheid aan hul kant? Spur sien ons nooit weer nie, NOOIT weer nie.

Willem ·

Spur gaan nou meer skade vir hulself maak , merk my woorde. Ek bly uit Spur uit , vang my daar en ek skenk R10 000-00 aan die DBV . Ek sal nie eens n “take away” van hul eet nie . n Sakeman het 7 van ons genooi Spur toe en net hy het daar opgedaag .

Tieni ·

So snaaks om te sien hoe trots Saffa Afrikaners is omdat hul n restaurant boikot :-D maar kan nie saam staan teen enige iets belangriks nie :-D Eks n ex-suid afrikaner, en ek sak my kop in skaamte vir die lot.

Marius ·

Jy het duidelik kontak verloor met wat in Suid-Afrika aangaan. Dit gaan oor baaaaie meer as net ‘n restourant boikot. So laat jou kop maar hang – ons gee nie om nie.

Dan ·

Ek dink nou toevallig aan Allan Ambor, hoof-aandeelhouer in Spur, wie in Mei 2017 al sy aandele in Spur (meer as drie miljoen) verkoop het, en Keith Madders (direkteur van Spur) wie meer as 300 000 van sy aandele verkoop het in dieselfde maand. In nabetragting blyk dit dat die twee here ‘n wyse stap geneem het. van Tonder het egter mooi verskonings gehad oor Ambor se verkoop, nl. dat net “‘n strategiese stap” was. Wel, lyk of Ambor se sogenaamde strategiese stap ‘n uiters goeie besluit was op die regte tydstip! van Tonder se politieke korrektheid en arrogansie het die groot manne daar by Spur vinnig laat spring en onttrek, En van Tonder wil ons kom vertel dat ons “konserwatiewes” die oorsaak is van al die probleme wat Spur nou het … die man moet bedank en ander weivelde gaan soek.

James ·

Korrekte reaksie van Dirk en Kallie. Ek het die “vooreg” gehad om by einste Elmien du Plessis klas te ontvang tussen 1992 en 1995. Waarskynlik een van die mees liberaal-gestremde persoonlikhede wat ek tot vandag toe al teegekom het…Ek dink veral Dirk weet dit ook…

US ·

Sy kon nie toe al klas gegee het nie. Te jonk. Praat jy nie van prof Lourens du Plessis, wat haar pa is nie?

Pierre ·

Ek en my gesin en vriende sal weer by Spur gaan eet op voorwaarde die voorsitter ceo cfo md en ander senior personeel almal bedank almal

GPC ·

Die “Keizer” (Spur) wil maar net by die “blindes” (ondersoekraad) bevestiging kry dat hy nie kaal loop nie.

Elizma Brink ·

Kan iemand vir my sê hoekom Cobus Bester op die paneel is?

SP ·

Spur kan dit nie vat dat die betrokke man sy swygreg uitoefen en uit die kollig bly nie,nou die ondersoek,hulle sal seker wil he hy moet sy kant daar kom stel net om hom te verneder en uitmekaar te trek.

Johnny ·

Too little .. too late. The Spur brand name has been compromised.. Maybe fatally so…

Eureka! ·

Ek sien nou wat is Spur se topbestuur se plan. Bly stil met enige verskonings, wag vir aandeel pryse om te val. Koop miljoene aandele spotgoedkoop, Vra om verskoning. Verban die dame ook uit Spurs uit of nooi die man terug. Kry almal rustig. Spur aandele klim en hulle stap as super rykes uit die petalje uit… Baie slim.

annemarie ·

Het die lesers al gesien wat by ‘n Spur gebeur het waar ‘n wit seuntjie amper gesteel is?
Kyk op news 24. Miskien jaag dit die laaste bietjie Spur besoekers finaal weg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.