Voorsitter van Steinhoff-direksie bedank

Heather Sonn (Foto: ANA)

Steinhoff het Maandag bevestig Heather Sonn, voorsitter van sy direksie, het bedank. Dié stap kom nadat ʼn entiteit waarvan sy ʼn aandeelhouer is, moontlik in ʼn transaksie met Steinhoff betrokke was.

Die maatskappy het vanoggend in ’n verklaring gesê Sonn het belang in Gamiro Ventures wat “onwetend” ʼn transaksie met ʼn ander maatskappy, Geros Financial Services, beklink het. Dié maatskappy hou blykbaar verband met Steinhoff en is indirek deur Steinhoff gefinansier.

Luidens die verklaring het Sonn in Desember 2017 te midde van die Steinhoff-skandaal versoek dat die transaksie op ʼn lys geplaas word vir ondersoek tydens die ouditfirma PwC se ondersoek na Steinhoff se finansies.

Argieffoto: ANA

“Ongelukkig het dit twee jaar geduur om tot die gevolgtrekking te kom oor die aard van die verhouding tussen die maatskappy (Steinhoff) en Geros, maar daar was destyds verskeie prioriteite wat aandag moes geniet in die maatskappy,” het Sonn in die verklaring gesê.

“Op grond van wat nou aan my bekend is, sou ek sekere onthullings gemaak het as ek destyds daarvan bewus was.”

Steinhoff sê nou daar is geen manier dat Sonn ’n aandeel in die maatskappy se rekenkundige ongerymdhede gehad het nie.

“Heather se sterk en kalm leierskap was van onskatbare waarde tydens die onstuimige tyd wat die groep sedert Desember 2017 in die gesig gestaar het,” het die maatskappy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Stephan

Skelm, die hele sous!
Vir twee jaar het sy voordeel getrek uit Steinhoff, en nóú hardloop sy. Nee sussie, betaal terug elke sent, en stap dán uit. Dis die eerlike manier.

Johan

Ken nie eintlik die vrou nie, maar kon nog nooit verstaan met die ding hoekom Markus Jooste nie in die tronk is nie? Eerste klas Witboordmisdaad krimineel daai ou!

marius

Onwetend ? Weet sy hoeveel van die belasting betaler se geld in die SPF is weg ? Ook onwetend ?

Schalk

Nog ‘n storie nog ‘n skelm. Steinhoff lyk my is vervloek. Eers Markus, wat lankal tronkpap moes geeet het, nou die “onskuldige, onwetende” een, wat die “eerbare” ding doen en loop. Seker omdat iemand anders uitgevind het.