Voorsitter van taxivereniging in Jhb doodgeskiet

Argieffoto

Die Alexandra, Randburg, Midrand en Sandton-taxivereniging (Armsta) het Vrydag bevestig sy voorsitter en nog ʼn lid is in Marlboro, Sandton, doodgeskiet.

John Mnisi, woordvoerder van Armsta, het gesê Themba Sam Budza en lid Fani Ramatfwane is doodgeskiet toe hulle onder polisiebegeleiding ná ʼn vergadering huis toe gery het. “Ons weet nog nie wat die motief van die skietery is nie. Ons verstaan die insittendes van twee motors het op hulle begin skiet. Die polisie was daar, maar het nie iets gedoen nie,” het Mnisi gesê.

ʼn Derde lid van die taxivereniging is ook geskiet. Hy sterk aan in die hospitaal.

Kapt. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, het die skietery bevestig. “Twee persone is in Marlboro deur onbekende persone doodgeskiet. Die motief van die skietery is nog onbekend.” Hy het gesê dit is nog nie duidelik of dit taxigeweld of net bloot misdaad was nie. “Twee sake van moord en een van poging tot moord word ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Snowball ·

“Die polisie was daar maar het nie iets gedoen nie.” So, die polisie weet ook nie wat is die motief nie?? Wat van SA is ‘n gangster’s paradise en ‘die polisie was daar maar het nie iets gedoen nie, ‘want hulle kan nie/wil nie/is te bang/weet nie meer HOE nie en is toeskouers van misdaad in plaas van bekampers van misdaad.

SAnik(s) ·

Al die Polisie kan mos nie skiet nie. Die probleem is dat die polisie nie hulle sekuriteitswagte daar gehad het om hulle op te pas nie.

Gerd Lourens ·

Skitterende optrede deur die
Suid
Afrikaanse
PoliSIES
Diens!!!

zoom zoom ·

Eerstens hoekom moet hy begelei word deur die polisie. Is die man ‘n ikoon????. En daar skitter die polisie in hulle teenwoordigheid .

Msp ·

Krimminele is ‘n Beskermde Spesie in Suid Afrika. Jy staar ernstige vervolging in die oë as jy jou of jou geliefdes teen hulle beskerm. Ek dink die SAPD is ook al uiters verward oor hoe om teen hulle op te tree want anders sit malema ń groot keelgat op. Die wet is net bedoel vir die Minderheidsgroepe in Suid Afrika…

André ·

Die polisie het die situasite gemonitor. Dis hoekom hulle niks gedoen het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.