Voorsitters by SAUK aangewys om teistering te ondersoek

SAUK-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Die SAUK het Woensdag aangekondig voorsitters is aangewys vir die onlangse kommissies wat redaksionele inmenging en seksuele teistering sal ondersoek.

Nomsa Philiso, waarnemende uitvoerende groepshoof, het gesê dr. Joe Thloloe sal aan die hoof staan van die ondersoek oor redaksionele inmenging en Barbara Watson sal die bewerings van seksuele teistering ondersoek.

“Ons is vol vertroue dat dr. Thloloe en me. Watson die SAUK sal help om sy geloofwaardigheid en sy regmatige posisie as die openbare uitsaaier te herstel wat goeie bestuur en etiese praktyke weerspieël om ʼn inspirasie te wees vir sy werknemers en aandeelhouers.

Philiso het gesê die aankondiging is in ooreenstemming met die SAUK se verbintenis om goeie bestuur, goeie waardes en goeie sake-etiek te verseker.

Thloloe was die persombudsman en Watson is ʼn gekwalifiseerde maatskaplike werker met ervaring van meer as 40 jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

DV ·

Dankie dat die SAUK so brtyds optreë om probleme te voor kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.