Voorstel om Brandfort se naam te verander ‘bisar’

Winnie Nomzamo Madikizela-Mandela by die ANC se 54ste nasionale konferensie in Desember 2017. (Foto: Ayanda Ndamane/ANA)

Dit is onaanvaarbaar dat die ANC-regering name van dorpe en stede wil verander en sodoende die geskiedenis en ontwikkeling van hierdie dorpe misken.

Jan van Niekerk, VF Plus-leier in die Vrystaat, sê die populistiese uitsprake oor die moontlike naamsverandering van Brandfort na Winnie Mandela-dorp, bewys dat die ANC hom eerder besig hou met sinnelose naamsveranderinge as met die prioritisering van dienslewering.

Sisi Ntombela, premier van die Vrystaat, het Saterdag tydens die herdenking van Madikizela-Mandela se 84ste verjaardag op Brandfort gesê die dorp se naam gaan verander word en dat die openbaredeelnameproses in die verband reeds afgehandel is.

ʼn Standbeeld gaan ook vir haar opgerig word en volgens Ntombela is reeds begin om die standbeeld te maak.

Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, het tydens die geleentheid gesê dat die huismuseum vir Madikizela-Mandela ook binnekort voltooi sal wees.

“Inwoners van Brandfort ervaar daagliks water- en sanitasieprobleme en ontvang feitlik geen dienste nie. Die minister voer aan dat hierdie probleme toegeskryf word aan verouderde infrastruktuur en die groeiende bevolking, maar swyg oor die aantal jare waar instandhouding en opgradering van infrastruktuur en voldoende beplanning nie gedoen is nie.”

Nou moedig dié minister die besteding van skaars hulpbronne op ʼn naamsveranderingsproses aan in stede van infrastruktuurontwikkeling- en instandhouding.

Volgens Van Niekerk sal dié voorgestelde naamsverandering onaanvaarbare hoë finansiële implikasies vir alle sfere van die plaaslike regering inhou, terwyl dit geen bydrae sal lewer ten opsigte van armoedeverligting, infrastruktuurontwikkeling of plaaslike ekonomiese groei nie.

“Brandfort se plaaslike ekonomie is reeds lamgelê deur die enorme impak van die Covid-19-pandemie en die regering se gepaardgaande drakoniese regulasies. Gegewe die finansiële krisis, sal geen verantwoordelike regering enige naamsveranderings in hierdie tyd oorweeg nie.”

Die VF Plus is daarvan oortuig dat die ANC nou die klem plaas op sensitiewe populistiese uitsprake om stemme te werf aangesien hy nie daartoe in staat is om dienste te lewer nie.

“Die Brandfort-gemeenskap het dringende infrastruktuur-ingrypings nodig – nie partytjies, monumente of ontwrigtende naamsveranderings nie.

“Indien ʼn amptelike proses begin word om Brandfort se naam te verander, sal die VF Plus alles in sy vermoë doen om hierdie naamsverandering teen te staan,” het Van Niekerk gesê.

Die Stad Johannesburg het ook vroeër ʼn openbaredeelnameproses van stapel gestuur om William Nicolrylaan na Madikizela-Mandela te vernoem. Daar is ook ‘n veldtog om die Kaapstad Internasionale Lughawe na haar te vernoem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

34 Kommentare

jongste oudste gewildste
Androclus

ANC is ‘n sirkus.Plus die kabinet van cr ‘n ouetehuis.

Daleen

Moordenaar word vereer. Tipies ANC mentaliteit. Dis hoekom daar so goedsmoeds moord en ander wandade gepleeg word want dit word goedgekeur. Walglik.

Marius

Bisar is baie lig gestel . Ek wonder net of hulle besef wat die kostes is vir hulle minderwaardigheids kompleks ???? Word groot anc , word groot .

Dries

Dit maak vir my heeltemal sin dat BRAND-fort na Mev Mandela vernoem word, haar geskiedenis is vol petrol, vlamme en ander brandende dinge. Ongelukkig sal die kostes daaraan verbonde soveel beter elders aangewend kan word.

Frederik C

Seker die enigste land ter wêreld waar ‘n moordenares so vereer sal word.