‘Voorstel oor nasionalisering van banke sonder vergoeding is absurd’

Corne Mulder (hoofsweep van die VF Plus) Foto: YouTube

Die EFF kan nie anders as om voor te stel dat banke sonder vergoeding genasionaliseer moet word nie, want die staat het weens die ANC se wanbestuur en korrupsie bloot nie meer die geld om daarvoor te betaal indien dit sou gebeur nie, het Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus, gesê.

Die VF Plus het gesê die uitvoering van dié voorstel sal Suid-Afrika vernietig. Dit volg nadat die EFF tydens ʼn parlementêre debat voorgestel het dat banke op hierdie basis genasionaliseer moet word.

Mulder het gesê die geskiedenis het by herhaling gewys dat die gedagte van vrye mark en gewaarborgde eiendomsreg, rykdom en werksgeleenthede skep en dat sosialisme en kommunisme almal ewe arm en honger maak.

“Ons ken die bekende aanhaling wat lui dat sosialisme se groot probleem daarin lê dat jy eindelik ander mense se geld opgebruik. Indien die banke genasionaliseer sou word, sou ʼn groot persentasie in waarde en werksgeleenthede oornag vernietig word. Die staat mag nie inmeng met sake nie, aangesien hy gewys het hy kan dit doodeenvoudig nie bestuur nie,” het Mulder verduidelik. “Die EFF sê eintlik ons moet met banke maak soos tans met Eskom en die SAL gebeur met mense soos Dudu Myeni en Brian Molefe aan die stuur. Dit is ʼn resep vir rampspoed.

“Voorbeelde van nasionalisering in Afrika is Nigerië waar banke in die jare sewentig genasionaliseer is, terwyl hulle in 1994 bankrot was. Net so Ghana en in Tanzanië.

“Daar is tog voorbeelde in Afrika waar die teenoorgestelde gebeur het. Lande soos Botswana, Mauritius, Kenia en Suid-Afrika waar jy goed ontwikkelde ekonomiese stelsels en vooruitgang sal aantref.

“Suid-Afrika se ekonomie is tans in so ʼn kritieke situasie dat ons hoegenaamd nie kan bekostig om die boodskap aan beleggers, gradeerders en die wêreld uit te stuur dat ons ons banke wil nasionaliseer nie. Veral nie op die dag dat private banke die SAL van ondergang moes red met ʼn boei van ʼn verdere R3 miljard nie. Daar is tans ʼn lopende tekort van R50 miljard in ons ekonomie. Watter belegger gaan ons nooi as ons in hierdie omstandighede banke nasionaliseer?” het Mulder gevra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Bitentrepreneur.co.za ·

Dis hoekom julle niu al koet begin belenin bitcoin, zimbabwe het reeds nou hierin begin bele, want as nasionalisering eers gebeur , is ons geld niks, begin vandag bitcoin myn,
Vir meer inligting gaan na
http://joinbitclubnetwork.co.za

willie ·

Corné is doodreg, maar ongelukkig sal ongeletterde geldvrate dit wat hy probeer oordra nie verstaan nie!

HPV ·

Willie, selfs baie van die sogenaamde geletterdes verstaan dit nie eers nie. Armlastige lande in Afrika is die bewys daarvan.

lewies ·

As jy sukkel is enigiets beter as niks. Al is dit plastiekbottels en karton wat in die asblikke weggegooi word van die wat het.

Dan ·

Nie eers nodig om te reageer nie. Die dag as enigiets genasionaliseer moet word, het seker 7 na 10 jaar alreeds verloop het met al die regsprosesse wat gevolg moet word. Hoekom word die hanswors Malema nog weereens ‘n platform gegee? Gratis pblisiteit? Begin leer wanneer om hom en sy gespuis te ignoreer.

jan_alleman ·

ek dink dit sal n goeie ding wees as ons kummunisties raak dan sal die boere ophou om mamon te aanbid en onthou wie hulle God werklik is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.