Voorstel vir Eugene Terre’Blanche-erfenisterrein verwerp

Eugene Terre'Blanche. Foto: Shayne Robinson/SAPA

Eugene Terre’Blanche. Foto: Shayne Robinson/SAPA

ʼn Voorstel om die vermoorde AWB-leier Eugene Terre’Blanche se huis in Ventersdorp as ʼn erfenisterrein te verklaar, is tydens ʼn vergadering van die Noordwes-erfenisraad verwerp.

Die voorstel is gemaak deur Themba Gwabeni, leier van die erfenisraad, wat meen dat Terre’Blanche en die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) deel is van Suid-Afrika se geskiedenis. Volgens hom het almal die reg om hulle erfenis te vier, insluitend die AWB. Terre’Blanche is in 2010 vermoor.

Die SAKP in Noordwes het egter gesê die voorstel is beledigend en dat Terre’Blanche nie ʼn held is nie. Madoda Sambatha, die SAKP se sekretaris in Noordwes, het gesê mense leef steeds met die letsels van Terre’Blanche se dade en dat baie wit mense, insluitend Afrikaners, skaam is vir hom.

“Ons doen ʼn beroep op die regering en ons ANC om nie eers met ʼn debat te begin oor die voorstel nie,” het Solly Phetoe, sekretaris van Cosatu in Noordwes, gesê.

Gwabeni was ʼn ANC-burgemeester in die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit voordat hy na Cope oorgeloop het. Hy het die ANC hof toe gesleep nadat hulle die munisipaliteit onder administrasie geplaas het.

Die AWB wou intussen nie kommentaar lewer nie maar het toegegee dat hulle Terre’Blanche se huis as ʼn erfenisterrein wil laat verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ESTELLE ·

Terreblanche was nie ‘n held nie? regtig, was Mandela ‘n held? Terreblanche het nie bomme op treinstasies geplant nie, maar nee daar word nie strate, brue, museums en hospitale na hom vernoem nie!

Justin ·

Ek stem, verklaar Mnr Terre’Blanche se huis as erfenisterrein. Hy was nie almal se held nie, ten minste het hy iets gedoen vir die Blanke.
Keelvol vir elke straatnaam wat na mandela vernoem is, laat staan nog al die standbeelde van hom ten koste van die belastingbetaler.

Babs ·

Sit sy naam op die ander mou van die Springbokke. Hy was ook mos agter tralies vir waarvoor hy gestaan het. Hoekom net Mandella vereer as hy nie almal se held was nie.

christo ·

Die ANC dink mos hulle is baas oor alles…oom terre blanche is my hero sal hom altyd wil onthou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.