Voorstel vir laer spoedperke lok gemengde reaksie

Argieffoto

Argieffoto

Laer spoedperke is een van die voorgestelde regulasies wat onlangs in die Staatskoerant gepubliseer is.

Die voorstelle sluit onder meer in dat ʼn spoedperk van 40 km/h in stedelike gebiede gehandhaaf word, ʼn perk van 80 km/h vir enige pad buite stedelike gebiede en ʼn 100 km/h perk waar ʼn snelweg deur ʼn woongebied loop.

Motoriste wat hul rybewyse wil hernu sal ook aan lukrake praktiese toetse deur toetsbeamptes onderwerp kan word. Swaarvoertuie van meer as nege ton sal nie toegelaat word om tussen 06:00 en 09:00 en weer tussen 17:00 en 20:00 ʼn openbare pad te gebruik nie.

Petro Kruger, direkteur van die padveiligheidstigting, sê hulle ondersteun nie die nuwe maatreëls nie…

Layton Beard, bestuurder van openbare betrekkinge van die Automobiel Assosiasie (AA), sê hulle is nog besig om die regulasies te bestudeer en sal later daaroor kommentaar lewer…

Stanley Bezuidenhout, padverkeersrisiko-ontleder van IFB Investigations, is van mening dat die voorgestelde beperkings ʼn goeie opsie is…

Die bydrae is saamgestel deur Klankkoerant van Radio Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Rita Hendrikse ·

BELAGLIK! Wat is die rede daarvoor? Beslis nie om botsings en ongelukke te probeer verminder nie. Dít gaan tóéneem as hulle daardie voorstelle implementeer, want mense raak nóú al ongeduldig as iemand voor hom nie vinnig genoeg na sy sin ry nie
Die rede waarom daar so baie ongelukke is op die nasionale paaie, is omdat daar net een baan is om in te ry. Kyk maar na die Europese hoofweë: 2, selfs 3 bane langs mekaar!

Petro ·

Dit gaan net mooi NIKS help as die ou agter die stuurwiel nie kan bestuur of dronk is of `n gekoopte lisensie het of erger GEEN lisensie het!!

Deon ·

Gaan dit ook vir taxi’s geld want hulle steur hulle nie eers aan die reëls nou nie.

Gina ·

Dis nou een wat agter n lessenaar sit en die dinge uitdink. Dink net hoeveel verkeerboetes gaan nou ophoop, vir spoeddddd, genade nee wat word van hierdie land. Surkus mense!!!

Rina Pretorius ·

meer ongelukke gaan nou gebeur omdat mense aan die slaap gaan raak agter die stuurwiel uit verveeldheid. Dit is die belaglikste ding wat nog ingestel gaan of wil word. Laat die wat nie behoorlik kan bestuur nie die kruipwerk doen en die taxis ook. Ek kan net dink as ek so stadig moet ry gaan ek wragtig aan die slaap raak

Alice ·

Pas eerder net die huidige spoedperke toe. Baie mense hou nie by die huidige spoedperke nie.

Manie ·

Raai net wie gaan geteiken word met die hertoetsery! Merk my woorde dit is fie volgende diskriminasie praktyk wat toegepas gaan word en dit gaan die Wit Waks uit die mense Frustreer!

Sollie ·

Nou gaan mense UUUURE neem om by die werk te kom (of baie laat!). Is dit nou ‘n ekonomies volhoubare besluit??

Johan ·

Maar net nog n stelsel wat gaan vou….hul kan dit eerder verhoog om die druk van ons paie af te kry…gelukkig is dit nie haelbaar nie, mense gaan dit net ignoreer.

dries ·

Dis seker die beste voorstel wat hierdie ANC nog kon doen. As hierdie voorstel goedgekeur word kan ek n sterk ANC ondersteuner word. Ons het nou genoeg gehad van hierdie moorde op ons pad. Mense moet besef spoed maak dood en jy het altyd n kans om n ongeluk te vermy met n laer spoed. VIVA ANC!!!!

andries ·

Dries
Bly jy asseblief van die paaie af want jy hlo absoluut enige twak wat jy lees. Hierdie regulasies is pure twak!

Stephanus ·

die een wat dit nou weer kwyt geraak het het n wind gehad wat opgestoot het, waar die ak gedagte lyf gegee is. Die regering kan nie eens die huidige reels “enforce” nie wat nog van die voorgesteldes. Sorteer eers die huidige probleme uit dan kan daar gekyk word na ander proposisies.

Peet Schabort ·

Ek is bykans 55jr op die SA slagveld wat ons paaie noem.
1) Stanley Bezuidenhout, met respek, weet nie waar die bel hang.
2) Tans is bestaande spoedtekens nie op datum, m.a.w. van hulle ontbreek en is net weg in so ‘n mate dat jy nie seker is watter spoed gery mag word. Daar is selfs naby Heidelberg (Gauteng) verskillende spoedbeperkings op dieselfde stuk pad in teenoorgestelde rigtings in so ‘n mate dat die hoër spoed nie sin maak teenoor die laer spoed en lyk asof die omgekeerde dalk sin sou maak.
3) Bykans ALLE spoedtekens en waarskutekens sal verander moet word teen ‘n enorme som geld.
4) Waar is wetstoepassing huidig op ons paaie? DIT IS ‘N RONDE NUL. Verkeersbeamptes is so skaars soos hoendertande en is net te vinde oor langnaweke.
5) Kyk eerder byv. na die verandering van die verkeerswet by die linksdraai by stopstrate en robots. Maak dit ‘n toegeeteken om verkeer te laat vloei wanneer daar nie verkeer van regs is of wanneer veilig.
5) Waarmee ek wel saamstem, en dit het eerder te doen met brandstofbesparing, is die verlaging van die 120km/h- na 100km/h spoedgrens.
6) Die “lukrake praktiese toetse” gaan net ‘n sirkus wees.
a) Hoekom? Omdat almal weet waarvoor staan S-T-O-P , ook wanneer ‘n verkeerslig
ROOI, ORANJE en GROEN is asook die ander padtekens.
b) Waarom? Omdat wanneer jy getoets word sal jy mos nie oor stopstrate en rooi robots
foeter soos tans die geval is. Dit is nou al só erg dat jy huiwer om te stop wanneer die
een agter jou teen jou ry en die robot enige oomblik kan oorslaan na oranje en selfs
rooi. Dieselfde met stoptekens wat algemeen geignoreer.
7) Ja dit is so dat ONOORDEELKUNDIGE spoed wel doodmaak. OORDEELKUNDIGE spoed het nog niemand doodgemaak. Daarvan kan ek getuig daar ek NOG NOOIT in ‘n ongeluk betrokke was.
8) Soek eerder die fout by die GESINDHEID van motoriste op die pad. Jare gelede het die AA ‘n prentjiesamestelling gehad waar die kantoorwerker met sy tassie aanstap kar toe. ‘n Klein mannetjie wat so ‘n bietjie vooroor loop. Hy klim in sy kar en toe hy daardie sleutel draai en die enjin vat sit daar in die kar ‘n monster met twee kloue op die stuurwiel. Dis die man wat julle moet verander.
9) BEGIN OP SKOOLVLAK met padgedrag sodat die KIND die pa en ma kan betig wanneer daar onverskillig gery word. Tans is dit ‘n bose kringloop waar die kind sien hoe die ouer kanse vat en nóg erger, ook daarmee wegkom vir ‘n geruime tyd. Hoe anders gaan daardie kind eendag fietsry en motor bestuur?
10) Begin met ‘n sentrale punt waar onverskillige bestuurders gerapporteer kan word deur die publiek. Sodoende sal daar ‘n rekord opgebou word van diegene wat hul skuldig maak aan wetsoortredings.
——————————————————————————————————————
EK KAN OOK Sê DAT JULLE GAAN DIE WETSGEHOORSAME MOTORIS TOT IN ELKE SLAGGAT OP DIE PAD FRUSTREER. Jy hoef nie 120km/h te ry om ‘n gevaar op die pad te wees, inteendeel gebeur dit selfs teen 60km/h.
Julle gryp op die oomblik na strooihalms omdat die fout(e) op die verkeerde plek gesoek word.
WEEREENS: BEGIN BY DIE SKOLE OM PADGEDRAG TUIS TE BRING BY DIE KIND.

Jan Hartzer ·

Jy vat dit goed saam Peet. Ek wil egter ‘n verdere klip in die bos gooi – DIE GEBRUIK VAN SELFONE – VERAL DIE STUUR EN LEES VAN BOODSKAPPE – GROOT PROBLEEM.

Rupert Ashford ·

Dit is definitief ‘n goeie idee om te kyk na die spoed, veral in woongebiede. 50km/h in beboude gebiede, met 40km/h rondom skole op die tye waar skool begin en uitkom, maw 7:00 tot 8:15 in die oggend, 13:00 tot 14:15 in die middag. Dis common sense dat as ‘n voetganger teen laer spoed getref word (veral omtrent 40km/h) hy kans het om te oorleef. Vinniger as dit en hy is dood. SA het baie voetgangers en om spoed af te bring op snelwee waar dit in beboude gebied loop, is ook common sense. Maar dit moet toegepas word, genadeloos en sonder aansiens des persoons. Skort lisensies op en konfiskeer karre – julle sal verbaas wees oor hoe vining gesindhede sal verander, en nie net die taxibestuurders sin nie…:-)

SNEL ·

Ek stem Rupert, spoed om skole moet verminder word in die oggende, vandat kinders begin skool toe gaan, tot skool begin en in die middae as die skool uitkom, maar 100 op die oop pad is nou die regte medisyne vir n lekker slapie, dis n sussende spoed. Ry vir n ruk 100 en jy sukkel om jou oë oop te hou. Peet het ook so baie punte genoem wat water dra, veral die feit dat spoed op sommige paaie met die gaande en komende verkeer nie eers ooreenstem nie, hulle kan begin om seker te maak dat borde reg aangebring word, vir beide verkeer en dat daar borde is waar mens nie eers weet wat jy mag ry nie, om nie te praat van pas die wette toe en kyk hoeveel ry sonder lisensies nie. Of hierdie is n geldmaak storie of n manier om jou m@3r te koer, maar bitter min hou nou by die spoed, wat gaan n bord of twee help met n laer spoed op? Wette word buitendien nie toegepas nie.

Hennie ·

Ek wil graag saamstem met heelwat van die kommentare. Ons moet egter begin by die munisipaliteite wat nie ons sypaadjies in stand hou nie en sodoende mense egter dan verplig om in die straat te loop wat dan ‘n gevaar inhou. Ons moet egter ook kyk na die instandhouding van ons paaie en verkeersligte wat buite werking is wat daartoe bydra dat die motoris gefrustreed raak en dan begin jaag. Sodra die paaie reg gemerk en in stand gehou word,(ons weet dit word nie gedoen nie, minder geld in my sak) en die spoed beprking ook op die ryvlak aangebring word, glo ek dinge sal verbeter.

Stephan ·

Die wetstopassers, besluitnemers en bestuurders van voertuie is die probleem.
Lei hulle ordentlik op.
Moenie die motoris straf nie.
K53 werk nie. Skrap dit…dis ‘n geldmaak-foefie.

Dennis ·

Ek stem saam met Stephan. Die K53 stelsel werk nie wat hulle geleer het verval wanneer die lisensie uitgeryk of gekoop word

Narike ·

Dit verander nogsteeds nie die pad probleem nie, gekoopte lesensies is die probleem……

Christie Joubert ·

Dit is nie spoed wat dood maak nie. Dit is onnoselheid wat dood maak.

Pretorius ·

Haal die duisende taxis van die pad af en implementeer n busse of mense te vervoer dan sal daar minder verkeer op die paaie wees. Beperk swaarvoetuie met n tyds verbod. Moenie die spoed verander nie maak eerder die paaie reg.

Andries Erwee ·

ek stem saam met volledige hertoets elke 5 jaar vir almal. Ons mense het nie n idee van hoe om bv op snelwee te ry of om sirkels nie. Verhoog spoed beperking op snelwee maar verlaag dit op paaie met 2 rigting verkeer.

magda blom ·

Padwoede en korrupsie – super meer is ons voorland met die regulasie!!!

Braam Engelbrecht ·

1)By elke stop teken bou ‘n spoed hobbel. Almal sal stadig ry. 2)Bou al die sper-streepe op met ‘n beton muur, voorkom ‘u’ draai. 3)Om by ‘n vragmotor verby te gaan, slegs eers wag dat die vragmotor bestuurder vir een agter nodige teken gee, om verby te gaan. Geen een kan voor die vragmotor sien nie. 4)Al die padtekens is verouderd, daar is meer vragmoters op ons paaie vandag ander voetuie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.