Voorstelle om skoolplundery hok te slaan

Groot skade is verlede maand in die vroeë oggendure aan die skool in Parkview aangerig. (Foto: Twitter)

Die DA het Dinsdag ʼn skrywe aan Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gerig waarin maatreëls voorgestel word om die vandalisering van skole gedurende die algehele landwye afsondering hok te slaan.

Dít volg nadat Motshekga onlangs bevestig het dat 183 skole sedert die instel van die afsondering onder vandale deurgeloop het. Luidens berigte is sommige skole in Gauteng na bewering selfs deur voormalige opsigters beskadig nadat hul kontrakte onlangs opgeskort is.

Desiree van der Walt, die DA se adjunk-skaduminister van basiese onderwys, sê in ʼn verklaring Motshekga behoort voortaan te verseker dat daar gedurende die afsondering te alle tye ʼn opsigter by die skool teenwoordig is. By die skole waar kontrakte verstryk het, behoort die kontrakte verleng te word of opsigters so gou moontlik vervang te word.

Volgens Van der Walt behoort die departement ook nou saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens, buurtwagte en gemeenskapspolisiëringforums te werk om veiligheid by skole in dié tyd op te skerp.

“Die DA is bereid om met die minister in hierdie verband te beraadslaag. Daar is duidelik ʼn dringende behoefte daaraan om voorkomende maatreëls in te stel om skole teen misdadigers te beskerm,” sê Van der Walt.

Bongiwe Mbinqo-Gigaba, die voorsitter van die portefeuljekomitee vir basiese onderwys, het intussen ook haar kommer uitgespreek oor die aantal skole wat reeds onder vandale deurgeloop het.

“Ons land gaan deur ʼn krisis wat veroorsaak word deur die Covid-19-pandemie. Hulpbronne is reeds herlei om die uitdagings wat die pandemie veroorsaak die hoof te bied. Nou sal skole herstel moet word aangesien misdadiger-elemente in ons gemeenskappe ʼn geleentheid gesien het om broodnodige hulpbronne te vernietig wat ons leerders gaan benodig wanneer die afsondering opgehef word,” sê Mbinqo-Gigaba.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johan ·

Die soort van ding sal bly floreer solank oortreders ligtelik oor die vingers getik word en die skande is dat ontstellend baie polisie-amptenare die stelende voorbokke. Ek wonder of ene meneer Cele daarvan bewus is. Dalk is hy te besig om wilde uitsprake in te oefen.

SomeOne ·

nie net moet skole teen vandalisme beskerm word nie, graag vra ons as buurtmaglede om ook die kans kan kry om ook die polisie te help om die gemeenskappe te beskerm, polisie en weermag is nie voldoende om die nodige beskerming te bied teen vandaliste of diefstalle nie

Okmardom ·

Een ding is seker. Jy begin nie n mondgeveg met n miniesta nie. Jy sal nie nuwe insig oordra nie. Tonnelvisie en arogansie maak die minister blind wat n pos beklee waarvoor hy nie opgelei is nie, of ondervinding in het nie. Wat hy glo is reg, al skree jy hoe hard…sy punt geld al is dit hoe verkeerd. Trotseer dit net en leef en pas aan by die gevolge. More voel jy beter. Hoekom mag CPF nie betrokke raak nie.

Brakkies ·

Die CPF MAG NI….want dan kan hul nie hul planne uitvoer om boere uit te moor nie….
Want volg koerante is moord en aanranding definitief nie onder lockdown….

Burgermeester ·

Ja-nee kyk, more, oormore dan neem een of andere Suid Afrikaanse jeugkoor deel aan ‘n Internasionale Talentkompetisie, en dan word daar weer lang trane gehuil omdat daar nie basiese onderwys en elektrisiteit beskikbaar is nie. In plaas van om die waarheid te vertel en die regerende party die skuld te gee, word die vingertjies na arme oom Jan gewys.

Yvonne ·

Hoe is dit moontlik dat die minister van onderwys by skool no 183 nog geen plan van aksie het nie..moes al by skool no 1 ingeskakel het….genade wees bietjie proaktief

Grassie ·

Die onderwysdepartemente sal nog uitvind dat dit op die lang duur goedkoper gaan wees om wagte by die skole aan te stel as om telkens die skade te herstel. Dit help nie hulle stel ‘n “opsigter” aan nie, dit moet opgeleide gewapende wagte wees. Of hulle egter so vér kan dink is ‘n ope vraag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.