‘Voortdurende reddingsboeie kan Denel nie red’

Natasha Mazzone. Foto: Facebook

Die DA het Saterdag gesê dit is net nie meer rasioneel of volhoubaar vir die regering om volle eienaarskap van die wapenvervaardiger Denel te hê nie en die maatskappy moet gedeeltelik geprivatiseer word.

Dit kom nadat die regering pas weer ʼn reddingsboei van R1,8 miljard aan Denel betaal het om te verhoed dat die sukkelende maatskappy heeltemal ondergaan. Danie du Toit, groep‑ uitvoerende hoof by Denel, het vroeër gesê ʼn bykomende R1 miljard vir die maatskappy sal oorweeg word in die 2020/’21‑begrotingproses.

Natasha Mazzone, woordvoerder van die DA, sê die reddingsboei aan die “bodemlose put wat Denel is”, is nie volhoubaar nie.

“Om net aanhou om geld na Denel te gooi, gaan die maatskappy nie regruk nie. Die wapenvervaardiger moet geheel en al oorgedoen word,” sê sy.

Mazzone meen ʼn belaglike hoeveelheid belastinggeld word op staatsinstansies bestee en die publiek kry baie min daarvoor terug.

“Dit is nie meer rasioneel of volhoubaar dat die regering Denel ten volle besit nie. Dit moet gedeeltelik geprivatiseer word. Daar is baie verdedigingsmaatskappye in die wêreld wat sal belangstel om aandele te koop en die regering moet hierdie moontlikhede ondersoek,” sê sy.

“Reddingsboeie bring dalk tydelik verligting vir staatsinstansies, maar doen permanente skade aan die nasionale fiskus. Deur hierdie entiteit te privatiseer, sal ons die impak van regeringsreddingsboeie op die fiskus verminder, mededingendheid aanmoedig, doeltreffendheid verbeter, en werkskepping stimuleer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

leser ·

denel kan net sowel sy deure sluit, jammer vir die wat daar werk, maar denel is nie meer denel nie
wanneer laas het denel probeer om iets te maak wat geld kan maak
denel kopieer as wapenvervaardiger , ander oorseese produkte en probeer dit verkwansel teen veel meer as die oorseese produkte

Betzie ·

Jy maak wilde stellings wat van waarheid ontbloot is. ” oorseese ? Regtig ?

wiehan ·

Ek weet nie waarom almal so kla nie, destyds toe mense JA gestem het, het geweet wat gaan gebeur as die ANC die regering oorm=neem, Maar nee, ons weet mos altyd beter, dit gebeur mos net met ander, mos nooit met onsself nie.
Kry vir julle, Hou op kla, dis wat jul wou gehad het!
ALLES GAAN IN MEKAAR TUIMEL! ALLES!

Oom Jaco ·

En toe ons nou onlangs weer kans gekry het om vir eie gebied te stem, toe stem meeste weer DA, vf+ of cope… Eish!

Kobus ·

Die land was destyds al in sy wat se naam. Gaan Google maar die skuldvlakke, inflasie, repokoerse, kredietgraderings, ekonomiese groei, bankrotskappe, bestedingsvlakke, handelstekorte, disinvestering, zero FDI, ens. Ja stem of nee stem, daar was toe al groot probleme op die horison. Die ANC het net die tempo van ondergang verhaas. Ten minste lewe ons om dit waar te neem. Met ‘n nee stem sou die meeste blankes in elk geval die land verlaat het, die res sou chronies moes veg om die massas te beheer.

Akademi Buktu ·

Wiehan, laai Adv. P.J. Pretorius se boek, Volksverraad, gerus van die internet af – dit is gratis verkrygbaar. Miskien kan jy iets leer oor die SA politieke geskiedenis en realiteite van die vorige eeu, onder andere die manipulerende rol wat die Amerikaanse en Britse geheime dienste gespeel het.

Jimmy ·

Kobus, dit was eintlik reeds met Uniewording in 1910 duidelik dat die wittes se tyd teen 1999 sal uitloop. Die ANC sou dit in 1912 vir hulle kon sê. Ons kon tyd wen en hulpbronne soos goud, diamante, platinum, steenkool, bosbou, en marine- en wildlewe geplunder het om alle wittes teen 1955 êrens in die buiteland te vestig, elkeen met miljoene dollars in buitelandse banke. Afrikaners kon vandag die rykste en en mees invloedryke diaspore gewees het. Boere kon groot gedeeltes van Montana, Wyoming en Kentucky besit het. Ons kon groot internasionale maatskappye en banke besit het. Verskeie afstammelinge kon orals gedien het as presidente en eerste ministers. Vandag is ons verward en staar ‘n onsekere toekoms in die gesig.

Andrea van Vuren ·

Die JA-stemmers is destyds om die bos gelei deur FW de Klerk en misleidende joernalistiek. Mense moet meer lees, nuus luister en bedag wees vir oëverblindery deur sosiale media.

Kerneels ·

Andrea, lees Kobus en Jimmy se kommentaar. Dit word vir my meer en meer duidelik dat die skrif al 100 jaar gelede aan die muur was. Om die vinger nou na FW en sy maters te wys is futiel. Almal is bedrieg en word steeds bedrieg.

Al ·

Die regering wil nie luister nie, gaan voort om reddingsboeie uit te gee vir SOE’s asof dit lekkers is – terwyl dit hardwerkende belastingbetalers se geld is wat vermors word.
Hul probeer DA en VF spite om nie na hul oplossings te luister nie. Op die ou end spite hul net hulself.
SOE’s is verantwoordelik vir hul eie gemors.
Dis waar, belastingbetalers kry min terug van die regering.

Klipindiebos ·

Dit wil vir my voorkom of die regering nie skaam kry oor al hulle mislukkings nie. Of is dit ‘n kwessie van ‘n gebrek aan ‘n gewete oor al die belastinggeld wat so deurgebring word. Ons moet ‘n organisasie stig wat waarvan die afkorting “RED”, is.

Braam Maree ·

Waar is die vuurspuwende berg wat die miljarde so uitspuug vir die ANC. Teen die tempo sal hulle nog die goud reserwes ook begin verkoop.

Pottie ·

Ek stem mense die land is klaar al ons gekla gaan niks help nie die anc lag vir ons maar snaaks genoeg ons bly vir hulle geld gee om te mors as ons nie gee nie dan is daar nie om te mors nie laat sars maar dreig wat gaan hulle doen ons almal in die tronk sit dit wil ek sien daar is n plan ons moet net kan saam staan maar ons kannie en dit is ons probleem

SjN ·

Dit is hoekom die land rommel status verdien, nee sommer verniet kry, jy moet iets doen om iets te mag kry, viva anc

Chrisn ·

Het Denel 1993 verlaat en het toe al gesê die sleutels moet weggegooi word.

Johan van Veenendaal ·

Daar is een standaard vraag om altyd te vra: wat gaan dit teruglewer? Soos die Kaap nou raas oor R256M se belegging in cannabis verwerking om 300 “permanente” werksgeleenthede te skep. Hoekom dan nie sommer net vir 300 mense elkeen omtrent R900k uitdeel om te sien wat hulle daarmee kan bereik nie?

Tau ·

Wiehan,
Jy en ander kla nou al twintig jaar oor die JA stem, byna op dieselfde wyse as wat die ANC oor apartheid kla.
My antwoord is dieselfde. Dit is verby. Jou bedjie is vir jou opgemaak. Kry lewe man en gaan aan, maar veg n ander stryd soos byvoorbeeld vir oorlewing. Kerm oor die JA stem gaan jou niks meer in jou sak bring nie.

Pottie ·

Stem saam al die gekerm gaan niks help nie dit is ons eie skuld dat ons sit waar ons sit want ons doen net mooi niks nie en die anc weet ons blankes praat net

Kobus ·

Briljant Tau!!!! Lyk my onse mense sit net en kla en wag vir Dirk Hermann om iets te doen. Apartheid het ons lui gemaak.

Deon ·

Pottie, ons is ‘n klomp kermkouse, en die ANC lag vir ons. Hulle weet ons is planloos en is geen bedeiging nie. Ons sal eerder vir FW blameer vir ons situasie. Nie dat hy nou iets kan doen nie.

Pottie ·

Sien in vandag se rapport solidarriteit praat met pravin oor s.a.l wat wil hulle praat dit is van al die praat dat ons sit waar ons sit plaas s.a.l in sake redding en kry klaar ek gaan nie my deel betaal aan solidariteit elke maand as hulle wil onderhandel met die anc nie jy kan hulle nooit vertrou nie en kla

Skippie ·

SA is soos die Titanic wat kantel en besig is om te sink. Almal is paniekbevange, hulle kla en veg onder mekaar vir ‘n plekkie op ‘n reddingsbootjie. Intussen emigreer die slimmes op strepe. Die wat agter bly sal onder gaan tot op die bodem van die see.

Kallie ·

So gaan dit maar met evolusie. Net die slimstes sal oorleef.

HPV ·

Regstelling! Alle reddingsboeie kom direk uit die oorbelaste belastingbetaler se sak. Die regime kan homself nie eers red nie al wil hy maar is wel verantwoordelik vir die ellende waarin die land verkeer.

Joshua ·

Nou waars die biljoene wat Denel maak met hul buitelandse wapen verkope?

Gert van Wierdapark ·

Nog maar weer net n geval van die stoele op die swembad-deck wat rondgeskuif word terwyl die verskillende “Skepies” (SAL, Denel, Eskom, Sauk, Transnet ens) besig is om te vergaan!!! Die enigste ouens wat nog kaartjies vir retoer-bootreise op die lank vergane skepe bespreek, is die a en see in beheer van die wanorde!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.