Voortgesette daling in Covid-19-syfers

(Argieffoto: Unsplash)

Die huidige vlaag Covid-19-infeksies toon tekens van ʼn voortgesette afwaartse neiging en 6 270 nuwe gevalle van die koronavirus is bevestig.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê die positiwiteitskoers staan tans op 12%. Meer as 52 000 toetse is sedert die vorige verslag gedoen en tot dusver is 2 843 042 Covid-19-gevalle bevestig.

Nog 175 Covid-19-verwante sterftes is aangemeld en die algehele sterftesyfer staan op 84 327.

Altesame 2 637 706 mense het reeds herstel en daar is nou 121 009 aktiewe gevalle van die virus landwyd.

In hierdie stadium is die meeste nuwe gevalle in die Wes-Kaap (24%), gevolg deur KwaZulu-Natal (20%), die Oos-Kaap (18%), Gauteng (10%), die Vrystaat (9%), Mpumalanga en die Noord-Kaap (7% elk), Noordwes (4%) en Limpopo (2%).

Die getal nuwe gevalle (6 270) is laer as ʼn dag tevore (7 338), asook laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae (6 663).

Volgens Nios is nog 304 mense in hospitale opgeneem vir behandeling van die virus en net meer as 11 000 mense ontvang tans behandeling daarvoor in hospitale.

Die nasionale departement van gesondheid sê 225 558 mense is Donderdag teen Covid-19 ingeënt en in die geheel het 14,3 miljoen reeds die entstof ontvang.

Inentings per provinsie:

  • Oos-Kaap: 1 792 936
  • Vrystaat: 757 779
  • Gauteng: 3 724 946
  • KwaZulu-Natal: 2 403 982
  • Limpopo: 1 491 853
  • Mpumalanga: 778 128
  • Noordwes: 767 748
  • Noord-Kaap: 281 663
  • Wes-Kaap: 2 368 116
  • Totaal: 14 367 151

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.