Voortgesette tabakverbod gaan ‘handelaars in bedelaars en misdadigers in miljardêrs’ verander

(Foto: Soweto Food & Lifestyle/Twitter)

Die Suid-Afrikaanse Alliansie vir Informele Handelaars (Saita) het ʼn beroep op die regering gedoen om die verbod op die verkoop van sigarette ingevolge die afsonderingsregulasies op te hef – soos wat daar aanvanklik onderneem is toe die land na vlak 4 oorgeskakel het.

Saita sê die regering het vergeet hoe die lewe in townships is.

Luidens ʼn konsepdokument oor vlak 3-afsonderingsregulasies wat wyd versprei word, gaan die tabakverbod op vlak 3 voortgesit word.

Saita sê nou ʼn verbod tot op vlak 1 van die regulasies gaan informele handelaars op straat laat beland en selfs groter druk op die regering se maatskaplike toelaaglas plaas. Saita verteenwoordig informele handelaars, asook spazawinkels.

Sigaretverkope beslaan ʼn beduidende gedeelte van informele handelaars se verkope – en in sommige gevalle selfs 100% daarvan. Saita sê ʼn voortgesette verbod op die verkoop van sigarette gaan die inkomste van miljoene Suid-Afrikaners in gevaar stel en hulle van hul waardigheid stroop.

Informele handelaars kry R350 per maand danksy die regering se Covid-19-verligtingsfonds en het nie toegang tot enige ander hulp wat aan formele, klein- en mediumgrootte sakeondernemings of groot ondernemings gebied word nie.

“Die regering verander wettige informele handelaars in bedelaars; verander rokers in misdadigers en onwettige tabakhandelaars in miljardêrs,” het Rosheda Muller, president van Saita, gesê.

“Terwyl miljoene handelaars voorheen met waardigheid en vertroue kon sake doen, wetende dat hulle ʼn positiewe bydrae nie net tot die ekonomie nie maar belangriker nog, aan hul families lewer, is hulle vermoë om handel te dryf weggeruk deur ʼn regering wat nie bereid is om te luister of te konsulteer nie.

(Foto: Jackson Mthembu/Twitter)

“Dit gaan ʼn geweldige negatiewe uitwerking op hul inkomste, hul waardigheid en hul vertroue in die regering hê,” het Muller gewaarsku.

Sy het weer ʼn beroep op die nasionale Covid-19-bevelsraad gedoen om dadelik die verbod op tabakverkope op te hef.

Ná die minister van polisie, Bheki Cele, se stelling dat die polisie ʼn twee maande oue kwitansie vir sigarette gaan eis as mense in die openbaar met sigarette betrap word, het Muller gesê dit is ʼn belaglike vereiste in townships.

“Eerstens dink ons die regering het vergeet hoe die lewe in townships is. Wanneer laas het hulle ʼn kasregister op ʼn informele handelaar se tafel gesien?

“Tweedens: Hoekom is die regering en veral die polisie so behep met die verkoop van sigarette? Hulle moet konsentreer op die beskerming van die land, pleks daarvan om in te meng met mense se vermoë om kos op die tafel te sit.”

Sy sê Saita verstaan ook nie hoekom die regering met almal, van taxiverenigings, kerke en tradisionele leiers tot groot sakeondernemings beraadslaag, maar nie met die alliansie nie. “As hulle met ons gepraat het, sou hulle geweet het watter uitwerking die verbod op informele handel het.

“Jy moet blind en doof wees om nie die publiek se woede hieroor waar te neem nie. Suid-Afrikaners verstaan nie die rede vir die verbod nie. In die afwesigheid van enige bewyse is dit net natuurlik om te bespiegel dat die verbod ʼn toesmeerdery van iets groter en donkerder is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Willem ·

Regering gee glad nie om vir die armes nie. Daai klein winkeltjies kan maar toemaak

Jurg ·

Enigste mense wat baat vind is die regering hul sakke word al voller by die dag.

Cherokee ·

Verkeerd Pieter. Dit is die land, nie individuele regeringsamptenare nie, wat miljoene verloor. Dit is jy en ek se verlies, wanneer dit die land se verlies is. ‘Hulle’ na wie jy verwys, maak dik geld.

Anoniem ·

Johan Rupert het seker nog besighede hier in SA. Hy moet die ANC paai anders word sy besighede gesaboteer. Anton was Johan se pa.

lekkerdink ·

willem ek reken dat niks van die gekonfiskeerde sigarette vernietig is nie . Terug in die mark?? Ek het geen vuurtjie gesien nie en pieter –ek wonder ook .

Onnie ·

Ek hoop die regering kom tot hul sinne voor dit te laat is. Verslaafdes betaal tans R200 per pakkie, kan jy dink hoeveel geld daar dan oor is vir kos? Party mense is so verslaaf aan nikotien dat hulle dit enige dag bo kos sal kies. Wat beteken mense gaan siekliker wees, omdat hulle nie reg eet nie en omdat hulle gemors (bv. Gold Leaf Tabacco) moet rook, en dus baie meer vatbaar is vir die virus. Vergeet van spoeg op die papier as jy zol rol – weet jy hoeveel spoeg is in die filters van sigarette wat mense optel, omdat hulle nie sigarette wettig kan koop nie. Dan praat ek nie eers van die plekke waar sommige mense ingaan om onwettige sigarette te probeer koop nie – daar spuit hulle nie “handsanitizer” by die deur nie. Dan is daar nog die miljarde rande wat die regering in aksynsbelasting in die water gooi! Uncle Cyril se laaste kans vanaand om die land te red van ondergang. Ek wonder wie hy gaan kies? Suid-Afrika of die ANC?

lekkerdink ·

Hy het die ANC gekies want anders word hy nie weer SP nie . Liewe Lulu het hom by die kort hare beet . Gold Leaf word deur Ariano Mazotti gemaak . Kyk my kommentaar bo aan.

Jaco ·

As informele handelaars meestal wit was, het ek hierdie aksie teen hulle verstaan: seker maar deel van die ewige “straf” vir apartheid.
MAAR die informele handelaars is almal swart. So iets maak nie sin nie. Ons regering bloei hulle eie mense dood. Uiters vreemd.

Skim ·

Al wat die regering nou regkry is om smokkelhandel te bevorder.

Rian ·

Die regering is klomp skynheiliges as dit by tabakverbod kom. Hoe laat hulle dan die maak en uitvoer van tabakprodukte toe as dit so sleg?

Nie Verbaas ·

Dit gaan lankal nie meer oor die virus nie. Ons sal nooit weet wat agter die besluite skuil nie.

lekkerdink ·

In die Rapprt van Sondag het Ivo Vegter geskryf –DIE SLAGTING VAN DIE MIDDELKLAS . Dit is wat gebeur . Ons is in vir die slegste tyd van ons lewe want mag wat gegryp is word nooit weer teruggegee nie . Kyk na Afrika se geskiedenis van despote.

Christo ·

Edward Zuma is n direkteur van Almalgamated Tobacco, wonder of daar n verband is met Adriano Mazzotti wat voorheen volgens spekulasie met NZ verbind was oor onwettige tabakhandel.

Elzette ·

Dalk kan MaroelaMedia vir ons ondersoek in hierdie gerugte instel. Dis al wat logies sin maak, dat hier iewers ‘n kader/Zuma is wat voordeel trek.

Wouter ·

Die sigaret verbod is uitsluitlik om die geldstroom na die Zuma familie vanaf die onwettige sigaret handel vol te hou.

Herman ·

Dit is so ja, sy gee nie om of sy hierna uit die parlement uitgegooi word of nie. Ha sakke gaan oorloop van die geld.

Jannie van Niekerk ·

Patel, Dlamini-Zuma, Ntshaveni, Cele en Ramaphosa se grootste doelwit met die Covid19 inperking is nie om “menselewens te spaar” nie, maar om besighede in wit afrikaanse besit tot niet te laat gaan. Waarom word daar nie teen die ANC se vriende , die Chinese, Pakistanse , Somaliese en Nigeriese handelaars opgetree wat OPENLIK oortree nie? Onse Pres sê dan self: “There are still to many white owned businesses in South Africa.”

Herman ·

Groot mense word verbied om te rook wetende wat die gevare daaraan verbonde is. Maar nou wil hulle he kinders moet skool toe gaan??? Watse logika is dit. Dit is my keuse om te rook, en dit is nie onwettig nie en ek stel ook niemand anders se lewe in gevaar nie. Nou word ek geforseer om of op te hou rook of uitbuiters ryk te maak

gatgogga ·

Die regering strooi deesdae geld rond asof daar geen tekort is nie. En die regering wys die belastinginkomste uit wettige tabakhandel hardkoppig van die hand.
Maar kyk maar hoe dieselfde regering die verlore inkomste uit my en jou sak gaan verhaal wanner dit tot hulle deurdring dat die staatskas leeg is.

Oros Soros ·

Ek wonder of en indien wel, hoeveel van die opbrengs uit die verkoop van onwettige sigarette gaan in die ANC se geldkoffers beland?

Louens ·

Dka.ini Zuma e haar familie is nie geka t teen sigarette nie maar teen die wertiggme handelaars terwyl haar familie in due sluikhandel van sigarette vetrkke is en baie van die sluikhandel winste in die sakke van die ANC en hulle ministers se sakke opeindig. Die parlement vehoorr n baue deeglike ondersoek so vinnig as moontlik van stapel te stuur. Dit kos ons regering n velies van R35 miljard per dag aan aksyns. Maak julle oë vinnig wawyd oop asb. Hoop Solidariteit of Afriforum kan onmiddelik daaraan iets doen

Hugo ·

Hoeveel van die onwettige handel van tabak beland in die sakke van regeringsamptenare. Dis waarom hulle teen die wettige handel is.

capie ·

Daar is al soveel gesê oor die spesifieke korrupsie bewerings, maar niemand ontken of doen iets daaromtrent nie

PieterP ·

Ek sien klippe word gegooi en paaie word gebrand en ek is nie Siener nie

Wilmar ·

In bwes verkoop ñ “entjie” vir R10. Vyf mense gee elkeen R2 en rook een sigaret saam…. regering is gek om aan te gaan md verbod.

Scalla ·

Met my eie oë gesien hoe sigarette deur
2 saps lede in uniform met n vangwa bokse aflaai by n spaza winkel.

lekkerdink ·

Liewe Lulu doen dit weer . Alkohol is nou meer gevaarlik nie want di veroorsaak nie lewersklirose nie en dit laat jou nie ‘n gat van jouself maak nie en jy rand ook nie jou vrou aan nie . maar sigarette —-. As 90% van die rokers nou netR 2000 spandeer om onwettige sigarette te koop is die omset van die 11miljoen rokers R 19,800,000,000 Waar gaan die geld heen en wie maak die sigarette. Dalk liewe Lulu se groot vriend Adriano Mazotti . Sien Sunday Times 5 November 2017 . Miljarders? Virseker. Ek het die artikel as iemand belangstel Wonder net hoe gepoeier is haar handsak . Vra maar net .

Leon ·

Die regering wil net wys hulle is die enigste mag wat in beheer is en jy sal luister. Die hele idee is om hulle misdadiger vriende ryk te maak. Dit lyk of die Zuma kamp deel hiervan is met NDM se uitlatings.

Albert Willem ·

As die sigarette weer wettig verkoop word, gaan teveel mense wat bydrae tot hierdie wette, der duisende rand verloor

Kiki ·

Asseblief ons is vuisvoos. Laat Rokers wettig rook kry die verlore belasting asook werksgeleenthede terug.
Wat is die waansinnige doel om werkloosheid te bevorder of om die virus te bestuur?

Jack ·

Om te argumenteer dat om nou te rookgoed te los jou kanse beter gaan maak is myns insiens n belaglikheid. Almal weet rook is nie goed nie maar as jou longe klaar opgevoeter is is die skade gedoen en is jy kwesbaar. Hier moet iets onderduims aan die gang wees. Wie kry regtig die voordeel uit die gesmokkel? Die druk op die rook gewoonte kom al lank aan saam met die betrokke minister en dit is so asof dit een van haar “ bucket list “ items is. Ek is teen die rookgewoonte maar gekant teen drakoniese maatreels. Ons werk hier met grootmense met eie vrye wil. Stop liewers die dagga gebruik.

Jack ·

Net n idee. Die ouens wat rondbeweeg moet n paar fotos plaas van polisie beamptes wat staan en rook en plaas. Nie ou goed nie ook nie photoshop nie.

Spyker ·

Hoeveel ministers, parlementslede en amptenare is deel van die onwettige tabakhandel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.