Voortrekkermeisies by monument aangeval; nóg ʼn voorval ure later

Argieffoto

Nadat ʼn groep gr. 7-Voortrekkermeisies en ʼn vroue-offisier Vrydagaand by die Voortrekkermonument in Pretoria aangeval en beroof is, het dié toeristebestemming enkele ure later ook onder ʼn gewapende rooftog deurgeloop.

Cecilia Kruger, besturende direkteur van die Voortrekkermonument, het dié nuus aan Maroela Media bevestig.

Kruger sê personeel van die Voortrekkermonument is “erg geskok” oor dié twee voorvalle wat etlike ure uit mekaar plaasgevind het.

In die eerste voorval het vier Voortrekkermeisies en ʼn vroue-offisier glo Vrydagaand laat die sogenaamde piekniekterrein by die Voortrekkersaal verlaat om te gaan stap. Kruger sê daar word in dié stadium beweer dat die groep op ʼn nagmars was, maar daar is nog nie duidelikheid daaroor nie.

Volgens haar was die groep besig om te stap toe ʼn man hulle vanuit die bosse met klippe bestook het. Hy het glo kort hierna uit die bosse gespring en met ʼn doringstok vorendag gekom.

“Dit is nog nie duidelik presies wat gebeur het nie, maar die man het die vrou in die proses erg aangerand en haar handsak gesteel. Sommige van die meisies het hulp gaan ontbied.”

Die vrou was glo “bebloed”, maar haar lewe was nie in gevaar nie. Haar handsak is Saterdagoggend naby die natuurreservaat op dieselfde terrein gevind, maar haar selfoon en beursie is gesteel.

“Soos ek met die min inligting wat tans beskikbaar is verstaan, was die res van die Voortrekkermeisies by die piekniekterrein toe die groep gaan stap het. Ons het snags vyf wagte wat met honde op die terrein stap, maar hulle patrolleer net rondom die geboue en nie noodwendig die 250 hektaar natuurreservaat in die omgewing nie.”

Sy sê die Voortrekkermonument sal nou met die Voortrekkers vergader om te hoor of die beweerde nagmars deel van die amptelike program was, en dan ook aan alternatiewe maniere begin werk om veiligheid by die monument te verskerp.

Kruger sê die stof het nog nie rondom dié voorval gaan lê nie of die Voortrekkermonument het weer onder misdaad deurgeloop.

Volgens haar het ʼn motor met vyf insittendes, een vrou en vier mans, Saterdagoggend vroeg toegang betaal om toegang tot die Voortrekkermonument se hoofingang te verkry. Sy sê die motor was skaars in of die bestuurder het die motor omgedraai en na die ingang teruggery.

“Die mans het uitgespring en wapens op die veiligheidswagte gerig,” sê sy. “Hulle het die wagte in die huisie beveel om die kasregisters oop te sluit, al die kontant gesteel en toe gevlug. Ons het onder meer twee vrouewagte wat by die hoofingang werk en hulle is geweldig getraumatiseer. Dit is ʼn groot skok.”

Kruger sê beraders is tans op pad na die toneel om die veiligheidswagte te besoek.

Maroela Media wag op kommentaar van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Annie ·

Waarom kan daar nie tydens misdaad meer volledige beskrywings gegee word van aanvallers nie? Hul vra wees op die uitkyk maar na wie soek hy.. Gee beskrywing soos. In sy 20igs ligte vel groen oë blonde hare. Ek meen… Waarom is hulle so terughoudend wie due misdade pleeg? Wonder maar net.

Chrisjan ·

Ek onthou die 2010 Sokkerwêreldbeker tydperk hoofsaaklik vanweë die skoon strate, min of geen bedelaars op straat, konstante sigbare polisiëring en verál die afname in misdaad. M.a.w. waar daar n wil is, is daar n weg. Duidelik was dit net oëverblindery en tydelik omdat misdaad n lonende bedryf is wat talle werksgeleenthede skep en belasting vir die staatskoffers genereer. Niemand gaan hulle in elk geval steur aan hierdie “onbenullige” insidente nie. Vir die SAPD is hierdie seker n kwessie van nóg n klomp vorms en verslae wat ingevul gaan (moet) word, “just because” …

Tokkie ·

Aggenee ! Die misdaad in hierdie land is besig om selfs n ou tannie soos ek tot in my wese te skok !!!!!

Missss ·

Hierdie is nie misdaad nie, dit raak nou terrosis aanvalle op vroue en kinders, en AfriForum en ons almal moed die boodskap aan die wereld uitdra. Dis terrorisme..

Katerina ·

Mense wanneer gaan julle leer?? Mens DURF eenvoudig nie meer na donker uit jou huis of n veilige gebou wees nie,veral as jy wit is..

Elle ·

Ironies genoeg het ek net gister (op ‘n ander Maroela Media inskrywing)
genoem dat die volgende landclaim sekerlik op
Die Voortrekker Monument gaan wees…

Lizzy ·

Sit ook nou die dag en kyk na fotos wat ek daar geneem het en wonder hoe lank voor ons Monument ook weg is…..

Oom Kalahari ·

Hierdie land is ‘n Crime hool en niemand en niks is meer veilig nie, self in jou eie huis is jy al ‘n teiken asook in publieke plekke. Die groot vraag is net altyd, wanneer is ek en my familie slagoffers. Daar is oral misdadigers wat altyd op die uitkyk vir ‘n prooi is en as misdaad nie eers deur jou eie Hoogwaardiges erken word nie, dan is daar ‘n groot probleem.

Burger Erdvark van Morsige Suid-Afrika ·

Ek was Maart 2018 in New Zeeland. Meisies en dames gaan draf in die parkies. Baie mense toer alleen per fiets aldaar. Geen rommel gestrooi. Motoriste hou by padreëls. Doeltreffende en effektiewe polisiëring. Daar is vrede, wet en orde. Terug in Suid-Afrika: Rommel bestrooide en onveilige land. Swak en onbetroubare dienslewering. Uiterste gebrek aan wet en orde en respek vir andere se lewens en eiendom. Tragies. Ek skaam my om ‘n Suid-Afrikaner genoem te word! Ons het werk om te doen en ons president en alle parlementslede behoort en moet die nasie se rolmodelle wees. Waar is die selfrespek? Ons moet bid vir wysheid, reg en geregtigheid en groter selfrespek en ‘n beter Suid-Afrika!

chrisjan ·

Dis nie net NZ wat so is nie, maar min.of meer alle beskaafde lande. Dis net in SA waar meeste met oogklappe aan sit en nie besef hoe ver ons geval het nie.

p ·

Stem saam NZ is ‘n toevlugsoord vir veiligheid en stabiliteit. My kinders al 10jaar daar en sal of wil nooit weer terugkom na die reenboog land nie.

Jan ·

Ek is sowat 25 jaar in Nieu Seeland en die gemiddelde persoon hier in NZ dink dat misdaad hand uitruk. Dus as Burger Erdvark moem dat dit so veilig in NZ is, en dit is relatief veilig, dan kan ek maar net wonder hoe erg dit daar in SA gaan.

Penellope Jones ·

So nog ‘n plek waar kriminele toeslaan net wanneer hulle so voel.

I am Sam ·

Julle land is ‘n wildernis, julle stede is met vuur verbrand, vreemdes verteer julle landerye in jul teenwoordigheid, en dit is ‘n wildernis soos by ‘n omkering deur vreemdes.
~ Jes. 1:7

Ontwaak, my volk! God se stawwende hand is oor ons omdat ons die verbond met Hom verbreek.

Ons doen ·

Al meer en meer van ons ontwaak. Ons moet ons mede antikommuniste in die res van die westerse wereld ook aanmoedig om te ontwaak.

Doempie ·

Jan dit was ñ georganiseerde aktiwiteit. Speel mooi games toe.

Lie ·

Nou kan ons mense wat hul Geskiedenis wil bewaar saamstaan en die VTM ondersteun komaan moenie net kommentaar lewer nie!!!

Danie ·

Om so stelling te maak is onnodig… toevallig is ons betrokke by die span. Die media se feite is so ver v verkeerd! Dit was n reuse kamp met 100 de mense en n georganiseerde aktiwiteit (nagmars) in n erkende omheinde natuurreservaat, met die nodige toegangsbeheer. Verkwalik jy steeds die ouers wat met n geruste hart hul kinders na so kamp gestuur het?

Ook n statistiek ·

Ek is maand gelede by Fonteinesirkel aageval, in my kar. Die polisie het erken hulle het n probleem. Almal in die omgewing weet daarvan. Die misdadigers bly in die bosse by sirkel en Monument.

Haibo ·

Hoekom doen die polisie nie DIENS by die fonteinesirkel nie . dit is al BAIE LANK ‘n probleem. Die Metrocops en Polisie wat by ander plekke onder bome sit kan net sowel daar diens doen. VISIBLE policing werk. Oral in Europese lande sien jy die polisie rondstap of op perde rondry .. selfs die bedelaars is versigtig vir hulle .. HIER is die POLISIE bang vir die bedelaars.

JAN ·

nou wonder ek wat gaan ons geagte minister van polisie doen , hy het mos gister aand op tv nuus n hele toespraak gemaak oor hou daar opgetree gaan word teen persone wat vrouens en kinders aanval .. of gaan hy die kleur kaart speel ….

Willemien ·

Ek was op die kamp en die bewering dat 4 kinders en een volwsassene net gaan stap het so laat in die nag is vals. Ons leer die kinders beslis beter as dit. Hulle was op ‘n beplande en uitgewerkte nagmars toe die voorval plaasgevind het. Dis is en bly hartseer dat ons nie eens meer veilig is – dag of nag – by een van die mooiste en bekendste landmerke in ons land nie

Johann ·

Mens kan nêrens meer gaan nie. Ons voorland is om in jou huis te bly en seker te maak jy het maksimum sekuriteit.

Ploegskaar ·

Ja wat soek hulle by die vrymesselaars tempel !?
Dis die vyand se grondgebied so don’t be so surprised.

Chris Groenewald ·

Was die straf vir gewapende roof in die ou bedeling – ek bedoel vóór de Klerk – nie strafbaar met die dood nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.