Voortrekkermonument: Beperkte getal besoekers vir Geloftedag

Die Voortrekkermonument in Pretoria. (Foto: VTM)

Hoewel duisende mense jaarliks na die Voortrekkermonument in Pretoria opruk vir Geloftedagvieringe, word net 250 mense vanjaar te midde van die Covid-19-pandemie in die monument by die Geloftediens toegelaat.

Kaartjies vir die diens is vooraf beskikbaar gestel, maar is reeds uitverkoop, het Geraldine Paulsen, woordvoerder van die VTM, gesê.

Daar is ook geen sitplek om die monument beskikbaar nie en gaste wat nie teen 08:30 hul plekke in die monument ingeneem het nie, sal hul sitplek verbeur. Dié sitplekke is slegs vir die wenners van die “Herbou die Monument”-kompetisie.

Ná die diens sal daar wel ʼn antieke en versamelaarsmark op die amfidak gehou word.

“Die veiligheid van ons besoekers en personeel is vir ons ʼn prioriteit. Besoekers se besonderhede sal geneem word en koors sal by aankoms by die toegangshek gemeet word. Maskers moet asseblief gedra word. Sanitasiemiddels is by alle toegangspunte beskikbaar,” het Paulsen gesê.

Die diens sal wel aanlyn uitgesaai word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Misky ·

Klomp snert en ek keelvol van die Covid storie en hoe hulle ons probeer inperk. Ons trots en waardes wat ons in ons harte saamdra, kan gelukkig nooit “gevat” word nie, anders het hulle seker lankal

Anel ·

Ek stem saam met jou. Maar gaan kyk hoe vier hulle fees! Ek is nie siek nie en ook nie vuil nie. As ek siek was het ek by die huis uis gebly. So hou op my koors te vat, want nie net die virus veroorsaak koors nie, en ek was nie meer my hande in die openbaar nie

Mariana ·

Dan moet mense op ander plekke bymekaar kom al is dit in kleiner groepies en vier steeds hierdie dag soos in die verlede. Moenie dat die “inperkings” veroorsaak dat sulke geleenthede verlore gaan nie.

JohanR ·

Het die Voortrekkers nie daar by Bloed Rivier stilgehou en gebraai nie? Ek dink daar was net 464 van hulle.

Miskruier ·

Nou is juis die tyd om nie die belofte te verbreek nie. Woon die.dienste.in kerke by.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.