Voortrekkers betuig meegevoel ná Mandela sterf

Nelson Mandela

Nelson Mandela

Die Voortrekkers het sy innige meegevoel Vrydag betuig met die Mandela-familie met oud-president Mandela se afsterwe.

“As ʼn Afrikanerjeugbeweging huldig Die Voortrekkers die wyse waarop oud-president Mandela sy hart oopgemaak het vir Suid-Afrika se kinders,” het Danie Langner, hoofleier van die Voortrekkers, gesê. “Hy sal onthou word vir die persoonlike warmte waarmee hy kinders behandel het.”

Die Voortrekkers het ʼn Mandela se woorde aangehaal: “Die karakter van ʼn nasie word gemeet aan die wyse hoe hy sy kinders behandel.” “Hierin het hy ‘n voorbeeld vir oud en jonk gestel. Suid-Afrikaners kan vir kinders ‘n beter toekoms skep deur voort te bou op waardes van omgee, deernis en positiewe betrokkenheid,” het Langner bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.