Voortvlugtende ‘polisiemoordenaar’ weer vas

Joshua Bomba Shongwane. Foto: Verskaf

Joshua Bomba Shongwane. Foto: Verskaf

Die voortvlugtende wat op 12 Oktober vir die tweede keer uit die aanhoudingselle van die Tembisa-landdroshof, tussen Pretoria en Johannesburg, ontsnap het nadat hy glo ʼn polisiekaptein doodgeskiet het, is weer in hegtenis geneem.

Lt. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het Dinsdag gesê Joshua Bomba Shongwane (30) is Maandag by sy skuilplek in Eersterust, in Pretoria in hegtenis geneem.

Die Valke het tydens Shongwane se inhegtenisneming beslag gelê op ʼn Audi A1 wat vroeër in KwaThema in Springs as gekaap aangemeld is.

Hy moet binnekort in die Tembisa-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, kaping, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, die besit van ʼn gekaapte voertuig en ontsnapping uit wettige aanhouding.

Maroela Media het op 12 Oktober berig dit was die tweede keer dat Shongwane uit aanhouding ontsnap. Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het destyds aan Maroela Media bevestig die voorval het omstreeks 09:00 by die hof gebeur.

Shongwane moes dié dag in die landdroshof verskyn vir strafregtelike verrigtinge in verband met ʼn reeks kapingsake in die provinsie. Hy was in ʼn aanhoudingsel toe hy op ʼn manier toegang tot ʼn vuurwapen verkry en dit op drie polisiebeamptes gerig het.

“Hy het die selle se sleutels afgeneem en die beamptes in ʼn kantoor toegesluit. Van daar is hy met ʼn stel trappe af, waar hy die kaptein doodgeskiet het voordat hy gevlug het,” het Dlamini gesê.

Die kaptein is in die onderlyf getref en is op die toneel dood. ʼn Ondersoek is van stapel gestuur om vas te stel hoe die gevangene die vuurwapen in die hande gekry het terwyl hy in die aanhoudingselle was. Die ondersoek duur steeds voort.

Shongwane is aanvanklik in hegtenis geneem in verband met nege kapings wat in 2009 in Tembisa, Rabie Ridge en Kagiso plaasgevind het. Hy het in 2015 ook uit ʼn hof se aanhoudingselle ontsnap en is later weer in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Theresa B ·

Eersterus en Mamelodi is die plekke van euwels en waar die rowers en moordenaars heerlik bly.

MM ·

Nee jong volgens Maroela Media is dit die Moot en nie Mamelodi nie, want Eersterus is naby Mamelodi en nie die Moot area nie.

lynette ·

Sit die keer voet boeie aan met ‘ball and chain’ sodat hy skaars kan loop.

Raymond Bastone ·

AiAiAi!!” Dit is n probleem kind sluit toe en gooi die sleutel weg

TM ·

Probeer dalk hand en voet boeie volgende keer. Gaan die polisie ooit leer.

Lee ·

Ek stem saam met jou TM. As hy al so baie ontsnap het, weet hulle mos hy is ‘n risiko. Kom SAPS sorg die keer dat hy nie wegkom nie.

bakoor ·

Dalk moet hulle sy voete agter sy kop vasmaak dan kan hulle hom rond rol waar ookal hy moet gaan

Scalla ·

Hoeveel keer nog, sy comrades help hom want hul is mos in beheer en kan nie besef hul is nie bevoeg nie, al dink hul so

Linda ·

Jajaja skiet n polisie man en tronk to sonder borg, is reg! Maaaaar. ……… skiet n polisie man sy vrou met sy dienspistool dood is hy uit op BORG !!! Hoe nou?????? skies pleit dom verstaan nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.