Voortvlugtende vas oor tieners se ontvoering, verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 36-jarige man van Gauteng verskyn Vrydag in die hof op aanklagte van verkragting en ontvoering.

Volgens Konst. Sibusiso Chauke, ʼn polisiewoordvoerder, is die verdagte Woensdag in Dube, Soweto, in hegtenis geneem. “Die man word daarvan verdink dat hy in 2010 ʼn 15-jarige meisie in White City, Soweto, verkrag het,” het Chauke gesê. “Hy word ook daarvan beskuldig dat hy in Januarie 2011 ʼn tienermeisie ontvoer en by ʼn huis aangehou het. Die meisie kon daarin slaag om deur ʼn oop venster te ontsnap.”

Die man word ook daarvan verdink dat hy in Julie 2011 ʼn vrou ontvoer het. Die vrou is vir die laaste keer op 20 Julie 2011 saam met die verdagte gesien. Sy word steeds vermis.

Die man is ná die voorvalle in hegtenis geneem, en is op borgtog vrygelaat. Sedert hy op borgtog vrygelaat is, het hy egter nie weer opgedaag vir sy hofverskynings nie en hy het die polisie bly ontduik. ʼn Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik, en hy is uiteindelik Woensdag weer aangekeer en in hegtenis geneem.

Hy sal na verwagting in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.