Voortvlugtige aangekeer wat glo polisiewapens gesteel het

Argieffoto

Argieffoto

Sibusiso Ngcobo (26) wat in Vaalbank in Gauteng uit polisieaanhouding ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.

“Hy is Vrydag in Soshanguve naby Pretoria in hegtenis geneem waar hy weggekruip het,” het die polisie Dinsdag in ʼn verklaring gesê.

Ngcobo en sy medebeskuldigde, Kleinbooi Mohafe (31), het op 12 Maart om 10:00 in die Mbibane-landdroshof verskyn op aanklag van gewapende roof. Die twee beskuldigdes se aansoek om borgtog is afgekeur en hulle moes dus teruggelei word na die aanhoudingselle. “Mohafe het, net voordat hulle die seldeur kon bereik, ʼn vuurwapen by ʼn adjudant-offisier gegryp en dit op die beampte gerig,” lui die verklaring. “Hulle het die polisiebeampte gyselaar gehou.”

Intussen het ʼn tweede polisiebeampte wat agtergebly het, onraad begin vermoed en besluit om ondersoek in te stel.

Mohafe het die vuurwapen ook op die tweede adjudant-offisier gerig en ook sy wapen by hom afgeneem. “Hy het glo Ngcobo aangesê om die twee beamptes te skiet, maar Ngcobo het geweier. Hy het vir Mohafe gesê hulle moet eerder ontsnap.”

Die twee mans het dieselfde twee vuurwapens gebruik om die mense af te skrik en het in die veld ontsnap.

Ngcobo is twee weke later weer in hegtenis geneem.

“Die polisie het beslag gelê op die twee gesteelde wapens en dit sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit tydens enige misdaad gebruik is.”

Die mans het Maandag in die Mbibane-landdroshof verskyn en bly in aanhouding tot 5 Mei wanneer hulle weer in die hof sal verskyn om te pleit en regsverteenwoordiging te bekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

So maklik. Moeilik om te glo. Seker onmenslik en teen die grondwet om hul so te boei dat hul skaars hul agterstewe kan roer oppad na die selle.

CHRISTA ·

Is dit so moeilik om uit te werk? Hulle moet dit ‘n standard prosedure maak om hulle hande AGTER hulle rug te boei en hulle VOETE moet ook geboei word!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.