Voortvlugtige Amerikaner in SA vas

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Amerikaanse voortvlugtige wat sedert 2009 op dié land se lys van mees gesoekte misdadigers is, is Woensdag in Suid-Afrika vasgetrek.

Lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê Nichole Michelle King (44) is die eerste keer in 2006 in die VSA in hegtenis geneem. Sy sou in Desember 2009 gevonnis geword op drie aanklagte wat met bedrog en geldverduistering by haar werkplek verband hou.

“Kort voor haar vonnisoplegging het sy egter uit die VSA na Suid-Afrika gevlug waar sy sedertdien die owerhede ontduik het. In Junie vanjaar het die VSA die uitleweringseenheid van Interpol versoek om King in hegtenis te neem en aan die land uit te lewer.”

Netshiunda het gesê King is Woensdag in haar huurhuis in Brakpan in hegtenis geneem en het reeds in die Brakpan-landdroshof verskyn.

Sy sal Donderdag weer in die hof verskyn en bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Karma ·

Ja-nee – karma, hy’s ‘n snaakse ding; kom terug en klap jou dwars dat jy tiekie-draai al in die rondte. SA is mos bekend vir sy misdaadvlakke, die polisie wat (soms) maar dig is, dossiere wat wegraak, sake wat van die hofrol geskrap word oor “shoddy” polisiewerk en onvoldoende getuienis ……….. Kyk maar vir Dewani wat sy vrou in SA kom vermoor het; hy’t geweet met genoeg geld om ‘n slu, slinkse advokaat te kry, sal hy wegkom! En hy het.

John ·

Hier’s nog baie van hulle in hierdie lielie-lekker-wegkruip-land ~ liefling van misdadigers.

Wat-ek-lees ·

Ai, sy moes seker tuis gevoel het hier tussen ons . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.