Voortvlugtige misdadiger in Cato Manor doodgeskiet

Argieffoto: SAPD / Facebook

Argieffoto: SAPD / Facebook

Die Durban-polisie se honde-eenheid in samewerking met die Valke het Dinsdag een van die provinsie se gevaarlikste misdadigers noodlottig gewond.

Kol. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder, het in ʼn verklaring gesê die polisie het omstreeks 11:00 ʼn spesiale soektog in Cato Manor uitgevoer om na die 25-jarige verdagte in die informele nedersetting te soek. Hulle het ʼn lasbrief vir sy inhegtenisname gehad.

“Die beamptes het die verdagte se skuilplek geïdentifiseer en daar ingestorm,” het Naicker gesê. “Die man was met ʼn 9 mm-pistool gewapen en het dadelik op die beamptes losgebrand. Die polisie het teruggeskiet en hom noodlottig gewond.”

Niemand anders is in die skietery gewond nie. Die polisie het beslag gelê op die verdagte se vuurwapen. Die vuurwapen se reeksnommer was afgevyl.

Die verdagte word gesoek weens verskeie transitorooftogte, moorde, besigheidsrooftogte en gevalle van poging tot moord.

“Die verdagte en medepligtiges het ʼn paar weke gelede ʼn vulstasie in Mayville beroof toe veiligheidswagte geldhouers daar gaan oplaai het. Skote is gevuur en veilligheidswagte is getref. In nog ʼn geval waarby die verdagte betrokke was, is ʼn veiligheidswag noodlottig gewond toe geldhouers by ʼn slaghuis in die Mandensi-winkelsentrum geroof is.”

Naicker het gesê die verdagte is ook deel van ʼn bende wat die lewe vir inwoners van die KwaMashu-hostel baie moeilik maak. Die man het glo in 2013 drie moorde by dié hostel gepleeg.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het gesê sy is verlig dat geen polisielede in die oor-en-weer-skietery beseer is nie. “Ek is teleurgesteld dat die boef die maklike manier uit gekies het en dat hy nie agter tralies, waar mense soos hy hoort, vir die res van sy miserabele lewe gaan wees nie,” het Ngobeni gesê.

Die vuurwapen is vir ballistiese toeste gestuur om te bepaal of dit met ander misdrywe verbind kan word. Die polisie is op die spoor van die medepligtiges.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

anet ·

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, ek stem nie saam met jou oor dat hy die maklike manier gekies het nie. Dit is goed om te hoor dat hy dood is, sou hy gevangenis toe gegaan het, was hy dalk al weer op straat (borg) en parool. Nee wat een misdadiger en moordenaar minder.

PIETER STAPELBERG ·

DIE AANVALLE OP DIE TIENERS IS SKRIKWEKKEND. WONDER WAT HET PRESIES GEBEUR.WAARHEEN IS ALLES OPPAD IN HIERDIE MOOI LAND VAN ONS.ELKE LIEWE DAG IS DIT NET NEGATIEWE DINGE WAT PLAAS VIND, MAG DIE HERE ONS GENADIG WEES OOR ALLES WAT GEBEUR IN SUID AFRIKA.

jakes ·

We’ll gedaan. Tog kon beamptes op toneel al die omstaanders en toeskouers ook sommer verifieer gou gou. Dalk nog gesoektes vind?

Theresa ·

Great! Een minder wat op die belastingbetaling se geld ry as hy tronk toe sou gegaan het.
Dit moet meer gedoen word.

ladybug ·

Ja, hy moes sy tyd gesit het, maar soos wat dit deesdae in die tronke gaan sou hy ‘n lekker lewe gehad het en nog misdaad van binne beplan het. Goed dat hy dood is! Wel gedaan SAPS!

jacques ·

Ok lyk my hulle wil nie my post post nie seker te kras,sal maar op ander manier probeer.
Shame arme man hy was seker maar net honger toe hy daai mense doodgemaak het.Hoe kan die poliesie so wreed wees om hom koelbloedig dood te skiet,kon hulle nie maar eers vir hom n brief gepos het om hom te vra om oor te gee nie.

dlia ·

Sy verdien de loon! Kriminele hoort ni tussen mense nie, net soos n wilde dier ni los gelaat sal word in die stede nie net so ook hoort kriminele ni tussen ordenlike mense ni. Haal hul uit want hul word net n staatslas!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.