Voortvlugtige ná 11 jaar aangekeer

Ulrich Cloete. Foto: SAPD

Ulrich Cloete. Foto: SAPD

Ulrich Cloete, ʼn 29-jarige man wat die Noord-Kaap-polisie vir 11 jaar ontduik het, is weer agter tralies.

Lt. Sergio Kock, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê Cloete is in Oktober 2004 in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord nadat hy glo ʼn man met ʼn mes gesteek het.

“Hy het kort daarna in die Upington-landdroshof verskyn en is op borgtog vrygelaat,” het Kock gesê. Cloete het nie weer daarna vir hofverrigtinge opgedaag nie en die landdros het ʼn lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik.

Die Rosedale-polisie het inligting oor die voortvlugtige ontvang en hom Dinsdagoggend om 11:00 by ʼn huis in Upington in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Woensdag in die dorp se landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hanti Cronje ·

Hulle moet eers die foon antwoord voordat enige iets kan gebeur En niemand antwoord die foon nie. So niks gebeur nie!!

Hennie ·

Lekker ou Kluite, nou is jy weer waar jy hoort. Hoop jy voel gou tuis!

Piet Pompies ·

Dit klink soos ‘n storie wat mens vir ‘n kind kan voorlees met die volgende karakters. Anngeklaagde: Ulrigh Cloete, Ondersoek beampte: Willie Cloete, Staatsaanklaer: Hennie Cloete, Regter vir die saak: Willem Cloete, Korrektiewe dienste: Anna Cloete

job jobson ·

Piet pompies jy klink nes i NAMAKWAKIE,want die CLOETES skop jy agter elke bos in die provinsie uit- Hulle is nie almal voort vlugtiges nie,ook net NAMAKWAKIES.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.