Voortvlugtige vier maande later aangekeer

Sbonelo Nkosingiphe Thwala

Sbonelo Nkosingiphe Thwala (27) wat op 5 Desember 2018 van die Johannesburgse hooggeregshof ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.

“Hy het ontsnap toe hy in die hof verskyn het op aanklag van ʼn moord in Jeppe, Johannesburg in April verlede jaar. Hy het ook tereg gestaan op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen,” het kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, gesê.

“ʼn Span speurders het onverpoosd gewerk om hom op te spoor ná sy ontsnapping. Beamptes het ʼn wenk ontvang oor waar hy hom moontlik bevind en is Donderdagoggend, 4 April, in die vroeë oggendure by sy wegkruipplek in Tsakane, Ekurhuleni, gevind. Tydens sy inhegtenisneming het hy twee ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in sy besit gehad.”

Thwala sal na verwagting Maandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van die ontsnapping uit aanhouding. Hy sal na verwagting ook binnekort weer in die hooggeregshof verskyn vir die oorspronklike aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

IK ·

Boeie is seker onmenslik? En waar kom die vuurwapens vandaan? Vriende van my sukkel om hul wapens se lisensies te hernu.

JK ·

As hul my hernuwing van lisensie gaan weier, gaan ek maak soos die kriminele en net vir my op die swartmark gaan kry.

Karolis ·

Baie goeie opvolgwerk gedoen. Baie geluk aan die betrokke beamptes.

Antoinette ·

ek hoop hy word in kettings gehou anders is hy weer weg

Naas Vermaak ·

Misdadigers behoort nie vir ontsnapping uit aanhouding aangekla te word nie – eerder die aankla wat so slapgat was dat hulle kon ontsnap.

ne ·

Wie het hom gehelp ontsnap? Hoekom nie boeie aan nie? Is die bewaarders net so slap soos sap?

willem Botha ·

Die probleem is die korrupte polisie jy kan wegkom met alles solank jy geld het en kan betaal

Laksman ·

Lyk of daar nou meer ongelisensieerde vuurwapens in omloop is as wettige vuurwapens, hierdie krimineel het dan twee by hom!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.