Voortvlugtige vinnig aangekeer

Thokozani Malinga (Foto: SAPD, Mpumalanga)

Die 23-jarige Thokozani Malinga, wat uit aanhouding by Ermelo-landdroshof ontsnap het, is aangekeer deur ʼn polisiebeampte, wat nie aan diens was nie.

Malinga is Woensdagoggend omstreeks 09:00 aangekeer deur ʼn konstabel wat hom opgemerk het toe hy uit sy skuilplek gekom het, het sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, gesê.

Maroela Media het vroeër berig Malinga het Maandagmiddag omstreeks 16:00 ontsnap net nadat die landdros die saak tot Dinsdag uitgestel het. Terwyl hy na die aanhoudingselle begelei is, het hy uit die hof gevlug, maar die hofordonnanse het hom tevergeefs agternagesit. Hy is aanvanklik in hegtenis geneem op aanklag van sakeroof wat verband hou met ʼn voorval in Maart in Ermelo.

“Hy staan nou ook tereg op ʼn bykomende aanklag van ontsnapping uit wettige aanhouding en sal na verwagting Donderdag weer in die Ermelo-landdroshof verskyn.”

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het die polisiebeampte geloof vir sy vinnige optrede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.