Voortvlugtige ‘vroueslaner’ in Vrystaat aangekeer

Maryna Janse van Rensburg het ’n fotosamestelling gemaak van drie van Lodie van Dyk se minstens vyf vermeende slagoffers. Haar suster, Marina Janse van Rensburg, is een van die vroue wat glo voor sy sjarme geswig het. Foto: Facebook

ʼn Vermeende vroueslaner van Odendaalsrus in die Vrystaat is op Bethlehem in die ooste van die provinsie in hegtenis geneem.

Die polisie het Lodie van Dyk (36) sedert Saterdag gesoek nadat sy vrou, Domonique Vergottini, ʼn klag van poging tot moord teen hom ingedien het. Hy het haar na bewering ernstig aangerand en haar glo met ʼn mes gesteek.

ʼn Facebook-groep, Support Marina, is langer as ʼn jaar gelede gestig om een van Van Dyk se vermeende slagoffers, Marina Janse van Rensburg, op haar herstelpad te ondersteun nadat hy haar glo in Julie 2017 met die knie en vuis geslaan en bosse hare uit haar kop gepluk het.

Van Dyk het einde Julie 2017 borgtog gekry en het op 1 September weer in Odendaalsrus se landdroskantoor op aanklagte van aanranding verskyn.

Volgens ʼn inskrywing op die Facebook-groep het Van Dyk beweer hy het Janse van Rensburg betrap dat sy met een van sy vriende flankeer. Hy het ook aangevoer hy het op haar afgekom waar sy dwelms gebruik en haar toe gejaag, waarna sy by ʼn trap afgeval en haar beseer het.

Van Dyk en Marina Janse van Rensburg was glo skaars twee maande saam toe hy haar ernstig aangerand het. Foto: Facebook

Nadat die Facebook-groep begin is, het Van Dyk in die sosiale media gekla hy het meer as 2 000 “dreigboodskappe” gekry. “Dit ontstel ʼn mens,” het hy geskryf. “Ek het geen lewe meer nie.”

Die regstelsel het my weer in die steek gelaat.

Die saak is sedertdien telkemale uitgestel. Die verhoor sou aanvanklik in April vanjaar begin het, maar dit het nie gerealiseer nie. “Die regstelsel het my weer in die steek gelaat,” het Janse van Rensburg op 10 April geskryf. “Hulle het my gebel om te sê die saak is uitgestel tot verdere kennisgewing.”

Terwyl Van Dyk die hele tyd op borgtog uit was, het hy blykbaar met Domonique Vergottini getrou en haar na bewering ook aangerand.

’n Ondersteuningsgroep is op Facebook vir Marina begin waar sy van haar herstelpad vertel en haar frustrasie om haar saak teen Van Dyk nou al langer as ’n jaar keer op keer uitgestel is. Foto: Facebook

Sy het vandeesmaand ʼn album op Facebook geskep met foto’s van hoe sy beseer is nadat Van Dyk haar na bewering aangerand het. Sy het ʼn klag van poging tot moord by Odendaalsrus se polisie aanhangig gemaak en mense gewaarsku haar man is gevaarlik. “Hy het gedreig om homself en my dood te maak.”

Ek hoop die regstelsel skrik nou wakker!

Donderdag in die vroeë oggendure het Support Marina op Facebook geskryf: “Uiteindelik is hy in hegtenis geneem. Die polisie het hom op Bethlehem opgespoor.” En enkele ure later: “Ek hoop die regstelsel skrik nou wakker!”

Kapt. Stephen Thakeng het bevestig dat Van Dyk Woensdag op Bethlehem in hegtenis geneem is.

Intussen het Janse van Rensburg se suster, Maryna Janse van Rensburg, Dinsdag ʼn saamgestelde foto van drie van Van Dyk se vier vermeende slagoffers geplaas. “Wil graag weet hoeveel nog?” het sy daarby geskryf.

Maryna het by navraag beweer Van Dyk het haar ook per geleentheid aangerand toe sy haar suster teen hom probeer beskerm het. Sy vertel Van Dyk was reeds minstens twee keer vantevore getroud en beweer hy het albei sy eksvroue ook aangerand. ʼn Vyfde vrou beweer hy het haar te lyf gegaan toe sy Domonique teen hom probeer beskerm het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Anoniem ·

Lyk my die “man” is ‘n serial vroueslaner…

Ek sien facebook praat van Lodie van Dyk. Wat is sy regte van? Of gebruik hy verskillende vanne?

Tania Heyns ·

Dagsê Anoniem

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning, sy van is van Dyk. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Pierre Wolmarans ·

Die vroue slaner sal nooit sy eie neem nie, want hy is te veel van n lafaard. Ook nie die naam ” man ” werd nie.

Irma ·

Sulke mense kry dit gewoonlik reg omdat hulle meesterlike manupileerders is.

Colleen ·

Presies en “childhood issues” kry altyd die skuld. Op sy ouderdom het hy mos genoeg verstand om te weet dit is verkeerd en net ‘n sleg laffaard slaan aan ‘n vrou. Hy is seker nog die tipe wat rondloop en spog hy sal nooit sy hande vir ‘n vrou lig nie.

Alki ·

As hy nou weer borg kry ……………die patetiese SA regstelsel!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Olly ·

Absoluut onaanvaarbaar… “seker ook maar ‘n produk van sy kinderlewe”! (So moeg vir daardie manier van dink.)” Sal mens juis nie doen wat aan jou gedoen is, of nie doen waaraan jy blootgestel is…? Ek weet van ander vroue bully’s waar die ma’s van sulke seuns/”mans” die dade regverdig. Gewoonlik is dit ‘n manier van dink wat al dekades in die familie kom. Baie swak.

Anoniem ·

Niemand sal weet wat n vrou deur maak as jy nie self deur dit was nie. Ek is deur dit en weet hoe dit voel my ex man het my aanhoudend so geslaan en ek het erger as dit gelyk en my amper dood versmoor ook voor my seuntjie. Sterkte en volle herstelling vir jou pop.

Anoniem ·

Ek ken dit is geslaan word sielkundig gebreek manupileerder en dan jan hulle omdraai en soveel leuens vertel dat bebse hulle glo het al aanrandong saak gemaak en het my kind gebruik om te jok in die hof soos hy onskuldig bevind en dan nog n sms stuur om te vra of ek hom in die tronk wil sien wat n vermetelgeid

Skool Vriendin ·

Ek en Lodie was van laerskool tot hoërskool saam.Hy was n atletiese mens gewees.Sy pa aan die ander kant het hom en sy broer vreeslik mishandel asook hulle ma.Die enigste kind wat nie onder sy pa sy vuiste beland het nie was hulle klein sussie.Tot van die onderwysers het afgetjop as dinge nie volgens Mnr Van Dyk se liking gegaan het nie.

So ja dit verbaas my glad nie dan Lodie op die ou einde soos sy pa begin raak het nie.Lyk ook soos sy pa

humor ·

Ek stel my voor om n swakkere weerlose vrou te slaan moet seker die aakligste gevoel wees, want dit is n baie vernederende gevoel van verloorder te wees.

Realis ·

@ Skool Vriendin – Tipies! Like Father like Son! Hierdie appel val verseker NIE vêr van die boom af nie! Sluit toe! Gooi die sleutel weg!

Elize ·

Ek hoop die grootste, wreedste ou in die tronk, maak hom sy vrou…

HK ·

Wat jy saai, sal jy maai…so hartseer…hoop nie hy het kinders nie…bose kringloop waaruit sommiges net nie kan uitstyg nie..of dit fisies, verbaal of narkotiese afhanklikheid is nie. Sterkte vir almal (dames en mans), wat hierdeur gaan. Twee ore en een mond, byt op daai tong, se ek ook nou weer vir myself. Praat liewer goed, opbouend, sag en vriendelik, dis waar ons moet begin, as dit dan nie werk nie, loop maar net weg…

F.Brits ·

Die vroulike spesie is baie keer onverstaanbaar,ek is die ander kant van 50 en het van jongs af gewonder hoekom sommige meisies en later vroue sulke mans onweerstaanbaar vind,ek sweer daar sal n vrou wees wat sy borg wil betaal.

Ramkat ·

Lyk of die ou bodybuilder is. Spuit seker steroids dan hak die koppie uit. Bere hom vir altyd.

Philip ·

Pos hom tronk toe so gou moontlik. Hy is siek en ‘n lafaard.

PJC ·

Het die vrou nie ń manlike familielid wat bereid is om haar teen hierdie ou te verdedig nie. Ek weet van so ń geval waar die man sy vrou fisies erg aangerand het. Haar broers het toe hierdie ou ń helse pak gegee en dit was die einde van die probleem. Sulke ouens is net manhaftig solank die opponent ń weerlose vrou is.

Dina ·

‘n Tipiese bewys van geweld kweek geweld. Hy is die slagoffer van n boeliepa wat die voorbeeld aan hom gestel het. Baie hartseer. Mors iemand se lewe op en hulle mors weer ander se lewe op.

Iemand ·

Sy vrou (Dominique) het hom dan bygestaan en ondersteun met die Marina Janse van Rensburg saak. Sy kon mos vir haarself gedink het sy moet wegbly! Eweskielik sing sy nou ‘n ander deuntjie. Ek voel jammer vir haar want geen vrou verdien dit nie. Maar dis so goed soos “self inflicted” Dit was op die voorblad van koerante dit was volop op FB en die eenigste braafste Marina wat opgestaan het, het ‘n “Support Marina” FB blad begin en as hy meer as 2000 doodsdreigemente gekry het moes die boodskap redelik wyd verspreid gewees het. Sterkte met jou herstel proses Dominique!

Suzette Geringer ·

‘n Man sal nie sy hand vir my lig nie. Dit sal sy laaste wees – hy sal jammer wees, dis verseker. Wanneer hy bykom sal hy wens hy was nooit gebore.

Gelukkig ·

Ek is so gelukkig dat my man van 9jaar nog nooit sy hand vir my gelig het nie! Ekt in so huis groot geword waar my pa my ma geklap het dat sy val en toe skop hy haar aanhoudend tot by die voordeur uit! Daar het ek besluit in my hele lewe sal ek nooit so staan dat n man my slaan nie! My man het ook van dag 1 af geweet, en sal dit nooit probeer nie! Hy sal beslis 2de kom as hy wel doen, my kop sal te warm word??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.