Twee persone, wat uit die polisie in Machadodorp in Mpumalanga se aanhoudingselle ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Themba Andries Nkosi (21) en Sibusiso Lusenga (25) is in hegtenis geneem vir diefstal, ontvoering en aanranding voor hulle verlede week Donderdag uit die selle ontsnap het, het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê.
“Die twee mans is Saterdagaand weer in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het oor waar die twee hulself bevind,” het hy bygevoeg. Die inligting het die polisie na ʼn plaas, ongeveer 30 km buite Machadodorp, gelei.
“Polisiebeamptes is ontplooi en het vinnig reageer. Die twee mans het geslaap toe die beamptes toegeslaan het.” Die twee mans het glo na die plaas toe gekom om werk te soek. Hulle het kos gekry en ʼn plek om te slaap.
“Hulle is weer in aanhouding en die polisie het ook beslag gelê op ʼn gesteelde vuurwapen,” het Hlathi gesê.
Die ondersoek oor die ontsnapping duur voort.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Gee die boere vir voortvlugtige geweldsmisdadigers kos en slaapplek en wonder dan sowaar nog hoekom hulle uitgemoor word? Kan mrns so naïef wees. Wie het vir hulle kos en slaapplek gegee op die plaas?
Nou vra ons hoe kry hulle dit reg
Maak hul sing soos n kanarie, hoe het hul reggekry om te ontsnap, wat was die omstandighede ens, dalk laksheid aan gereg se kant, daar Jan nou mos opgetree word of is dit dalk te veel werk
Amper nog ‘n plaasaanval.
Genade hulle lyk so onskuldig en half pateties op die foto …en dis die probleem moet ASB niemand vertrou nie !