Voortvlugtiges op Mpuma-plaas aangekeer

Themba Andries Nkosi (21) en Sibusiso Lusenga (25) (Foto: SAPD, Mpumalanga)

Twee persone, wat uit die polisie in Machadodorp in Mpumalanga se aanhoudingselle ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.

Themba Andries Nkosi (21) en Sibusiso Lusenga (25) is in hegtenis geneem vir diefstal, ontvoering en aanranding voor hulle verlede week Donderdag uit die selle ontsnap het, het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die twee mans is Saterdagaand weer in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het oor waar die twee hulself bevind,” het hy bygevoeg. Die inligting het die polisie na ʼn plaas, ongeveer 30 km buite Machadodorp, gelei.

“Polisiebeamptes is ontplooi en het vinnig reageer. Die twee mans het geslaap toe die beamptes toegeslaan het.” Die twee mans het glo na die plaas toe gekom om werk te soek. Hulle het kos gekry en ʼn plek om te slaap.

“Hulle is weer in aanhouding en die polisie het ook beslag gelê op ʼn gesteelde vuurwapen,” het Hlathi gesê.

Die ondersoek oor die ontsnapping duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Een vraag ·

Gee die boere vir voortvlugtige geweldsmisdadigers kos en slaapplek en wonder dan sowaar nog hoekom hulle uitgemoor word? Kan mrns so naïef wees. Wie het vir hulle kos en slaapplek gegee op die plaas?

Een antwoord ·

Dink jy daar staan voortvlugtige op die manne se voorkop? hulle kan hulle baie goed en onskuldig voordoen. Moontlik het die boer die polisie laat weet om te kom ondersoek instel, hoe anders is hulle so gou daar uitgesnuffel.

Een vraag ·

Deon en Een antwoord, dit was die “vriendelike boer” wat vir hulke werk, kos en slaapolek gegee het! Sien artikel in Huisgenoot. Daar het julle dit nou.

Scalla ·

Maak hul sing soos n kanarie, hoe het hul reggekry om te ontsnap, wat was die omstandighede ens, dalk laksheid aan gereg se kant, daar Jan nou mos opgetree word of is dit dalk te veel werk

Johanna Botha ·

Genade hulle lyk so onskuldig en half pateties op die foto …en dis die probleem moet ASB niemand vertrou nie !

Ramkat ·

By enige polisie ondersoek na n ontsnapping moet eerstens hand in eie boesem gesteek word.
Korrupte spul op stasie vlak. !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.