Voorval by hoogste hof kan nie ligtelik opgeneem word – Zondo

Een van die vensters by die Konstitusionele Hof wat stukkend geslaan is. (Foto: Twitter)

Waarnemende hoofregter Raymond Zondo sê die voorval waartydens ʼn man vandeesweek die vensters van die Konstitusionele Hof in Johannesburg met ʼn hamer getakel het, kan nie ligtelik opgeneem word nie.

ʼn 36-jarige man is Woensdag reeds in hegtenis geneem nadat hy glo die vensters van die land se hoogste hof begin uitslaan het in wat die minister van justisie as ʼn aanval op die demokrasie bestempel het.

Zondo sê die voorval by die hof volg op verskeie ander “ongekende aanvalle” op ander belangrike staatsinstellings. Dit sluit in onlangse dreigemente wat gemaak is dat skade aan sommige van die land se hoër howe aangerig gaan word.

Die parlement het Sondag boonop in ligte laaie gestaan en groot skade is in dié reusebrand aan die kompleks in Kaapstad aangerig.

“Die aanvalle en dreigemente wil die verwoesting van hierdie belangrike instellings, waarop mense staatmaak om hul grondwetlike regte te beskerm, bewerkstellig,” sê Zondo.

Zondo sê hy is tevrede met ʼn verslag dat veiligheidsbeamptes en die polisie ʼn verdagte vinnig kon aankeer en verdere skade aan die gebou voorkom. Zondo sê ook die voorval moet in ʼn baie ernstige lig beskou word en hy het ʼn beroep op wetstoepassingsowerhede gedoen om proaktiewe maatreëls in te stel om soortgelyke aanvalle in die toekoms te fnuik.

Die regbank het ook ʼn beroep op alle betrokke staatsdepartemente en rolspelers gedoen om te verseker dat ʼn bepaling van gevare by howe en ander belangrike bates gedoen word.

“Dit is belangrik om te noem dat die voorval nie op enige manier ʼn uitwerking het op regters en ander hofpersoneel se vermoë om hul werk te doen nie. Weens die voorval is die veiligheid van die regbank, ondersteuningspersoneel en algemene hofgebruikers, egter steeds in die gedrang en vereis dit dringende ingryping,” lui ʼn verklaring van die hoofregter se kantoor.

Herstelwerk aan die gebou het reeds begin.

“Daar word vertrou dat wetstoepassingsowerhede se ondersoek die motief vir die voorval sal blootlê.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Di ·

Terrorisme! Daar is verskeker ‘n “groep” wat agter hierdie vandalisme sit om hierdie land heentemal te verwoes en onregeerbaar wil maak. Begin soek by die wat die dreigemente gemaak het. Waar daar n rokie is, is daar n vuurtjie. Hierdie dinge het al begin met die al die plase en ander plekke wat aan die brand gesteek is. Lyk of die aandag nou op die Wes-Kaap gerig is

Johan ·

Die regering is die terroriste, ons is die onderdane en word gemelk vir alles wat ons werd is. As julle dink daar is nog iets wat kan vergaan maak jul n fout. Oorlog gebiede soos Syria het minder moorde as in SA, die enigste vryheid wat ons het is dit wat ons vir onself skep lynreg teen wat die regering op ons probeer afdwing.

Vonkprop ·

Eers die looting en nou kom geboue verby, wat is volgende, grootskaalse moordtog? Iemand of persone is nie baie gelukkig met die ANC se swak vertoning nie en hulle wil ook nie hê die ander partye moet goed lyk nie, so hierdie word gedoen om te kan sê kyk wat gebeur terwyl ander partye regeer in munisipaliteite. Hier skuil ‘n langtermyn plan agter al hierdie dade en soos gewoonlik slaap Cyril en Bheki oop oë deur alles.

Kokerboom ·

Solank die belhamels vryelik rondloop sal die terrorisme plaasvind. Die land se regstelsel kan hom net self blameer

Pablo ·

Maak Zondo Hoofregter en die volgende President van die land. Hy het homself bewys as n kranige leier met n besondere intellek.

Jacobus ·

So lyk dit as die Ramaphosa en Zuma faksie aanmekaar spring. Hierdie is nog net die begin en die belastingbetalende Suidafrikaner op straat ly daaronder.

annie ·

Volgens Cyril is daar geen aanval op die staat nie maar staatsbates/-erfenis word vernietig wat die ekonomie erg benadeel; ons inkomste. Indien mense skade aanrig/aanmoedig maar niks word daaraan gedoen nie, wat sê dit? Dit wil ook blyk of die skade aan die parlement ‘positief’ ervaar word as sou dit geleentheid bied vir nuwe infrastruktuur nader aan Afrika-ANC-kaders se hart met werkskepping vir nepotiste met een hand in geldlaai. En so boer ons vuur en vlam agteruit volgens die ANC se handves vir onberegtiging en chaos. Nog ‘n partyfees of ‘n rojale begrafnis en almal is happy en tjoepstil.

Johan ·

Lekker lag ek nou vir die stelling dat die regering “belangrike instellings het”…hahaha, dis net nog strukture wat ons geld uitmors. Watter staats ligaam werk nog, alles is n “doen dit self of gaan daarsonder”.

Willem ·

Die Landdroshof in Belville het ook die afgelope week gebrand.

Waarnemer ·

Die begin van die einde,Cyril teen Jacob….en wie verloor aan die einde vd dag….die belasting betaler.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.