Voorval veroordeel toe ‘dronkbestuurder’ vermoor word

Argieffoto

Mxolisi Kaunda, KwaZulu-Natal se LUR vir gemeenskapsveiligheid, het ʼn voorval buite Pietermaritzburg veroordeel waar ʼn vermeende dronkbestuurder deur ʼn woedende skare doodgemaak is nadat die bakkie in ʼn groep voetgangers ingeploeg het.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het Vrydagaand in Kwashange gebeur toe die bakkie deur die groep voetgangers geploeg het. Vyf voetgangers is op slag dood en ʼn sesde voetganger het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. “Onmiddellik ná die voorval het gemeenskapslede die bakkiebestuurder aangeval en hom doodgesteek,” het Kaunda gesê.

“Die polisie ondersoek tans verskeie sake van strafbare manslag en een saak van moord.”

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het vroeër gesê paramedici het net na 20:00 by die toneel aangekom. Volgens Vermaak is nog sewe mense op die toneel vir matige tot ernstige beserings behandel voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is.

Kaunda het gesê hy het al die betrokke partye opdrag gegee om die ondersoek na die dodelike voorval te bespoedig. Dié tragiese voorval het gekom enkele ure nadat Kaunda op nog ʼn toneel was waar 14 mense in ʼn botsing op die R33 in Msinga gesterf het.

Kaunda het ʼn beroep op wetstoepassers gedoen om strenger op te tree teen motoriste wat verkeersreëls verontagsaam. “Die omstandighede van die noodlottige voorval buite Pietermaritzburg is baie kommerwekkend. Die feit dat voetgangers raakgekry is deur iemand wat na bewering dronk was, laat ʼn verwoestende pyn agter,” het Kaunda gesê.

“Hoewel ons die publiek aanmoedig om hul samewerking aan die polisie te gee deur motoriste wat die padgebruikreëls oortree aan te meld, veroordeel ons terselfdertyd die groepsaanval op die bakkiebestuurder. Onverantwoordelike bestuurders moet aan die wetstoepassingsagentskappe oorhandig word. Ons veroordeel die onnodige verlies van onskuldige lewens op ons paaie en ons betuig ons innige medelye met al die families wat geliefdes in hierdie Paastydperk verloor het.”

Kaunda het weereens ʼn beroep op padgebruikers gedoen om verkeersreëls te gehoorsaam en gehoor te gee aan padtekens. “Die onlangse vlaag padongelukke in hierdie provinsie is onaanvaarbaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Geen verskoning ·

Moord bly moord en hierdie mense is skuldig aan moord. Die reg moes sy pad neem en die Bestuurder vervolg en straf vir sy roekeloosheid en oortreding. Die omstanders wat hom vermoor het bly steeds moordenaars in eie reg wat vervolg moet word. Geen “normale” mens sal iemand kan dood maak nie – hulle is geweldenaars wat ook uit die samelewing verwyder moet word. Moord bly moord.

Oop oge ·

…enige persoon onder die invloed van sterk drank (besope) agter die stuur, is ‘n potensieele moordenaar.

Omdat hy WEET wat sy toestand is waneer hy agter die stuur inklim, loop sy besope bestuursvermoë die risiko om iemand se dood op die pad te veroorsaak.

Die feit dat ‘n oogetuie die ou gedood het is inderdaad verkeerd, maar wie is nou eintlik die “moordenaar” per definisie, aangesien die buitestaander uit “dronkheid” van woede opgetree het met 6 mense (lyke) om hom, waarvan een dalk sy beste vriend of familie is ….

Dronkbestuurders hoort nie op die pad nie …Punt en hulle straf moet gelyk wees aan moordenaars….minus ‘n liksens….

Regter speel ·

En op watter forensiese/mediese toetse se uitslae was die omstanders se “bevinding” gegrond? Dit was n regter se werk wat al die getuienis tot sy beskikking sou hê om n vonnis op te lê. Nee wat, daardie omstanders is inherent wreedaardig en ook in staat tot geweld/moord. Moor op instink. Die bestuurder is nou dood (skuldig of onskuldig), die moordenaar-omstanders moet ook nou boet vir moord en uit die samelewing verwyder word. Daar is geen regverdiging vir hulle nie.

Pieter ·

Dit is wat gebeur as die gewone man op straat sien die polisie het verval en die staat faal hom in sy basiese menseregte om geregtig te wees op veiligheid en n wetsgehoorsame samelewing

Piet Pompies ·

Stem saam, hierdie is net ‘n praktiese voorbeeld van hou ons burgers voel watse straf ‘n dronkbestuurder wat mense doodry verdien.

Gerrit ·

Mense is nie bang om die wet te oortree nie , hoekom?? want wetstoepassing doen nie hulle werk nie nou word gepraat van die dronk bestuurder wat van die onskuldige voetganger die bybel sê n oog vir n oog en dit is wat hier gebeur het.

Dirk Buys ·

Wat se soort nuus is dit? Hier by ons is ‘n vrou met ‘n hamer doodgeslaan deur haar tuinier, julle is die enigste nuusblad wat nie daaroor berig nie. Hierdie nuus wat julle plaas is in die meeste gevalle nie relevant vir ons nie.

Kerkhof ·

In die kar nog ‘n sopie;
In die kerkhof nog ‘n hopie . . .

Gemaskerde Sopbeen ·

Vir almal wat so onophoudelik skree “bring terug die doodstraf”?….daar het julle dit!! Ek hoop nie jy is volgende nie………….maar nou ja, is dit is waarvoor jy vra kan jy seker nie in opstand kom as jy dit kry nie?

Sê maar net ·

Hier is weereens ‘n bewys dat die mense doodstraf verwelkom.

swannaj ·

Nou ja. Dan moet Kaunda begin om die Taxi bedryf ook aan te vat want daar is een van die grootste moordenaars op ons paaie en wets oortreerders. Maar nou ja ons ken nou al die storie. Hy moes iets se oor die moord op die dronk bestuurder. Jungle justice noem hulle dit.

Wilma ·

Die mense het maar net gedoen omdat SA wette net op papier geskryf is.

marous ·

Wat verstaan die wets toepassers nie van die mense is keelvol vir die onvermoee en laksheid om voorkomend op te tree nie?

Chris Ws ·

Feitlik GEEN wetstoepassing op ons paaie nie moet die skuld kry.Ry maar van Zeerust tot in Komatiepoort en tel die spoedlokvalle en ander verkeerswet toepassings aksies en jy gaan nog 5 of meer vingers oor he.Daar is bitter min wetstoepasers.

Wild West ·

Ai. Ek kan verstaan emosies en woede loop hoog. Bereik kookpunt…
Dronbestuurder is moordenaar, maar ooggetuies nou ook niks minder nie. Moordenaars.

Robert ·

Onthou net, Dawid het klippies gaan optel om van Goliat ontslae te raak, toe Jesus die tempel gereinig het, het hy almal uitgejaag en die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers omgegooi. Toe die Voortrekkers by Bloedrivier die gelofte afgelê het, het hulle begin skiet om hulself te beskerm. Daar is ‘n paar werkwoorde…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.