Vosman-kinders: Albino-meisie ‘vir moetie geslag’

Gabisile Shabane. Foto: Verskaf

Die Witbank-landdroshof het Woensdag gehoor Gabisile Shabane, die 13-jarige albino-meisie van Mpumalanga wat op 28 Januarie saam met ʼn babaseun by ʼn huis buite Witbank ontvoer is, is glo gedwing om dagga te rook en ʼn konkoksie te drink voor sy vermoor is.

Dit het aan die lig gekom tydens die borgtogaansoeke van Thokozani Msibi, ʼn tradisionele geneser, se twee medebeskuldigdes, Themba Thubane en Knowledge Mhlanga. Hulle staan tereg op aanklagte wat verband hou met die ontvoering en moord op Gabisile en die 15 maande oue Nkosikhona Ngwenya.

Msibi se borgtogaansoek is reeds op 6 Maart van die hand gewys.

ʼn Ander beskuldigde in die saak, Mthobisi Brilliant Mkhize, het gesê hy gaan om “veiligheidsredes” nie om borgtog aansoek doen nie.

“Beskuldigde 1 [Msibi] het remvloeistof met bier gemeng en Gabisile gedwing om dit te drink. Sy is ook gedwing om dagga saam met Beskuldigde 2 [Mkhize] te rook,” het staatsaanklaer Fanie Mavundla uit ʼn beëdigde verklaring voorgelees.

Mavundla het gesê dié verklaring is deur die ondersoekbeampte, kol. Ngina Masombuka, van ʼn staatsgetuie, Thulani Thobela, verkry.

Mavundla het gesê Gabisile se onthoofde en geskende liggaam is middel Februarie in ʼn vlak graf buite Cullinan, oos van Pretoria, gevind en sommige liggaamsdele was vermis.

“Die vermiste liggaamsdele was die arms, hart, longe, geslagsdeel, baarmoeder, eierstokke, al die organe in die buik en die blaas. Die kop, een arm en ʼn gedeelte van die geslagsdeel is later by die huis van [Msibi] gevind,” het Mavundla gesê.

Volgens Mavundla is Gabisile vermoor sodat Msibi haar liggaamsdele kon gebruik om moetie vir Thubane en Mhlanga te maak om hul sakeonderneming, ʼn private kollege, te laat floreer. Mkhize wou glo deur dieselfde moetie verryk word.

Mzamo Sibisi, Thubane en Mhlanga se regsverteenwoordiger, het die verklaring betwis en aangevoer dat dit ongrondwetlik en met geweld verkry is.

Landdros Darleen Venter het die saak tot Donderdag uitgestel vir uitspraak.

Maroela Media het vroeër berig Gabisile en Nkosikhona is op 28 Januarie in die vroeë oggendure by ʼn huis in Vosman buite Witbank ontvoer waar ʼn 50-jarige vrou saam met haar kinders en kleinkinders woon.

Drie verdagtes het toegang tot die huis verkry deur die sit-en-eetkamer se venster te breek. Die vrou en haar 18-jarige dogter het die geraas gehoor en gaan ondersoek instel, waarna ʼn vuurwapen op hulle gerig is. Hulle is dadelik beveel om stil te bly.

Die verdagtes het toe vir Gabisile en Nkosikhona uit verskillende kamers gegryp en in die donker op die vlug geslaan en verdwyn.  ʼn Soektog is daarna na die kinders en die verdagtes van stapel gestuur. Hul lyke is in Februarie gevind wat later in dieselfde maand tot die vier beskuldigdes se inhegtenisneming gelei het.

Lindiwe Ntshalintshali, Witbank se burgemeester, het kort ná die kinders se ontvoering gesê Nkosikhona is glo verkeerdelik geteiken. “Gabisile het albinisme gehad en die vermoede bestaan dat die ontvoerders Nkosikhona verwar het met ʼn ander baba van dieselfde familie wat ook albinisme het,” het Ntshalintshali destyds gesê.

Lees die vorige berigte oor die Vosman-kinders op Maroela Media.

Nkosikhona Ngwenya. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Cherokee ·

AfriForum en VF is besig om die boere se probleem in Suid Afrika, aan die Peter Duttons van verskillende lande bekend te maak. Hopelik verskaf hulle ok diè tipe nuus sodat geweet kan word wat aangaan in Suid Afrika.

Theresa ·

Dis absoluut nodig dat dit gedoen word. Bietjie perspektief hoe wyd dit strek.

Denise ·

Gruwelik skokkend hoe kan iemand dit aan onskuldige kinders doen ?????

AMANDA ·

EK WEET NIE WANEER HULE OOIT SAL LEER DAT MOEITE NIE JOU PROBLEME GAAN OPLOS NIE EN NOG MINDER RYKDOM GEE NIE,EK IS SKOON NAAR……DIS OMTRENT OM VAN SIEK TE WEES…….JMR KIND MAG JY NET IN VREDE RUS,MAAR EK GLO WANEER JY VERMOOR WRD,MAAK NIE SAAK KLEUR OF RAS NI JOU SIEL RUS NIE…

Jacques ·

Ek wonder of Mev Sizulu nogsteeds dink die mense is wetsgehoorsame mense ? Ek wonder ook of sy die berig sal lees ?

Pieter ·

Dan is ons naif genoeg om te dink ons wit kinders is veilig in hierdie land.

Hier is mense wat absoluut siek is in hulle koppe. Nie eers diere doen sulke dade

Mich ·

O liewe Here, asseblief, red ons almal (bruin/swart en wit), van dit wat oorgebly het van ons SA, ons eens reënboognasie.
Gabisile en Nkosikhona ,mag julle siele in vrede rus. Dit is te verskriklik om daaraan te dink,hoe kan iemand sulke wrede dade uitdink?
Hoe kan iemand so iets tot uitvoering bring?
Het Suid-Afrika nou verander van SA (tans)land? Satansland?
Ons Suid-Afrikaners moet ALMAL saamstaan,
ongeag taal-,kleur-, en kultuurverskille.

Oom Kalahari ·

@Amanda, dit is ‘n oer oue geloof wat nie maklik sal of gaan verdwyn nie ongeag hoe ons dit probeer verander met inligting. Dit is hartseer dat 2 jong kinders met hul lewe moes boet en mag geregtigheid seevier. Alle sterkte aan die Ouer/s met hul groot verlies en die hartseer en trauma wat hul moet verwerk. Bid vir jul alle seeninge toe.

Hein ·

Skoon siek soos ek hier sit en lees. Een ding is seker, solank die massas aanhou in hierdie twak bly glo gaan ons NÊRENS kom en hierdie dinge eenvoudig weer gebeur. Ek stem, stuur hierdie nuus ook aan die buiteland. Hopelik eendag, kan een van daardie lande op ‘n manier ingryp en help…

Rus sag liewe kind.

Charmaine ·

Dus so onmenslik,mag die Here saam met die familie wees.Weereens almal van ons maak nie saak watter kleur is daagliks n teiken om vermoor te word.

Penellope Jones ·

“Almal” moet “land” kry, “almal” moet gratis studeer en wie weet nog wat alles, maar wanneer gaan die owerhede daadwerklik probeer om hul gedagtegang te verander rakende lewe en mens, dat ons leef in ‘n moderne eeu??

Verseker het hierdie misdadigers ook al kennis geneem en kennis gemaak met die moderne lewe op allerhande ander maniere, hoekom nie ook met menselewens nie, dat ‘n lewe betekenis het nie?

Ons is in 2018 nie in 2018 BC nie

Krimpie ·

Haai Trevor Noah, wat van jy maak grappe hieroor met jou gevolg?

Al ·

Sal ek ook graag wil weet. Sal hy die guts het om die donker prentjie aan die wêreld te vertel?
Nee wat hy ‘cash’ nou lekker in met ‘Born a crime’ boek wat hy geskryf het. Hy was nog n bogkind toe apartheid beïndig wad

Hennie ·

Dis oor sulke dinge dat SA nooit vorentoe sal beweeg nie, glo in allerhande geeste en sulke tipe nonsens.

Aaklig ·

Dit is verskriklik . die arme meisie en haar babasussie het nie verdien om te sterf nie .. Wat se bygelowe en moetie goed is dit? Ek gee nie om as jy aan twak glo nie maar moenie ander mense daardeur laat beinvloed of doodmaak daarvoor nie. As jy afrika aartappel, of beet wil eet vir AIDS, doen dit . los net die arme ONSKULDIGE kinders uit .. dit is flippen WREED EN HARTELOOS .mag hulle liggaampies in vrede rus . dit was heeltemal onnodig .en die mense wat dit gedoen het moet die doodstraf kry . daar is GEEN tronkstraf goed genoeg vir die moord op ‘n onskuldige kind nie …

HPV ·

Uiters barbaarse, primitiewe en agterlike handelinge in die jaar 2018! Ongelooflik dat sulke bygelowe steeds bestaan. Dit is sulke dae dat ek my voorouers haat dat hulle ooit hierheen gekom het, ‘n agterlike, droewige kontinent van bloed en ewigdurende burgeroorloë. Mens begin besef dit sal altyd so wees, dit sal nooit verander nie, nie eers in ‘n ewigheid nie!

Verstaan nie ·

Dis nou mense…wat onderrig en opleiding dmv n privaat kollege wil bied, wat sulke dinge doen. Nou ja…hulle sal seker verdere opleiding in die tronk ontvang.
Ek verstaan ook nie hoe mens so iets uitvoer nie.

Lana ·

Verstaan nie, ek het self gewonder oor die storie van die “privaat kollege”. Leer seker die dom mense verdere nonsens oor moetie.

Andrea ·

Die arme, arme kinders. Ek hoop die konkoksie en dagga het hul bedwelm, want die organe word eers verwyder, en dan gaan die slagoffer dood/word uiteindelik doodgemaak. Dis n verskriklike wrede dood.

Spike ·

Primetiewe afrika. Mag nie afrika met ñ hoofletter spel nie, so agterlik is die plek.

E.K. die eerste ·

Arme, arme mense… Albino’s het hel oral in Afrika en dis verskriklik wat aan hulle gedoen word. Ek het nie woorde om te beskryf hoe ek voel en dat my lelike gedagtes oor wat ek aan die moordenaars wil doen net asb mag wyk….

E.K. die eerste ·

Daai kollege moet ook sommer nou toegemaak word!!

Mich ·

Ek dink dit is tyd dat ons Maroela-Lesers saamstaam en ‘n Forum of aksie begin vir Albino’s se regte.
Soos ” E.K. die eerste “, genoem het op MM, daar is nie woorde om dit te beskryf nie. Almal is gewalg deur die verskriklike dade wat gepleeg is teen daai twee kinders. Daai kiddies is iemand se kinders !
Iemand se Ma en/of Pa is in verskriklike pyn vanaand oor daai twee kiddies. Almal se bloed is rooi,Maroela-lesers. Kan jy jou daai pyn indink waardeur die ouers en familielede moet gaan?

CHRISTA ·

My pa se voorman was ‘n Zoeloe en sy vrou was ‘n sangoma. Sy het NOOIT NOOIT eers enige dele van DIERE vir haar medisyne gebruik nie, NET wilde plante wat sy elke dag in die veld gaan pluk het!! En dis meer as 45 jaar gelede!! Ek weet nie waar die hedendaagse sangomas vandaan kom nie!!!

Colleen ·

Dit was mos nou baie onnodig. Borgtog moet nie eers oorweeg word nie. Om onskuldige kinders so wreed te vermoor en wie in sy regte verstand gee iemand remvloeistof om te drink!

Johan Jooste ·

En die ander engelse nuusblaaie is stil? Sowetan, EWN, Citizen, Daily Sun?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.