Vra vir seks, sê landdros

court-hammer_thumbʼn Landdros van Mpumalanga het Woensdag aan ʼn verkragtingbeskuldigde gesê hy moes ʼn volwassene vir seks gevra het eerder as om homself op ʼn minderjarige af te dwing.

“Respekteer vrouens en vra asseblief vir seks,” het senior landdros Sam Nkuna aan Freddie Fanie Ndlovu (23) gesê tydens Ndlovu se verskyning in die Tonga-landdroshof.

Ndlovu, wat glo geestesongesteld is, het hom vererg en vir Nkuna gesê om op te hou om die spot met hom te dryf. “Ek is siek en sat vir julle mense in die hof wat die spot met my dryf en sê ek is geestesongesteld. Ek is nie kwaad nie. Ek sal dit nie duld nie,” het Ndlovu gesê.

Nkuna het Ndlovu egter weer na Weskoppies Psigiatriese Hospitaal in Pretoria verwys vir verdere sielkundige waarneming. “Asseblief edelagbare, ek het reeds my verklaring verander en ek het skuldig gepleit,” het Ndlovu gesê. “Ek is siek en sat daarvoor dat jy my altyd na Weskoppies wil stuur. ʼn Lewe in aanhouding is ondraaglik. Ek wil huis toe gaan.”

Nkuna het gelas dat Ndlovu tot 12 November in aanhouding moet bly wanneer die uitslag van sy vorige sielkundige waarneming aan die hof voorgelê sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Cornelius du Rand ·

Ek hoop nie die landdros doen die verhoor nie. As die feite korrek weergegee is in die media het die landdros reeds ‘n feitebevinding gemaak sonder om getuienis aan te hoor of te toets. Enige redelike mens kan aflei, uit die stelling van die landdros aan die beskuldigde dat hy eerder ‘n volwassene vir seks moes gevra het as om hom op ‘n kind af te dwing, dat die landdros reeds besluit het dat die beskuldigde die daad gepleeg het sonder dat dit bewys is voor hom. Ek ervaar die gehalte van ons nuwe landroste en regters as skokkend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.