Vraag na krag daal verder

(Argieffoto: pixabay)

Met die vraag na elektrisiteit wat steeds afneem, het Eskom aangekondig dat daar geen beurtkrag in die 21 dae van afsondering toegepas gaan word nie. Dít volg nadat die vraag na elektrisiteit verlede week nog voor die afsonderingstydperk reeds met 6 000 MW afgeneem het.

Die kragvoorsiener het gesê die vraag na elektrisiteit het teen Sondag met ʼn verdere 7 500 MW afgeneem en hy verwag dat dit selfs verder tydens die afsonderingstydperk sal daal.

“Eskom het van die opwekkingseenhede van die netwerk begin verwyder ten einde die integriteit van die stelsel te bewaar. Die eenhede is egter beskikbaar om op kort kennisgewing weer ingestel te word, sou dit nodig wees,” het Eskom gesê.

Volgens Eskom kan hy in hierdie tydperk van afsondering nie broodnodige langtermyn-instandhoudingswerk doen nie, aangesien hy die aantal werkers op sy persele tot ʼn minimum moet beperk.

“Ons het eerder daarop begin fokus om korttermyn-instandhouding en ander herstelwerk uit te voer ten einde die opwekkingseenhede te optimiseer om aan die vraag tydens die afsonderingstydperk te voldoen.”

Eskom het daarop gewys dat van sy personeel vrygestel is van die regulasies rakende die afsonderingstydperk, aangesien die kragvoorsiener ʼn noodsaaklike en kritiek noodsaaklike diens verskaf.

“Ons verwag geen hindernisse in die opwekking en verskaffing van elektrisiteit in dié tyd nie. Ons verskaffers, veral die steenkoolmyne, logistiekverskaffers en diegene wat die onderdele en instandhoudingsdienste by ons kragstasies verskaf, sal in staat wees om gedurende die tydperk van afsondering te werk.”

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Stefan ·

Een van die daë vra hulle ons om tog asseblief meer krag te gebruik.

Brakenjan ·

So nou gaan hul die prys wil opstoot want hul maak nie genoeg geld af verbruikers om hul besigheid aan die gang te hou nie?

Jaco ·

die DA, let wel die DA, het dieselfde met water in Kaapstad gedoen. toe meeste Kapenaars begin water spaar en waterverbruik afneem, het die DA beheerde stadsraad ‘n fooi begin vra wat gebaseer is op die dikte van die pype wat water na huise toevoer. dis nou die DA. Ek sidder watse goed die ANC dan kan doen…

Anel ·

Steek die klomp wat net salaris kry ‘n slaggie in die werk en doen die nodige instandhouding. Dan sal daar nie nodig wees vir beurtkrag as alles na normaal terugkeer nie.

netekalleen ·

Snaaks dat daar skielik nou so baie krag is. Besighede wat toe is se mense is tuis en gebruik tog daar ook krag. Maar ja as.lockdown verby is gooi eskom weer loafshedding. Wys net die krag kan aanbly enige tyd

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.