Vraag oor babaverkragting in skooltaak ontstel

onderwys-drama-verkragting

Die uittreksel en vrae uit die toneelstuk ‘Tshepang’ het in 2013 ‘n herrie veroorsaak en nou weer in ‘n opdrag aan matriekleerders opgeduik. Foto: Verskaf.

ʼn Vraag uit ʼn matriekdrama-vraestel wat in 2013 landwyd ʼn herrie veroorsaak het, het nou weer in ʼn taak by ʼn hoërskool aan die Wesrand opgeduik.

Leerders by die betrokke skool het in Augustus vrae gekry oor ʼn uittreksel uit die toneelstuk Tshepang deur Lara Foot Newton. Die toneelstuk is geïnspireer deur die wrede verkragting van die nege maande oue baba Tshepang. Daar is onder meer van leerders verwag om te beskryf hoe hulle die akteur ʼn daad van verkragting sal laat opvoer om die aakligheid van die verkragting vir die gehoor te vergroot. In die toneelstuk word die toneel deur ʼn besemstok en ʼn brood uitgebeeld.

“Ek is absoluut gewalg en teleurgestel met die materiaal waarmee my matriekdogter ‘opgevoed’ word,” het Pierre Coulson, die pa van een van die leerders by die skool, gesê.

Coulson sê sy dogter en haar vriendin het Saterdag die spesifieke vraag met hom bespreek en gesê dit ontstel hulle verskriklik. Hy het ʼn brief aan die skool gestuur waarop hy laat weet is die juffrou van die betrokke vak sal ʼn verduideliking verskaf hoekom sy die uittreksel en vrae by die taak ingesluit het.

“Die leerders het glo in die klas ook beswaar gemaak oor die vraag, maar daar is vir hulle gesê dit is ingesluit om hulle voor te berei vir die eindeksamen en dat die departement al soortgelyke vrae in dié eksamen gevra het.

“Ek dink nie dit is ʼn gepaste toneelstuk op skoolvlak nie. Miskien dalk op universiteit, maar beslis nie vir 17- en 18-jariges nie. Ons het ʼn keuse wat ons kies as sosiale aanvaarbare praktyk en hierdie taak is dit nie. Ek dink dit is eerder belangrik om ons kinders met meer van die mooi van die lewe toe te rus,” het Coulson bygevoeg.

Hy eis dat die uittreksel en vrae daaroor uit die opdrag vir gr. 12-leerders verwyder word.

Onderwysers en leerders het die betrokke vraag en uittreksel as “onvanpas”, “onsensitief” en “ontstellend” beskryf, ná dit in 2013 as ʼn onvoorbereide vraag in die drama-vraestel vir matrikulante verskyn het.

ʼn Drama-onderwyseres van ʼn hoërskool in Gauteng het toe ook ʼn skriftelike klag oor die vraestel by die onderwysdepartement ingedien. Sy het dit as heeltemal onvanpas geag omdat daar talle leerders is wat al slagoffers van verkragting was en opnuut deur die uittreksels van die toneel en die betrokke vrae getraumatiseer kon word.

tshepang

‘n Toneel uit die Washington College se opvoering van Tshepang in 2011. Foto: Washcoll.edu

Ander drama-onderwysers het gesê die toneel is met die eerste lees skokkend en hulle beskou dit ook as onvanpas as ʼn onvoorbereide vraag. Die onderwysers het wel gesê ouers moet ook onthou dat gr.12-leerders aan verskillende genres in drama blootgestel moet word.

Lanette Hattingh, ʼn opvoedkundige sielkundige van Johannesburg, het egter aan Beeld gesê die vraag in die 2013-vraestel is onvanpas vir 18-jariges. Sy het gesê dit kan emosies en gedagtes by kinders losmaak wat self al ʼn verkragtingslagoffer was, of selfs potensiële verkragters kan word.

Hattingh het toe voorgestel dat ʼn werk soos hierdie eerder in ʼn kleiner groepverband behandel word waar leerders terapie, berading en ontlonting kan bekom indien dit nodig sou wees.

Maroela Media het die betrokke skool en die Gautengse onderwysdepartement genader vir kommentaar, maar wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

28 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ouvrou

Walglik en skokkend. Beslis nie geskok vir gr 12 nie.

Swart Piet

Ek sien deesdae se se Gr12 se voorgeskrewe leestukke en gedigte is van vreeslikke swak gehalte. Seker die dat party skrywers so sukkel om n bestaan te maak, want geen normale mense sal vir die gemors geld betaal nie.

Willem

Ek ondersteun hierdie pa 100% !! Ons kinders hoort nie aan sulke goed op n ongesensuurde en in n oop omgewing soos n skool jlas bloot gestel te word nie. Dis ons taak as ouers om sag en beskermend ons kinders, sonder vele uitbreiding met allerhande ongesonde uitbeeldings,te vertel van die mooi van die lewe, die seen en uitsonderlikheid van die intieme en dan op navraag te antwoord op die intense afskuwelikheid van die wereld wat daar wel ook bestaan. Dis ons werk om ons kinders te beskerm en met wysheid die nodige inligting te gee. Waar het n skool… Lees meer »

not in wonderland

Wat is die moeilikheid met hierdie onderwyseres? Liewe genugtig. Ek sal aandring dat die betrokke onderwyseres herevalueer word vir haar pos.

Walglik

Dis aaklig, ek was 2 weke ontsteld en gehuil toe dit uitgekom het…. nou kinders blootstel aan dit!!!