Vraag oor babaverkragting in skooltaak ontstel

onderwys-drama-verkragting

Die uittreksel en vrae uit die toneelstuk ‘Tshepang’ het in 2013 ‘n herrie veroorsaak en nou weer in ‘n opdrag aan matriekleerders opgeduik. Foto: Verskaf.

ʼn Vraag uit ʼn matriekdrama-vraestel wat in 2013 landwyd ʼn herrie veroorsaak het, het nou weer in ʼn taak by ʼn hoërskool aan die Wesrand opgeduik.

Leerders by die betrokke skool het in Augustus vrae gekry oor ʼn uittreksel uit die toneelstuk Tshepang deur Lara Foot Newton. Die toneelstuk is geïnspireer deur die wrede verkragting van die nege maande oue baba Tshepang. Daar is onder meer van leerders verwag om te beskryf hoe hulle die akteur ʼn daad van verkragting sal laat opvoer om die aakligheid van die verkragting vir die gehoor te vergroot. In die toneelstuk word die toneel deur ʼn besemstok en ʼn brood uitgebeeld.

“Ek is absoluut gewalg en teleurgestel met die materiaal waarmee my matriekdogter ‘opgevoed’ word,” het Pierre Coulson, die pa van een van die leerders by die skool, gesê.

Coulson sê sy dogter en haar vriendin het Saterdag die spesifieke vraag met hom bespreek en gesê dit ontstel hulle verskriklik. Hy het ʼn brief aan die skool gestuur waarop hy laat weet is die juffrou van die betrokke vak sal ʼn verduideliking verskaf hoekom sy die uittreksel en vrae by die taak ingesluit het.

“Die leerders het glo in die klas ook beswaar gemaak oor die vraag, maar daar is vir hulle gesê dit is ingesluit om hulle voor te berei vir die eindeksamen en dat die departement al soortgelyke vrae in dié eksamen gevra het.

“Ek dink nie dit is ʼn gepaste toneelstuk op skoolvlak nie. Miskien dalk op universiteit, maar beslis nie vir 17- en 18-jariges nie. Ons het ʼn keuse wat ons kies as sosiale aanvaarbare praktyk en hierdie taak is dit nie. Ek dink dit is eerder belangrik om ons kinders met meer van die mooi van die lewe toe te rus,” het Coulson bygevoeg.

Hy eis dat die uittreksel en vrae daaroor uit die opdrag vir gr. 12-leerders verwyder word.

Onderwysers en leerders het die betrokke vraag en uittreksel as “onvanpas”, “onsensitief” en “ontstellend” beskryf, ná dit in 2013 as ʼn onvoorbereide vraag in die drama-vraestel vir matrikulante verskyn het.

ʼn Drama-onderwyseres van ʼn hoërskool in Gauteng het toe ook ʼn skriftelike klag oor die vraestel by die onderwysdepartement ingedien. Sy het dit as heeltemal onvanpas geag omdat daar talle leerders is wat al slagoffers van verkragting was en opnuut deur die uittreksels van die toneel en die betrokke vrae getraumatiseer kon word.

tshepang

‘n Toneel uit die Washington College se opvoering van Tshepang in 2011. Foto: Washcoll.edu

Ander drama-onderwysers het gesê die toneel is met die eerste lees skokkend en hulle beskou dit ook as onvanpas as ʼn onvoorbereide vraag. Die onderwysers het wel gesê ouers moet ook onthou dat gr.12-leerders aan verskillende genres in drama blootgestel moet word.

Lanette Hattingh, ʼn opvoedkundige sielkundige van Johannesburg, het egter aan Beeld gesê die vraag in die 2013-vraestel is onvanpas vir 18-jariges. Sy het gesê dit kan emosies en gedagtes by kinders losmaak wat self al ʼn verkragtingslagoffer was, of selfs potensiële verkragters kan word.

Hattingh het toe voorgestel dat ʼn werk soos hierdie eerder in ʼn kleiner groepverband behandel word waar leerders terapie, berading en ontlonting kan bekom indien dit nodig sou wees.

Maroela Media het die betrokke skool en die Gautengse onderwysdepartement genader vir kommentaar, maar wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

ha ha ·

at asb outannie. meeste matrikulante is laaaaankal seksueel aktief. die is n baie ontstellende onderwerp maar iets wat wel gebeur. how gaan julle due matrikulante beskerm as so n raad more weer gebeur? radio en tv afsit? dit sal die verfoeilike daad nie ongedaan maak nie. dit kan kinders, ekskuus, matrikulante we’ll voorberei op die werklikhede van wat om hulle aangaan. sterkte aan die dapper onnie.

TDW ·

@ha ha, as volwassene kan jy kies om sekere berigte nie te lees nie, want jy ken jouself en weet vir hoe lang tyd dit jou gaan ontstel. Hierdie is in die jong mense se kele afgedruk en nogal met die prentjie van brood en besemstok. Dis absoluut onaanvaarbaar!

Swart Piet ·

Ek sien deesdae se se Gr12 se voorgeskrewe leestukke en gedigte is van vreeslikke swak gehalte. Seker die dat party skrywers so sukkel om n bestaan te maak, want geen normale mense sal vir die gemors geld betaal nie.

Willem ·

Ek ondersteun hierdie pa 100% !!
Ons kinders hoort nie aan sulke goed op n ongesensuurde en in n oop omgewing soos n skool jlas bloot gestel te word nie. Dis ons taak as ouers om sag en beskermend ons kinders, sonder vele uitbreiding met allerhande ongesonde uitbeeldings,te vertel van die mooi van die lewe, die seen en uitsonderlikheid van die intieme en dan op navraag te antwoord op die intense afskuwelikheid van die wereld wat daar wel ook bestaan. Dis ons werk om ons kinders te beskerm en met wysheid die nodige inligting te gee. Waar het n skool of onderwyser of beherende sisteem daai reg by ons as ouers oorgeneem? En nog op so n manier wat jou hart laat inkrimp!?
Nee, meneer Coulson, bly staan en staan regop broer. Daar is vele pa’s wat saam jou sal staan!
Die storie van baba Tshepang het almal na hul asems laat snak. Dis n waarheid en realiteit van die mens en mensdom.
Maar dis n ouer se hand wat bepaal hoe en waar daai waarheid aan n kind se kennis kom. Mens kan tog immers NIKS “ont”kennis nie.
Nie n drama wat grootmense wil skok met n brood en n stok nie!

TDW ·

Stem volkome Willem! Absoluut die waarheid veral die van “waar het ‘n skool of onderwyser of beherende sisteem daai reg by ons as ouers oorgeneem?”

Patrys ·

Dis twak! Daar is hope geskikte stukke…iemand (met ‘n verwronge uitkyk) wil iets op die kinders afdwing! Moenie ond kinders forseer waar nog nie nodig. Daaris genoeg lelik en seer in hierdie land!

not in wonderland ·

Wat is die moeilikheid met hierdie onderwyseres? Liewe genugtig. Ek sal aandring dat die betrokke onderwyseres herevalueer word vir haar pos.

Walglik ·

Dis aaklig, ek was 2 weke ontsteld en gehuil toe dit uitgekom het…. nou kinders blootstel aan dit!!!

ABC ·

Die onderwyseres het ñ skroef los. Ek dink Freud sou ñ field day gehad het om haar as een van sy pasiënte te kon hê.
Laat my wonder hoekom sy daardie stuk MOET gebruik uit die hordes wat sy kon kies? Siek!! Kort hulp!!

Veritas ·

Dit is nie net onvanpas vir graad 12 kinders nie maar ook vir sensitiewe volwassenes. Enigeen wat, uit vrye wil, na soiets gaan kyk, moet ‘n sielkundige gaan sien. Is daar regtig geen ander tema wat gebruik kan word om leerlinge op te voed nie? ‘n Onderwyser/es wat dink dit is aanvaarbaar op matriekvlak, het beslis tred met werklikheid verloor. Soos ek altyd vir my onderwyservriende sê: ‘n Onnie is ‘n grootmens tussen kinders en ‘n kind tussen grootmense.

TDW ·

@Veritas, ek stem heeltemal met jou saam, party volwassenes kan nie sulke berigte lees sonder om vreeslik ontsteld en depressief te raak nie, hulle kan gelukkig kies om net die opskrif te lees en nie verder as dit nie, maar hierdie word as punte gegee en dwing jou om nie net dit te lees nie, maar nogal in te prentjie met brood en besemstok. Dis traumaties! Dieselfde gaan met die seksopvoeding in gr 6 en 7, party kinders voel nog nie reg om soveel detail te weet nie, maar word forseer om dit te weet.

Lola ·

Veritas, 100% Eks onsteld nadat ek dit gelees het. En ek keur nogal wat ek wil lees en nie wil lees nie. Nou word kinders forseer om sulke snert te lees. Opgevoede 18 jarige normale kinders weet wat aangaan in hierdie siek land. Hulle het defnitief nie dit nodig nie.

johnny_walker ·

as n onderwyser sulke vieslike gemors aan my kind sou opdis sou ek die volgende dag by die skool gedraai het en wat ek sou doen sou ook die koerante gehaal het

Tiaan ·

Dit is tyd dat die Afrikanergemeenskap self beheer neem oor hul skole en die leerinhoud. Ons kinders word deur mense wat nie Afrikaner waardes deel nie, geindoktroneer. Ons kinders word van ons gesteel.

Blue Feather ·

Ouers MOET al hup kids se skoolhandboeke nagaan (veral die snert wat in tale voorgeskryf word wat beaaai is met swak en onsmaaklike taal). Elke dag net meer dankbaar dat ons tuisonderrig.

Renette ·

Dis wat gebeur as onnies te lui is om vraestelle op te stel gebruik ou matriek vraestelle sonder oordeel

Ons hou julle dop! ·

What kind of school management allows this kind of insensitive stupidity. She would not survive my anger. She needs to make a public apology for this and to be treated with the same disdain that she has shown her students.

G@tvol vir die liberale ·

Net omdat motorongelukke plaasvind waar mense vermink word en ek dalk in my werksomstandigheid soms blootgestal word aan die fotos, beteken dit nie ek moet hulle huis toe vat en aan my familie en gesin gaan wys nie. Selfde soos met die onderwerp.

Ons moet voorbereid wees daarop dat hulle die slegte van die lewe gaan teëkom, maar om dit aktief aan hulle uit te wys is baie onverantwoordelik.

Slagoffer ·

Absoluut onnodig. Ek is n volwasse vrpu wat al menige silkundigge en baradingsessies deur gemaak het na ek as kind gemolesteer is. Hierdie tipe stories maak daai wonde weer oop en om n persoon te dwing om dit nie nrt te lees, maar ook siek beelde te moet bedink om dit uit te beeld is verregaande. Grens vir my weereens aan mishandelling van die leser. Asb pappa vat dit tot die hoogste gesag. Beskerm die weerbares.

Pierre ·

Die ander slagoffer is natuurlik ons taal. In Engels leer kinders van inspirasie, koningkryke wat bots en liefde. Afrikaanse leerlinge leer van desperate verkragters en bendegeweld. En jaar na jaar verlaag die matriek uitslae. Wie wil sulke riool bedink, belees en beleef? Kom ons red ons kosbare taal van die skrootwerf van opvoeters se geesteskorrupsie.

bgj van der westhuizen ·

wel mense die regering wil Afrikaans dood he en sal alles wat hulle kan doen om dit te doen al uit weg is om ons eie skool te kry en dit self te beheer en in elke geval die skool stelsel is so swak en beteken niks wand die onderwysers moet doen wat gese word van die department af en die weet in elke geval minder as die ondewysers in

Sunette ·

As ek ñ waarskuwing kry dat ñ berig kinders en sensetiewe lesers mag ontstel dan maak ek dit nie oop nie. Ek is sensetief. Nou hoekom MOET kinders dan met sulke goed werk? Nee ek sal dit nie toelaat nie en dit self ook beveg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.