Talle vrae ná moord op bejaarde vrou

Argieffoto

Die ANC in die Oos-Kaap het die moord op ʼn 65-jarige vrou van dié provinsie veroordeel.

Die party het Dinsdag bevestig dat ʼn groep jeugdiges by ’n inisiasieskool in verband met die moord op die vrou in hegtenis geneem is. Hulle is deel van ’n groep jong mans wat ʼn besnydenisritueel ondergaan as ʼn teken van die koms van volwassenheid.

Oscar Mabuyane, provinsiale voorsitter van die ANC, het die voorval as “ontstellend” bestempel en gesê die party veroordeel die moord “ten sterkste”.

“Die inhegtenisnemings van [lede van die abakhwethadie jong mans] van ʼn inisiasieskool in die Oos-Kaap oor die bewerings van die moord van ʼn 65-jarige vrou is ontstellend omdat hulle geleer is om hul gesinne, vroue en diegene wat kwesbaar in die samelewing is, te beskerm en nié te vermoor soos beweer word nie,” het hy gesê.

Mabuyane het ʼn beroep op die polisie gedoen om ʼn volskaalse ondersoek van stapel te stuur om te verseker dat die skuldiges aan die pen sal ry.

“Ons sal nie rus tot al die besonderhede oor dié moord aan die kaak gestel word nie. Die ANC moedig die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag aan om saam te werk om hierdie saak op te los.”

Meer besonderhede oor die beweerde moord is nie bekend nie. ʼn Polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Rabes ·

Nou is die anc vinnig om die jongmanne te veroordeel omdat een van hulle vermoor is. Ander moorde word daar nie ‘n woord oor gerep nie. Dis hartseer

Middie ·

MM, lees weer die berig. In paragraaf 3 ontbreek die woorde ” het die moord” en paragraaf 5 is ‘n herhaling van paragraaf 4.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Middie
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die foutiewe paragraaf is gewysig; dankie vir jou valkoog!
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Piet ·

MM wat gaan aan op julle berigte? Regstellings word nie gemaak nie al word dit uitgewys. Ek dink Snuffels het dalk n punt beet!

Cyril Blackburn ·

Dagsê Piet
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die foutiewe paragraaf is gewysig; dankie vir jou valkoog!
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.