Vrae omdat man ná ongeluk in vangwa gegooi is

Die man word deur polisiebeamptes in die vangwa gegooi. Foto: Verskaf

Die man word deur polisiebeamptes in die vangwa gegooi. Foto: Verskaf

ʼn Foto van ʼn man, wat ná ʼn ongeluk deur Limpopo-polisiebeamptes in ʼn vangwa gegooi word, het sosiale media aan die gons.

Jaco Gericke, ʼn paramedikus van Maponya 911, het Woensdag aan Maroela Media gesê hy is Dinsdag deur die brandweer na ʼn ongelukstoneel op die R71, tussen Namakgale en Gravelotte, ontbied.

ʼn Motoris, Nicholas Combrinck (53), het na bewering beheer oor sy bakkie verloor nadat die sleepwa se wiel vermoedelik gebars of afgebreek het. Die ongeluk het omstreeks 10:15 plaasgevind.

“Die pasiënt was steeds agter die stuurwiel van die bakkie toe ek op die toneel gekom het. Hy het geskok en bleek gelyk. Hy het moeilik gepraat en sleg gelyk. Ek het hom vinnig ondersoek en oor sy gesondheidsgeskiedenis uitgevra en hy het gesê hy het al voorheen hartprobleme gehad,” het Gericke gesê.

Volgens Gericke is hy terug na die ambulans om die EKG-masjien te gaan haal en toe hy weer sien het vier polisiebeamptes die man glo hardhandig uit die bakkie gehaal en agter in ʼn vangwa geboender.

“Ek het vir hulle gesê dit is nie hoe dinge gedoen word nie. Hulle het gesê die man was aggressief en dronk, wat volgens my mening onwaar is. Toe ek hom ondersoek het, het ek gladnie enige alkohol aan hom geruik nie en hy was gladnie aggressief nie.”

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig die man is in hegtenis geneem, onder meer op aanklag van dronkbestuur.

“Die man is na die Maphutha L Malatjie-hospitaal geneem vir waarneming en bloedtoeste,” het Otto gesê. Hy is daarna op waarskuwing vrygelaat.

Otto het gesê die man het reeds Woensdagoggend in die Namakgale-landdroshof verskyn op aanklag van roekelose en nalatige bestuur, dronkbestuur en verset teen arrestasie.

Combrinck is op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die saak is tot 27 September uitgestel vir verdere ondersoek.

Otto het gesê as ʼn lid van die publiek voel dat die polisie onregmatig teen hom of haar opgetree het, kan die voorval by die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) aangemeld word.

Gericke het aangedui hy is bereid om Combrinck as getuie by te staan, sou hy die saak verder neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

113 Kommentare

Riaan ·

Gaan hulle ook 2 jaar tronk straf kry vir rassisme 3 swartes op een witte.Hoe kan hulle hom toesluit na n ongeluk as paramedikus besig is met hom.

Bam ·

Daar is vier as jy mooi kyk en dit is nie Reg wat hulle gedoen het nie…

Attie Esterhuyse ·

Skors hul en dank hul af. Smyt in die tronk en gooi die sleutel weg. Hierdie is onmenslike gedrag en sulke optrede moet uitgeroei word.

Andrea van Vuren ·

Die woorde wurg in my keel! Al wat ek kan uiter is SIEK, SIEK SIEK!!!!

Maddox ·

Toe waar is die DA nou, hoekom so stil?.. Oh, ek het vergeet dit is swart op wit rassisme, so tel nie in hulle boeke nie.

Ekke ·

Ek wil ook graag weet waar is die DA, ek is bevrees die DA is nie wat hulle voorgee om te wees nie!

James ·

Die DA haat witmense. Petrica de Lille het met ‘n plakkaat met “kill-te-boer, kill-the-farmer” daarop in die verlede gedans.

Witmense wat vir die DA stem is baie erg mislei.

Connie ·

Ek het ook die DA al gemail. 2 keer in fact. Nog niks van hulle gehoor nie. Net hulle leier wat ook se plaasaanvalle is crime en nie ras gedrewe nie. So hulle gaan niks aan plaasmoorde doen nie. Hulle gaan vir seker my stem mis.

Miemie Kapp ·

Dit is nie regverdig om die DA hierby in te sleep nie, want hulle is nie die regerende party op die oomblik nie!

erica roos ·

Dalk moet die polisie lede bietjie noodhulp ook geleer word terwyl hulle opgelei word want ek dink nie hulle weet eers wat om te doen in sulke omstandighede nie, so meeste lyk dalk onder die invloed vir hulle, swak opleiding, nie die eerste so geval wat ek al van gehoor het nie

Danie Prinsloo ·

Moenie te vel vd DA(=ANC Lite) verwag nie. Die polisie kon die ambulans tog nie misgekyk het nie, of is hulle regtig sooooo toe?
hulle het natuurlik die slagoffer ‘n alkoholtoets laat doen. Dankie paramedikus dat jy sal getuig.

Oom Kalahari ·

Nou wie se word gaan hier in twyfel getrek word, die Paramedikus of die Polisie? ‘n man met ‘n hart kondisie wat vier polisie beamptes met geweld agter in ‘n vangwa boender. Menslike optredes word verwag by ‘n ongeluks toneel en nie kriminele aktiwiteite van Rasse haat en wanhantering van ‘n pasiënt nie. Regtig is dit nou hoe menseregte werklik is of gehanteer word. Laat mens darem baie hardop dink oor al die dinge wat tans besig is om te ontwikkel en ‘n sweer vorm wt nog tot barsting gaan lei.

Riette de Beer ·

almal het die reg tot mediese behandeling. As SAP lede is hulle veronderstel om te weet wat die protokol is by n ongelukstoneel. Daar word nie aan n pasient geraak as die parmedikus nie gese het dit is veilig nie. Daardie man kan en ek hoop hy doen die Polisie dagvaar hulle het sy lewe onnodig in gevaar gestel.

johann cb ·

Sê niks, dan is daar niks! Toe monde is heel monde, veral in Suid-Afrika!

Swart rassiste ·

Die swart rassisme begin nou hand uitruk. Laat die wereld uitvind wie die eintlike rassiste en moordenaars en verkragters in ons land is!

Kaspaas ·

Dit is n rassistiese aanval waar is die DA nou. Dankie Maroela my opinie oor julle mag dalk nog verander. Twyfel of ons die op ander nuuswerke sal sien

Elisia du Plessis ·

WANT HY IS N BOER EN HULLE IS RASSISTIES….O NEE WAG…DIT TEL MOS NIE AS DIT VAN SWART NA WIT OORGAAN NIE….DAN IS DIT APARTHEID SE SKULD….BELAGLIKE REGERING!..

Edward ·

Dagvaar hulle in hulle persoonlike hoedanigheid. Anders gebruik hulle net belasting geld om die eis te betaal. Kan ons hulle gesigte te siene kry?

peetpviljoen ·

Edward, jy is onkundig soos die beamptes. Praat tog dinge wat sin maak. In n sivielregtelike gedinge moet die SAP, Minister van polisie asook elke individuele lid as respondent aanspreek lik gehou word.

Stroopsoet ·

Evil thrives when good men keep quiet!!… Dis maar een gedagte wat opkom…..dankie vir die paramedic….. Wat nie stilgebly het nie……..

Elmarie Pretorius ·

Ek stem en haal my hoed af vir die Paramedic wat opstaan en sy weergawe gee.
Welgedaan ons moet saam staan en ons almal het ook menseregte en mos n wet wat ons almal beskerm ongeag van Ras of Geslag

Kiepie ·

Dit is verregaande!! Nie omdat die man wit is en die beampte swart nie, maar omdat dit net eenvoudig nie die manier is waarop mens verwag dat die Polisie die situasie sou hanteer nie, ongeag wie betrokke is. Ek hoop daar kom ‘n deeglike ondersoek want alle vorme van onregmatige magsnisbruik deur die polisie teenoor enige landsburger in onaanvaarbaar.

Karolis ·

Mnr. Combrinck, jy sal die regstelsel ‘n onreg aandoen indien jy nie hierdie saak verder neem nie. Daar is heelwat Regslui wat jou sal help.

Grap ·

Rassistiese optrede waar is die DA nou en die minister gaan hy die polisiestasie ondersoek gaan hy hierdie swart polisie agterlike black supremacists noem soos met wit mense wat minder as dit doen

PMB ·

Dit is maar net die begin van die einde hierdie mense! Dit is tragies dat n persoon wat in n ongeluk betrokke is so behandel word?? Die persone betrokke aan die onreg moet boet vir hulle mis bruik van hul gesag. Kom ons kyk of die ANC / DA of EFF enige iets hieraan/oor gaan doen?

Dewald ·

Hou ons asb op hoogte met hierdie saak Maroela Nuus, ek wil baie baie graag weet wat van hoerdie een gaan kom.

Johan 2 ·

Ons moet dalk ook opruk na die hof…o nee wag ek vergeet… iemand moet werk om die belasting te kan betaal.

James ·

Dit lyk vir my meer na poging tot moord as jy n hart lyer wat ngrrot skok gehad het uit n kar ruk

Stev ·

Wat het die polisie gedoen toe chaos in PTA uitbreek…niks…dit net sy gang laat gaan.

Ek stek voor Maroela stel n fonds op om geldjie in te samel vir regsverteenwoordinging dan kry ons en van die beste advokate om hom te verteenwoordig en hierdie manne aan die pen laat ry in all opsigte van MRK tot in die hooggeregs hof. Hierdie dade moenie net hier gelos word nie.

Daenerys Targaryen ·

Kom ons kyk soos die regerende party na die situasie – alles waarna hulle kyk is mos om rassisme raak te sien. Nou ja ek sien rassisme in daardie foto raak…….. nou kan ons dit die media vol versprei soos met die petroljoggie ( toegegee hy is ook onregverdig behandel. )

Wat-ek-lees ·

En onse MRK?
Dis waarom mens so min moontlik met die polisie te doene moet hê.
Maroela, hou ons op die hoogte van gebeure vorentoe.

Wat-ek-lees ·

K*#t=kaptein, hoe anders?
Daar staan ook op die kant van die ‘van’ dat hulle ‘n ‘service’ is . . .

Moeks ·

Hierdie is insidente wat al hoe meer gaan gebeur. Hoop hierdie saak word verder gevat. Dit lyk of die motoris se klere omtrent van sy lyf afgehaal word. Dankie Mnr. Gericke dat jy bereid is om op te staan vir wat reg is.

vermeende ·

Hierdie is onregmatige arestasie, as die man sy kop gebruik dan eet hy al daai SAPD lede se pensioen.
Ek wens al die mense wat hier lees en soveel geloof in die NSA het, almal wat so propageer dat jou stem jou wapen is teen ongeregtigheid en jou plig om te gebruik…….skruk net wakker, die stembus met die liberale blanke se stem is verantwoordelik vir die tiepe magsmisbruik, en julle dra die skuld vir die verval van ons land.

Esther ·

Ek werk self vir die polisie en laat ek net se die manier hoe die publiek hanteer word is hoe ons op stasie vlak hanteer word. Die lewe is hel…. Rassistiese aanmerkings is deel van jou daaglikse roetine en kla jy word jy geviktimiseer. Ek is jammer vir die persoon en dis so hartseer dat ons lewe so min beteken in hierdie land. Ons is nie meer welkom hier nie…..

Winston ·

Swak. Pateties en en glo ook ook dat hy n suksesvolle eis kan instel teen die SAPD. Sterkte. Hier was iets nie pluis nie en bevooroordeelde gedrag of is hulle regtig so onkundig? Regtig

Annemarie ·

Hulle moes my so opgetel het dat my boude en blaaie gewys het. Die paramedici sou vir hulle ingeroep moes word

Judy-Anne ·

Julle sal van my lees in die koerant as hulle dit met my doen!!!!! Maligheid!!!! Die mense in ons land raak van hulle koppe af!

Kontstabel ·

Die polisie is nie die vriend van wetsgehoorsame mense nie.
Sies!

Waar is die engelse wat so gepraat het oor die saak van dinsdag ·

Waar is die “engelse” wat so gepraat het oor die saak van Dinsdag in Tzaneen, wat gesê het die wit mense moet gerape word in die tronk??Mr Combrinck as jy Jacaranda geluister het Dinsdagoggend gaan regheid boontoe na die waarnemende polisie kommissaris toe hy gesê het maak nie saak van die ras is nie as polisie mense so optree sal daar aksie geneem word teen hulle(dis tien teen een nie die eerste keer wat hulle dit doen nie). En weet julle wat is die slegste die ambulansdienste moet eers n pasiënt ok verklaar voor die polisie intree, wat as Jaco nie daar was nie as Mr Combrinck van die behandeling oorlede was wat sou die 4 mans dan sê? Mr Combrinck vat die staat vir 7.8 miljoen aangesien die leier van die mense dit moet terug betaal.

Gans wat Goue eiers le ·

Besef die massas wat so teer op social grants en ANC stem, en die vet amptenare met hulle groot swart karre, dat daardie geld kom van belasting van hard werkende mense, meestal wit? Besef hulle wat gaan gebeur as die witmense nie meer daar is nie? Dan gaan hulle in nog erger armoede gedompel wees as ooit.

Wessel Jordaan ·

N persoon wat so in n ongeluk was kan nie net Sommer uit n voertuig gehaal word nie. As daai ou n nek of rugbesering opgedoen het en hulle werk so met hom kan hy verlam wees. Hulle kan mos sien die paramediesie is besig met him !!!!!!!

Wikus ·

En net Maandag stap ek by ons dorpie se Polisiestasie in,ook in Limpopo.En wat kry ek?ñ Kaptein wat onder die invloed is,so dat mens hom kon ruik en dit terwyl hy aan dienste was.Hoor agterna dis gereeld die situasie!Wonder maar net of daar ooit teen hom opgetree sal word?

Andrea van Vuren ·

Nee my vriend. Die ou onder invloed is ‘n gesant van sy pappa Zuma en die Zuptas. Jy mag nie meer in ons land durf asemhaal nie of die SAUK is op jou!!!

Gideon Engelbrecht ·

Ek gaan geen kant kies!Iets was nie reg nie.Hoekom nie saam werk en die nodige toetse laat doen?

Spikkels ·

Die paramedics was besig met die man en die polisie kon gewag het tot hul klaar was met hom. Man was salk deurmekaar van die ongeluk. Hy kon dalk erge inwendige, nek of rug beserings opgedoen het. Hul ken en weet niks van medies af nie.

Wanneer ·

Wanneer gaan ons begin besef ons het oorlog op ons hande. Wie gaan aan ons wapens versaf en saam roep om by mekaar te kom vir verder instruksies. Ons gaan vermoor word soos kokkerortte as ons nie begin laar trek nie.

Daisy ·

Ek weet niks veel van die DA af of waar hulle moet wees nie. Maar die DA regeer in die Wes-Kaap en ons polisie hier behandel nie mense so nie. Ek het self een aand op die N1 n man doodgery (ek was alleen in die kar met geen ondersteuning) en die polisie was binne n paar minute op die toneel. Hulle het my met respek behandel en mooi met my gepraat. So ek sal nie alle polisielede as sleg afmaak nie. Ek glo hier in die Wes-Kaap behandel ons mekaar met respek.

Ishh , met ys ·

Aai ’n ou weet ongelukkig nie wat het gebeur terwyl die paramedikus nie teenwoordig was nie. Die bloed toets resultate sal seker die bepalende faktor wees. Hoop Maroela hou ons op hoogte. Laat ’n mense wonder of ’n klein versteekte kamera in jou voertuig dalk ’n man se bas kan red.

Leeukop ·

Ja dash cams en kameras binne die kar is baie belangrik in sulke en baie ander situasies. In die buiteland is dit al algemeen. Versekeringsmaatskappye moet dit begin vereis.

Mariette Hammann ·

Baie dankie aan die paramedikus wat bereid is om te getuig. Jammer om te sê, maar ek vertrou nie meer die uitslag van die bloedtoetse as dit die polisie kan benadeel nie. Die persoon moet maar seker maak die toetse is wel van sy bloed.

Buks ·

Ek ry daardie pad self van tyd tot tyd ek dink net wat die SAPS met my of my vrou sou doen sou ek n ongeluk maak om watter rede.

Kaspaas ·

Die MRK behoort die ibsudent binne 2 dae klaar ge ondersoek het en n pers verklaring uitgereik het. O jammer swart op wit rassisme tel nie so sal nie eens ondersoek word nie.

Oom Kalahari ·

Die trauma en mishandeling wat Mnr. Combrinck moes deurmaak met hierdie tipe van optrede kan ek my net voorstel asook wat gaan gebeur as die man ‘n terugslag ondervind intussen veral met sy hart kondisie. Gaan hierdie boelies sy mediese kostes dek? Mnr. Jacovan 911 (Paramedikus) moes genader gewees het oor die pasiënt se toestand en hul kon die ambulans gevolg het na die naaste hospitaal om ‘n bloedmonster te verkry. Gesien na alles wat die Paramedikus verduidelik is dit moeilik om te glo dat die pasiënt hom sou kon verset het. Was hy nie dalk ook gedisorienteerd weens ‘n moontlike mediese aanval voor ongeluk dat hy dalk kon roekeloos met voertuig vir paar sekondes kon bestuur nie en het die polisie gesien wat gebeur het? Swak optrede van diensamptenare wat nie dink nie en net geweld wil toepas.

macgiver ·

Ons land kan nie herstel as die gereg sy belasting betalers minag nie.Die opleiding en respek vir mekaar sit in leiers se hande.Keuse om mekaar goed of sleg te behandel is in ons opleiding????????

Lance ·

Nou wat het die medic on te wen hier deur nou te wil jok ….dis so duidelik ….polisie bestaan uit onbevoegde mense wat nie weet wat hulle moet doen in n toestand van nood ….vat die saak verder julle gaan geld kry !

des ·

Hoekom haal hule hom uit. Wat as hule sy dood veroorsaak het of verlam gelos het. Dis nie hoe daar met n beseerde persoon gewerk word nie. My gros. Dis n mens. Ek sal nie eers n dier so in n vangwa kan gooi nie.

Andrea van Vuren ·

My vriend. Wat sal gebeur as die beamptes aan ‘n blaastoets onderwerp word? Vra maar net?

C ·

Genade …… Ek kan nie glo wat ek lees nie. Hoe kan hul die ou arresteer nadat hy in ongeluk was en paramedikus nog besig is om hom te behandel. As ek Combrink was so ek dit wraggies nie net daar gelaat het nie.

Willie ·

Sies vir SAPD, ek waarborg die gaan nie onddrsoek word nie. Net n vraag mag jy iemand net so na n ongeluk hardhandig behandel? Die person kan mos verlam of ernestige beserings opdoen? Ek hoop hy kry deeglikke regshulp en gee die onbevoegdes behoorlik gas!

Ahooy ·

As hy nie onder die invloed was nie – 10 uur die oggend? sal hulle net sê hy het die K —- woord gebruik. Dit is n GROOOOOOT oortreding in SA!!!! n boete vir jou ou maat!!!. Hulle is 4 wat dit SAL bevestig!!! —Hoop jy kry jaaare se geld as jy nie n bier ingehad het nie!! Die belastingbetalers sal bydra met n smile!! En moenie bekomerd wees oor die polisiemanne se werk nie, hulle sal NIKS oorkom nie.

Sandy ·

Party mense het ‘n opvoeding gehad, ander net voeding. Geen respek vir ander nie maar verwag hulle moet soos adel behandel word.

neelsie ·

Die saak is ernstig .
Sluit aan by AFRIFORUM/SOLIDARITEIT ,die enigste organisasie wat omsien na blanke belange.
DA is net Anc in blou klere.

Magriet ·

Ek stem, gee jou geld aan AFRIFORUM/Solidariteit hulle is al wat nog probeer vir reg en geregtigheid. Bly weg van DA.

Andrea van Vuren ·

Neelsie! Ek salueer jou. Dis die briljantste besluit in jou lewe!

Madie ·

Vergeet die DA!!! Vergeet die “polisie”!!! Hierdie is mense regte skending. Hy moes EERS mediese behandeling gekry het tot by hospitaal en DAN kon die “polisie” hul “werk” gedoen het sonder haat

Vlooiq ·

Dit way jou weer in sulke gevale moet one wit mense saam staan en hoemeer ons gaan saam staan hoemeer gaan ons reg kry kyk as die teenoor gestelde geval was het hulle Al lankal saam begin staan om seker te maak dit word verder gevat

Wollie ·

Nee jinne!!! kan MAROELA MEDIA ons asb op hoogde hou van die saak!!!! Hoe kan ons die man help!!! is daar n kontak nommer dalk van hom?

Cecile ·

Onbevoeg vir die poste waarin hulle hul self bevind. Die oom moes heel eerste in die ambulans hospitaal toe geneem word of hy nou onder die invloed was of nie. Daarna kon stappe teen hom geneem word sou dit dan nodig was.Daar behoort nou teen hulle ook opgetree word. Eks te bang om te se wat ek regtig van hulle dink. Ek hoop die oom is oraait.

Ja Nee ·

Verskillende vlakke van kundigheid vereis regverdige optrede.
Die paramedikus was op die toneel en behoort voorkeur met betrekking tot mense lewe te geniet. Wetlik korrek. Die arrestasie sou dus sekonder te wees en met goedkeuring van die medikus wat sou bevestig dat die pasient geskik is vir verdere hantering. Sou die paramedikus verkeerd opgetree het met betrekking van die evaluering sou verdere SAP optrede geregverdig gewees het.
Nog ‘n lang pad om te stap.

Theresa B ·

Ja nou sal ons sien wat kom hiervan. Spring gou op hulle perdjies en verdraai alles en spring op en af as dit nou wit teen swart was. Nou sal ons sien wat kom hiervan. Duidelik is hierdie nou swart teen wit………………………..

Theresa ·

Hemp oop – onderste bo en aan hande en voete vir ingooi in voertuig waar hy nie hoort na ‘n ongeluk nie!!!!! Elkeen van daardie 4 meedoeners aan kwaad in plaas van geregsdienaars wees moet voor stok gekry word en ons wil daarvan weet. Nie ‘n uniform werd nie. Nie so ‘n pos van vertrouensgesindheid werd nie. Dankie aan die paramedikus wat bereid is om as getuie te dien – hou met hom kontak. Wat het in tussen gebeur?? Indien sy nek of rug beseer is as gevolg van daardie foutiewe aksie deur die polisie, moet die polisie gedagvaar word vir al die mediese koste en pyn en lyding.

Helde ·

Baie dankie dat jy hulp aanbied! Ons gaan regspesialiste soos jy almeer nodig kry want ons gaan onsself moet begin verdedig.

Hennie ·

Mens raak gatvol vir die soort dinge. Hoelank gaan ons dit verdra voor ons gaan bykom? Die tydbom se horlosie tik….. tik tok !!!!

Ons staan NOU op ·

Dis NOU genoeg!!!! Ons kan nie hierdie saak lots nie, dit is polisie brutaliteit op erge graad en is n geleentheid om internasionaal ondersteuning te kry!!! Mense, kom ons vat die saak ten volle aan!!!!

Sakkie ·

Jammer wat gebeur het,maar dalk kan hy geld maak uit die voorval.

Suzette ·

Sjoe dis seker die ergste grad van barbaarsheid en rassisme wat ek nog gesien het. VIER sapd lede op een man wat so pas in ‘n botsing betrokke was. Onmenslik verby. Dankie Carel dat jy jou hulp aanbied. Ons was 2010 amper in soortgelyke geval. 2 Swartmans in ons motor by groot 4rigting stop vasgejaag. Ons het aangedring dat hulle bloedtoetse ondergaan en die sapd het my man ook net daar gearresteer en hom ook hospitaal toe geneem vir bloedtoetse. Alles sy id, selfoon en alles was van hom afgeneem en hy is saam met ander bestuurder in die vangwa gelaai en was ook verbied om een word tydens die rit aan die ander bestuurder te rig. Tydens die rit het die man hom heeltyd vertel hoe hy gaan kom vir sy gesin en almal sal uithaal. Lang storie kort. Ons het Minister van SAPD asook die twee beamptes gedagvaar en ja dit het 3 jaar geneem. Op die einde van die dag het ons danksy geen beserings daardie dag en ‘n goeie versekering nie werklik verloor behalwe smaad en vernedering nie, MAAR ons bankrekening het ‘n Baie welkome BEDRAG gekry. Die meneer se klag is 100% erger as ons klag, so hy gaan wen. Gaan voluit….

Marga ·

So vir wie stem ons as ons nie vir die DA kan stem nie…..swyg ons maar ???

Neeeeeeee ·

Die Vryheidsfront is die enigste politieke party wat vir blankes opkom. Hulle is nie net n alternatief nie, maar die beste opsie vir ons.

Hein vd Merwe ·

Ek het klompie se kommentaar gelees. Ek verstaan die frustrasie en vrees. Moet egter nie dat satan jou met haat en vrees vul nie. Ons vertrou op God en Hy sê ons mag nie haat ons moet ons vyande lief hê. Pasop dat jul nie aan die verkeerde kant van God beland agv sulke gebeure nie.
Verder neem in ag uit die polisie se oog: Daar is n ongeluk, die bestuurder praat sleeptong en kom dronk voor. Die beamptes praat met hom en hy is hardkoppig en weier opdragte van die swart beamptes. Wat sou u gedoen het met n anderskleurige wat so optree as u n polisie beampte was? Die beamptes MOES gewag het vir die paramedikus. Mnr Combrink kon baie ernstig beseer gewees het. Dit sê ek ook. Hulle was in daarsie opsig verkeerd.
Hanteer ALTYD alle wetstoepassers met respek. Party is net soos die VD blankes erge rassiste. Maar soos baie bankes nie rassiste is nie is daar baie nie blankes wat nie rassiste is nie. Moet nooit enige wetstoepasser so hanteer dat hy teen u moet optree nie. Werk saam tensy u verseker weet u lewe is in gevaar!

Kannie net vir God wag ·

God het vir ons brein en liggaam gegee om te werk, ons kan nie net passief sit en wag nie.

Fred Robertson ·

WOW!!!! Is that it? Is dit al wat ons “volhartige” afrikaanse mense nou dees dae kan doen? Ons sit agter ons keyboards en praat groot. Ek het nou al so veel kommentaar gelees oor verskeie gevalle, waar die mense sò gatvol en frustreerd en kwaad is oor hoe ons as ‘n volk stilletjies uit gemoor/afgemaai word. Waar gaan dit stop? Wat anders sal moet gebeur voor ons ons trotsheid in ons sakke sal steek en ons moue op trek en ons hande vuil kry? Ons voorvaders was pioniere van hul tyd en hulle sou nooit dit wat nou gebeur aanvaar het nie, hoekom doen ons??? Skies, my intensie is nie om die voorwerp te verander of om enige iemand hier te beledig nie, maar ek voel sleg en bekommerd oor hoe ons nie ‘n plan het of aksie neem nie. Ek wil nie trek nie, ek wil my kind ‘n veilige toekoms offer.

Andrea van Vuren ·

Fred hou op terughunker na jou voorvaders. Staan op en veg saam met die VF+, Solidariteit en Afriforum! Die tyd van ossewaens en kaalvoet oor die Drakensberge is verby.

Yolie ·

WTF?? Hulle het ‘n pasient van ‘n ongeluk mediese sorg geweier. Hulle het moontlike beserings vererger. As ‘n voertuig rol is hoof, nek en rug beserings ‘n definitiewe vermoede tot ‘n dr dit anders diagnoseer. Ek hoop hy roer hulle tot in kingdom come in!!!! Enige pasient met moontlik hoof beserings neig na agressie. As ek moet staaltjies vertel hoe ons as paramedikuste onder swaaiende arms moes duik agv hoof beseerings sal hierdie polisie beamptes hulle self uit die polisie mag verwyder.

Dit is skokened!!!!!!

Bonita ·

Dankie Carel. Ek hoop jy ry hulle tot daantjie in die kalwerhok. Die is barbaarse optrede teen n pasient.

Buks ·

Sandy mooi so jy is so Afrika as kan kom. Ek verstaan die verskul nou baie mooi. Carel baie dankie dat jy omgee. Daar is seker mooi stoories ook om te vertel.

Carel ·

Buks – ek doen op ‘n daaglikse basis sake teen die polisie waar hulle oor die lyn getrap het. Mense moet ophou kla en dinge regstel … ek reken dit is die enigste manier wat hulle gaan leer…

Charilize ·

Van wanneer af kry die polisie of enige Ander persoon die permissie volgens health & safety om pasiënte rond te skuif of sommer in n polisie wa te Gooi wanneer die Perimedici nog nie eers behoorlik Klaar is met die behandeling en ondersoek van die pasiënt nie?? Dit is totaal onaanvaarbaar? Wanneer Gaan regstappe vir hierdie tipe gebeurtenisse geneem word?

Ilse ·

Siek, siek, siek, die land maak my siek ek is verby op vir die land en sy dinge. Ek sou dit heel verloor het en dan vir rede met my gat in die tronk gesit het.

Ryno van der Zandt ·

As enige van daardie vier beamptes in die selde situasie was, en vier wit beamptes was op die toneel, en dieselde behandeling ervaar, watse stappe sou dan geneem geword het, sou die wit beamptes geskors of aangekla geword het vir hul dade? waar gaan die menslimheid heen??

Ben ·

Ja… die oom moet die saak verder vat. Maak hulle klaar…..

Blaine ·

‘N paar dae terug het ‘n jong swart man sy kar omgegooi voor my net verby die Grayston brug. Toe ek uiteindelik gestop kry en sien of ek kan help het van die padwerkers die drywer en passasier al klaar uitgehaal. Net 5 minute toe is die ambulans daar. Oudergewoonte was die afbreekwa eerste daar. Die passasier het lelik seergekry en die “dronk” bestuurder net ‘n klein snytjie aan die kop. Maar het geruik soos ‘n brouery. Bier blikkies orals in sy omgekeerde kar. Toe ek die polisie man vra of hy hom ‘n alcohol toets gaan laat doen toe sê hy vir my nee. Die ou het seergekry. Ek moet ‘n hart hê. Wonder wat sou hy sê as die een met die klein snytjie wit was?

Leon ·

Rassisme…………………….dit is hulle wat dit veroorsaak. Hulle dink mos die land behoort aan hulle. Ek hoop iemand vat die saak verder want so kan dit nie aangaan nie – kyk hoe lyk ons land en die wereld lag vir ons

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.