Vrae oor burgemeester se R1 miljoen-motor

Maetu Kgaile, burgemeester van die Matlosana-munisipaliteit in Noordwes. Foto: Facebook

Maetu Kgaile, burgemeester van die Matlosana-munisipaliteit in Noordwes. Foto: Facebook

Die DA het Sondag gesê hy is verstom dat die burgemeester van die Matlosana-munisipaliteit in Noordwes, Maetu Kgaile, glo ʼn splinternuwe motor van R1 miljoen wil hê nadat haar Mercedes Benz, wat net ses maande oud is, in ʼn ongeluk betrokke was.

Patrick Sesana, DA-raadslid by die munisipaliteit, het gesê die party sal die Matlosana-munisipaliteit se staande komitee oor openbare rekeninge vra om die omstandighede te ondersoek waaronder Kgaile se amptelike motor in ʼn ongeluk was en hoekom dit nou nodig geag word om ʼn nuwe motor ter waarde van R1 miljoen aan te koop.

Volgens Sesana was Kgaile se motor in ʼn ongeluk betrokke net ses maande nadat dit aangekoop is. Hy beweer dat die ANC in Matlosana onlangs versoek het dat die munisipaliteit vir die burgemeester ʼn nuwe BMW X5 aankoop.

Die DA dring daarop aan om onder meer te weet of die burgemeester se bestuurder ʼn gevorderde bestuurskursus voltooi het, ʼn vaardigheid wat ʼn voorvereiste is vir ʼn burgemeester se bestuurder.

Die party wil ook weet of die burgemeester op pad na ʼn amptelike verpligting was ten tyde van die ongeluk, of die bestuurder se alkoholvlakke ná die ongeluk getoets is en hoekom daar geen mediese verslag beskikbaar is oor die beserings wat opgedoen is of ʼn verslag oor die skade wat aangerig is nie.

“Om die situasie verder te vererger, maak die burgemeester sedert die ongeluk van ʼn luukse huurmotor gebruik en die rekening vir die huur van motor raak al meer, maar word nie deur die burgemeester se kantoor bekend gemaak nie. Die DA sal versoek dat die burgemeester onmiddellik hierdie bedrag bekend moet maak of daar sal aansoek gedoen word vir die inligting in terme van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting,” het Sesana gesê.

Hy het gesê dat die munisipaliteit ʼn “kultuur van finansiële wanbestuur het” terwyl inwoners ly onder werkloosheid en ʼn tekort aan behuising en behoorlike dienste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Francois ·

Eish ons like om the flash, maar die onderdane vrek van honger en dors!

Elsie ·

Dis reg, kom kyk in klerksdorp na die agteruitgang van die dorp! Nou weet al ons inwoners hoekom, die burgermeester moet ń nuwe voertuig kry van R1 miljoen!! Belaglik!! Dankie DA, bly om te sien iemand maak werk daarvan. ANC wil net pocket en dit ten koste van die mense wat hulle in die leierskap posisie geplaas het.

Jordaan ·

Waarom kan die amptelike nie self ‘n kar bestuur nie? Hierdie is grootskaalse mors van geld. Meeste van ons se werkgewers is nie so vrygewig nie. Op haar salaris kan sy sekerlik ‘n Toyota of ander middelslag motor bekostig. Dit gaan my verstand te bowel dat amptenare dink hulle is geregtig op al hierdie luukshede

Vat hande ·

DA vat hande met Afriforum, hoe kan n onbevoegde (ongeluk na 6mde van splinternuut en inligting weerhou) sit & net belaglike luukse wil he,terwyl rekeninge nie betaal is & daar mense sonder huise en kos is. Leiers is veronderstel om deur voorbeeld te lei, skaam jou – jy gun niemand anders n lewe, jy dink net aan jouself dame! Verder pla die versekering my, dit moet mos regmaak? Of ry die dame nie n gestampte motor nie, net nuut is goed genoeg, dan moet jy of jou drywer jul bestuur ken!

Willem ·

Jordaan as sy self moet bestuur dan kan sy nie haar ‘make-up’ doen of facebook nie

Hehehehiehietjietjie ·

Dankie,lag ek nou lekker of duur Franse Champagne drink nie.

Jordaan ·

Ek is bevrees jy is dalk reg hieroor :-)
Mens moet maar lag, anders gaan mens se bloeddruk deur die dak!

Mike de Beer ·

Die feit bly staan dat daar vir haar gestem is en weer gestem sal word. DA “doe zo voort!!”

Nico ·

Desmond Tutu moet bietjie sy sê sê. Dit is sy geboortedorp.

Felix ·

Was Kldp nie laas bankrot nie?Wie doen finansiering in die geval en wie gee toestemming daarvoor?Bygese,in die korupte dorp is enige iets moontlik…..

Max ·

Nee ! Een Donkzumakar met 100,000,000,000,000,000,000 Zumdies!

Cherokee ·

Gerrie, hoe voel jy daaroor om met ‘n ondersoek na die Klerksdorp munisipaliteit as eerste projek, af te skop? Oorweeg dit gerus.

willem ·

vervolg haar en die ander ANC mense wat alles nou so toesmeer met Gerrie Nel se vervolgingeenheid by Afriforum…

Riaan ·

Ek bly in Klerksdorp in my woon buurt word die vermiste stop tekens nie eers vervang nie,wag net vir n noodlottige ongeluk om te gebeur.Hier was al n paar gewees gelukkig nie ernstig nie.Dit aangemeld by verkeer, die man se vir my almal weet hulle moet stop en kyk by n kruising al is daar nie n stop teken op nie. Dit is nou al seker 2 jaar of dalk meer wat die tekens weg is.Koop vir haar n kruiwa terwyl sy na meetings toe ry kan sy sommer die gate in die pad reg maak.

Kobie ·

Ons land het baie Gerrie Nels nodig. Die hele land is korrup.

Lions ·

Maar onthou ook net KFC proe darem net lekker is so duur kar.

Louis ·

Ja hulle is werkloos en kry swaar maar stem vir die korupte A N C sal hy stem

Jordaan ·

Die armes stem vir die party wat aan hulle beloof dit is ook vir hulle bestem om mooi karre te ry, baie salaris te trek sonder om te veel te werk.

Adam Boshoff ·

Hoe vra mens die nuwe OB om die saak te ondersoek Sy was mos gou om Thuli te laat betaal Sal haar graag get iets wil he met die ene

Johannes van Staden ·

Vergeet maar van OB… sy is net te besig nou om no 1 se boude uit die tronk te hou …die res kan maar vergaan …kyk bv na die 94 mense wat oorlede is …mense wat hulle weet afhanklik is van ander mense se hulp bystand en omgee …en hulle sterf agv dehidrasie en wanvoeding ! ! ! ….sal hulle dan regtig omgee vir n gat in die pad of n stopteken wat weg is …dink nie so nie….” new SA ” ! …wigte en teenwigte …dankie ou FW en al die ja stemmers ! Alles is opgeneuk en alles hang aan n draadjie …

Manie ·

Alle dorpe gaan agteruit. Die onder ANC en DA beheer. Die een so pateties soos die ander

Riaan ·

Hoekom betaal ek nou weer inkomstebelasting? Kan iemand my net asb herinner… 90% van die belastingbetalers het nie vir die regerende party gestem nie… Byvoorbaat dank Gerrie

Hanna ·

Dit vat net n t-hemp en n R25 kospakkie… Hierdie arm, werklose inwoners sal maar net weer ANC stem. Mark my words!

Joe ·

Ook al wanneer jy van die DA hoor, wanneer die ANC beter karre as hulle ry, waar is Muzi na die verkiesing?

Alida ·

Joe, Muzi is waar hy hoort. In sy kantoor besig om die ANC se gemors van 24 jaar te probeer regmaak. Hy werk nie alleen nie en moenie kinderagtig wees nie. Muzi weet 10/1 nie eers van die motor nie.

m ·

Hierdie mense gee nie om om karre af te skryf nie want die belastingbetalers dok ma net op vir nuwes.

Chris ·

Laat my dink aan die outjie wat vir sy pa vertel hy het vandag die burgemeester gesien. Die pa vra toe het hy sy ketting aan gehad. Nee sê die outjie, hy het sommer los rondgeloop.

CAROL ·

HET SY OOIT LISENSIE????? HULLE DINK AS JY NUWE KAR KRY KOM DIE LISENSIE SAAM!!!

jean ·

Ag lekker!…… solank dit ‘n ander se geld is gee ons nie om nie nê!

REGVERDIG ·

Regtig????????
Regtig????????
Haar mense vrek van die ellende en die “dame” wil n nuwe motor hê….
Goeie gom, wat nog? Maak jou flippen kar reg en sien dat jou mense kos kry mevrou ‘fansie”

Albert Marais ·

Ag nee wat DA – sal nie ‘n duik maak in die geval nie, Kry liewers vir Afriform met Gerrie Nel in om iets daadwerkliks te verrig

Chnel ·

En wat van Musina, Limpopo met infrastruktuur veral paaie wat in ‘n chaotiese toestand is en die munisipaliteit wat der miljoene skuld maar waar die burgermeester, ook ‘n dame, klaarblyklik aandring op ‘n R1,1mil se motor en bleikbaar ook nuwe kantoor spesiaal vir haar gaan laat bou.

Cas ·

Gee vir hulle Ford kugas en die probleemis op gelos daar is baie en hulle het geen waarde nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.