David Maynier, woordvoerder van die DA, het gesê hy het op 15 April aan Murray Mitchell, direkteur van die finansiële-intelligensiesentrum (FIC), geskryf en hom versoek om ʼn ondersoek te doen na bewerings rondom die Guptas. “In hierdie tyd was daar groot kommer dat die Guptas Suid-Afrika verlaat en hul geld onwettig saamgevat het.”
Mitchell het in reaksie op Maynier se versoek gesê sy versoek sal oorweeg word in terme van die magte en verantwoordelikhede wat die FIC ingevolge wetgewing het. Maynier se versoek is ook na die minister van finansies verwys.
Volgens Maynier kon hy sedertdien nie bevestig of die FIC die Guptas ondersoek nie. “Pravin Gordhan, minister van finansies, het geweier om tydens verlede week se begrotingsrede van die Tesourie te antwoord op ʼn direkte vraag oor die aangeleentheid.”
City Press het Sondag berig ʼn herehuis ter waarde van 110 miljoen dirham (sowat R445 miljoen) in Dubai is volgens bronne die Guptas se nuwe huis. Die huis, wat met goud en marmer versier is, het 10 slaapkamers, 13 badkamers, nege onthaalvertrekke, plek vir 11 motors en kandelare in amper elke vertrek.
Die Guptas het sowat ʼn maand gelede inderhaas die land verlaat in hul private straler, glo om ʼn nuwe lewe in Dubai te begin.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
22 Kommentare
Een van dai kamers is n losies kamer vir Zumpi
Wat kan ons daaraan doen?
Makilik…,….NIKS!!!!
Onwettige bates en groot bedrae geld uit SA geskuif het dan is dit mos nie hul geld wat hulle onwettig saamvat nie of lees ek dit nou verkeerd.
Onse zuma ga nog president word in Doebai
Was Julius Malema reg……toe hy gese het Mnr Zuma het 6 bn uit die land geneem Dubai toe met st laaste besoek? Miskien was hy nie verkeerd nie en Mnr Zuma het weereens die Guptas gehelp.
“N ondersoek na die aangeleentheid?? of is Mnr Zuma bo verdenking??