Vrae oor hoe sukkelende SAAT salarisse betaal

Argieffoto bloot ter illustrasie (Foto: SAAT)

Die DA het parlementêre vrae aan die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, gerig om vas te stel hoe SAL Tegnies (SAAT) sy werkers se salarisse vir Maart gaan betaal.

Luidens berigte het SAAT nie genoeg geld om salarisse vir Maart of die daaropvolgende maande te betaal nie.

SAAT het glo teen verlede Donderdag maar R10 miljoen kontant beskikbaar gehad. Dit is egter hoegenaamd nie genoeg om sy personeel se salarisse en ander uitgawes te dek nie.

Alf Lees, ʼn DA-lid van die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor), sê die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se sakereddingspraktisyns, wat beweer dat hulle geen jurisdiksie oor SAAT en ander SAL-filiale het nie, het nogtans ʼn massiewe reddingsboei van R2,7 miljard vir SAL-filiale in die reddingsplan van R10,5 miljard ingesluit.

Volgens die minister sal hierdie reddingsboei egter eers beskikbaar word sodra ʼn spesiale kredietwetsontwerp later vanjaar aanvaar word. Dit sal egter waarskynlik nie voor einde Mei gebeur nie, wat beteken dat die SAAT nié net tydens Maart nie, maar ook in April en Mei te min geld gaan hê om sy salarisse en ander bedryfsuitgawes te dek.

“Waar sal die geld vir salarisse dan vandaan kom?” wil Lees nou weet.

Die DA meen die oorblywende geld van die SAL se reddingsboei van R7,8 miljard wat onlangs aan die lugdiens betaal is, sal waarskynlik gebruik word om SAAT se salarisse te betaal. Dit sal egter strydig wees met die voorwaardes verbonde aan die reddingsboei.

Nog ʼn opsie is dat banke korttermynlenings aan die SAAT toestaan op grond van die reddingsboei van R2,7 miljard wat waarskynlik later uitbetaal sal word. Dít sal egter ʼn “klap in die gesig” wees vir Suid-Afrikaners wat sukkel om kos op hul tafel te sit, sê Lees.

Die DA sê nou hy sal elke poging van die regering stuit om die parlement te stoomroller om die reddingsboei wat die ANC voorstel, goed te keur. “Ons sal alles in ons vermoë doen om die bewilliging van R2,7 miljard vir SAL-filiale te keer,” sê Lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jack ·

Tania in die land is dit baie moeilik op skelms te stop.Enige gekonkel met geld en vir geld word gestoomrol oor enige weerstand en dan onder die tafel ingevee.Erens sal geld gevind word om die probleem op te los al moet daar ook op ander getrap word.

Grassie ·

Die SAL laat my dink aan ‘n perd wat besig is om dood te gaan maar net nie finaal aan’t vrekte kan gaan nie. Net as ‘n mens dink hy is nou dood gee hy weer ‘n paar stuiptrekkings wat miljarde rand uit die flentergat regering se geldkassie plunder. Die arme oorbelaste belastingbetalers moet maar net hoes en betaal omdat die onbevoegde regering net nie wil erken dat hulle nie in staat is om ‘n lugredery te bedryf nie.

SwartBees ·

Intussen gaan die lewe voort….huis moet betaal word, skoolfonds moet betaal word, die nuwe elektrisieteit tarief moet gehoorsaam word, diealewig-stygende nuwe petrol tarief moet gehoorsaam word, medies moet betaal word, tax moet betaal word (geen verligting vir die SOE werkers nie),, kos moet gekoop word. Hoe moet hierdie arme mense kop bo water hou et al die stress? Maar hul shareholders lag al die pad.

Hennie ·

Swaetbees, moet ons as belastingbetalers maar net aanhou betaal omdat ons jammer voel vir SAAT se werknemers?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.