Vrae oor jong Ramaphosa se kontrak met Bosasa

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Daar was groot drama in die parlement vanmiddag toe die DA-leier, Mmusi Maimane, aan die lig gebring het dat R500 000 oorbetaal is aan pres. Cyril Ramaphosa se seun, Andile, deur die omstrede veiligheidsmaatskappy Bosasa.

Bosasa is tans in die nuus omdat die owerhede besig is met ondersoeke na verskeie skenkings van die maatskappy aan politici. Dit het reeds gelei tot die bedanking van die ANC-LP Vincent Smith as voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor justisie en die grondwetlike hersieningskomitee.

Daar was dus ʼn opskudding toe Maimane gedurende presidensiële vraetyd vanmiddag vorendag kom met dokumentêre bewyse dat Bosasa ʼn halfmiljoen rand aan Andile Ramaphosa oorbetaal het, en vir Ramaphosa vra wat hy daaromtrent gaan doen.

Die president het geantwoord dat die betaling geruime tyd gelede onder sy aandag gekom het, en dat hy sy seun daaroor gekonfronteer het.

Volgens Ramaphosa bedryf sy seun ʼn finansiëlekonsultasie-onderneming en is die bedrag wat deur Bosasa oorbetaal is, vergoeding vir dienste gelewer, onder meer vir die instel van teenkorrupsiemaatreëls.

“Ek het my seun onder kruisverhoor geneem en hy het my verseker dat hy ʼn openlike en eerlike onderneming bedryf. As hy enigiets verkeerd gedoen het, sal ek hom persoonlik by die polisie aanmeld en tronk toe neem,” het Ramaphosa belowe. Hy het ook sy kinders versoek om geen sake met die staat te doen nie.

Ramaphosa het ook die ineenstorting van VBS Bank bespreek. Hy het die korrupsie en diefstal by die bank uitgelig. “Kort nadat ek president geword het, het die nasionale tesourie my ingelig oor beweerde korrupsie by die VBS Bank. Dus het ek ʼn indiepteverslag aangevra, en daarna die Motau-verslag bestudeer.

“Almal wat skuldig is en voordeel getrek het, moet verantwoordbaar gehou word. Die owerhede moet spoediger optree om die spaargeld terug te kry wat weg is. Dit is armes, stokvelgroepe en begrafnisverenigings wat besteel is. Ook politici wat stadsraadsgeld by VBS belê het, al was dit wettig, moet aan die pen ry,” het Ramaphosa gesê.

Die EFF-leier, Julius Malema, het gevra dat skuldiges gestraf word, maar dat VBS nie gesluit word nie omdat dit dienste aan landelike armes verskaf het wat handelsbanke nie verskaf nie.

Ramaphosa het uitgewys dat likwidasie die enigste voorland vir VBS is, maar het met Malema saamgestem dat ʼn bank wat soortgelyke dienste as VBS op ʼn eerbare manier verskaf, daargestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

jean ·

Janee…hoekom sou dit nou anders wees….en so in die stilligheid.

RG ·

SIEN, die hele lot is korrup. Nie een President van die afgelope 24 jaar het gewerk vir hul rykdom nie. Hoe verwag SA moet so President sy eie mense onderrig om eerbaar te werk vir hul sukses. Natuurlik gaan hy vir hulle rykdom probeer bewerkstellig soos dit in sy skoot geval het, ten koste van die wat wel daarvoor gewerk het. DIS AL WAT HULLE KEN!

pop ·

rog wil malema hê dat brian shivambo vry moet wegstap. hoe ruim dit? namens wie het shivambo die geld in ontvangs geneem?

dr. Sakkie van der Merwe ·

Pa se hy hy het geld gekry, seun se hy het nie. Pa of seun lieg. Wat ‘n grap.

value ·

Hoekom moet VBS oop bly? Seer sekerlik dat hulle nog ñ tweede plundering kan beplan.

Johan Kruger ·

Dit maak nie saak of die transaksie werklik was of nie, parlemantere akte beskryf duidelik dat parlemenstlede en hulle direkte familie nie mag besigheid doen met staats organisasies nie,.so onwettig en hy praat dit goed

Krummel ·

Beide lieg!! Ons het mos nou al gesien hoe kan pappa lieg sonder om te blik of te bloos oor die plaasmoorde. Maar nou ja, hulle kan ok mos nou nie bloos nie. So, dit maak dit makliker om te lieg.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek het soveel verwagtinge vir Ramaphosa gehad en moes nou hoor van sy seun wat geld ontvang het waarvan ons niks geweet het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.