Vrae oor kwalifikasies van polisiehoë

Waar is die oorspronklike kwalifikasies van die luitenant-generaal wat aangestel is as hoof- inligtingsbeampte by die polisie se tegnologiebestuursdienste – en waar is die nuwe 3-reeks BMW, kantoorsleutel en motorbestuurder wat glo aan haar toegewys is?

Dit is sommige van die vrae wat die Independent Policing Union of South Africa (Ipusa) eis dat die polisie beantwoord. Dié vakbond sê in ʼn verklaring “dr. DJ, prof. lt.genl. [Sibongiseni] Thotsejane het gedros” nadat die polisie se topbestuur daarop aangedring het dat sy haar oorspronklike kwalifikasies voorlê.

Luidens Ipusa is dit standaardprosedure dat afskrifte van kwalifikasies verskaf word tydens ʼn onderhoud by die polisie, maar dat die oorspronklike dokumente dan voorgelê moet word om nagegaan te word. Volgens Ipusa is Thotsejane in die pos aangestel, maar sy het nog nie haar oorspronklike kwalifikasies voorgelê nie.

Thotsejane is glo onbereikbaar op haar selfoon en volgens Ipusa is veiligheidswagte opdrag gegee om haar toegang tot die kantoorgebou waar sy werk te weier. Sy is glo geskors.

“Haar aanstelling het aan haar ʼn motorbestuurder, ʼn nuwe 3-reeks BMW, ʼn kantoor en ʼn salaris van nagenoeg R2 miljoen per jaar besorg. Sy het die slot vir haar nuwe kantoor verander en verdwyn. Sy het die nuwe motor, kantoorsleutel, selfoon en bestuurder saamgeneem,” sê Bethuel Nkuna, president van Ipusa.

Hy sê die polisie moet aan belastingbetalers verduidelik hoe ʼn situasie soos hierdie toegelaat word om te gebeur.

“Daar is geen ander instelling waar ʼn hoof- inligtingsbeampte aangestel word sonder ʼn behoorlike veiligheidsklaring nie,” sê Nkuna.

Ipusa sê die polisie se aanstelling van Thotsejane, ook ʼn platejoggie, “in ʼn sleutelpos as hoof- inligtingsbeampte om tegnologiebestuursdienste as ʼn afdelingskommissaris te lei”, is ʼn belediging vir toegewyde, hardwerkende en ervare polisielede.

Die unie bestempel haar as ʼn “kamma persoon” [“bogus person”] met onbeperkte toegang tot die polisie se ganse IT-infrastruktuur en stelsels.

Kol. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, het by navraag aan Maroela Media gesê: “Die aanstelling van polisielede en die gevolglike indiensnemingskontrak tussen die werkgewer en die werker is departementele kwessies wat ons nie bespreek of in die openbare domein oor kommentaar lewer nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dup

As jy narre aanstel dan sal die land in ñ sirkus ontaard.

Diline

BOETIE sorg vir boetie – SKELM ANC kaders wat hulle maatjies in poste sit waarvoor hulle GEENSINS die kwalifikasies OF ondervinding het nie. NOU kan almal sien hoekom hierdie land in sy glorie in is.

Danie

Goeie wetter 2 mil per jaar en dit vir ń plate joggie “well done” saps waar is julle HR

Samuel

Wat steek die SAPD weg wat hulle nie in die openbaar kan bekendmaak nie? Hierdie aanstelling is verdag.

Casper

Nou toe nou.Waarheen sou sy verdwyn het en hoekom.Ek dink sy het gelieg oor haat kwalifikasies en toe hulle dit uitvind toe verdwyn sy.Hoe kon hulle dan vir haar die voertuig,die motorbestuurder en kantoor gee.Was sy dan al klaar aangestel.