Vrae oor Medupi se veiligheid

Medupi Foto: Medupi Powerstation Project, Facebook

Medupi Foto: Medupi Powerstation Project, Facebook

Kommer bestaan oor die veiligheid van Medupi nadat besluit is om af te sien van internasionale voorskrifte vir veiligheidstoetsing.

Chris Yelland berig vanoggend in Moneyweb dat ’n pyp, wat stoom in ’n toetsfase deur eenheid 6 se turbines moes blaas, dit weens foutiewe konstruksie, nie na behore kan doen nie. Die stoom moes ook die stelsel skoon blaas van vuiligheid wat deur die bouery veroorsaak is. Volgens Eskom sou dit ses maande duur om die foutiewe pyp te vervang, en daarom is besluit om die proses te staak.

Volgens die berig kan vuiligheid in die turbines gesien word. Eskom ontken egter dat die kansellasie van die skoonmaakproses en veiligheidstoetsing enige veiligheidsrisiko’s inhou.

Medupi se fase ses sou reeds ’n jaar gelede die eerste wees wat in bedryf gestel sou word. Dit is toe na 24 Desember 2014 verskuif – ‘n datum wat ook nie gehaal is nie. Die middel van Januarie word steeds as teikendatum gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bleskop ·

Ek sien/hoor ‘n mirse harde kaboem………
Daar is redes hoekom sekere stappe gevolg moet word, oops vergeet, dis Eskom weet beter as wat deur die internationale gemeenskap gesien word as standaard veligheid protokol.
KABOOOOEEEEEEEMMM !!!!!!

Grassie ·

Bleskop….ek is nie bekommerd oor Medupi se kaboem nie. Ek is net baie bly ek woon vér van die Kaap af vir die dag wanneer Koeberg kaboem gaan maak.

Anton Smit ·

Dit nie net eskom wat so stupid is nie baie stadsrade waar die nuwe suid afrika die elektriese stelsels bebryf word nuut geinstalleerde kabels ook nie meer gedruktoets nie wat altyd die begin van probleme is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.