Vrae oor NK-ambulansdienste ná ongeluk

Die ambulans word opgelaai op die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

Noord-Kaapse inwoners het opnuut hul kommer uitgespreek oor onvoldoende ambulansdienste en oorwerkte personeel in dié provinsie ná ʼn ambulans met 18 pasiënte aan boord vandeesweek in ʼn ongeluk betrokke was.

DA-LP Veronica van Dyk het in reaksie op die ongeluk gesê daar behoort ʼn deeglike ondersoek na die ambulansdienste in Namakwaland gedoen te word. “Mense se lewe word in gevaar gestel, omdat daar nie voldoende instandhouding is nie. Die ANC faal ons wat gesondheidsorg betref,” het Van Dyk gesê.

Die voertuig van die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement wat pasiënte vervoer was Maandag op die N14 vanaf Springbok na Kimberley onderweg toe die ongeluk gebeur het. Daar was 18 pasiënte in die ambulans toe dit tussen Aggeneys en Pofadder vermoedelik deur ʼn sterk wind van die pad geruk is. Blykbaar het ʼn band hierna gebars en die voertuig gerol.

Die pasiënte moes opvolgondersoeke in Kimberley ondergaan toe die ongeluk gebeur het.

Volgens Lulu Mxekezo, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, het die bestuurder en 18 pasiënte wonderbaarlik aan die dood ontkom.

Die ambulansbussie kom op Springbok aan. (Foto: Verskaf)

“Vyf pasiënte moes per helikopter na die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal in Kimberley vervoer word. Agt van hulle is by die hospitaal op Springbok behandel en ontslaan. Tans lê ses nog in dié hospitaal vir behandeling,” het Mxekezo gesê.

ʼn Egpaar, George en Rose Thomas, wat in die ambulans was toe die ongeluk gebeur het, sê hulle het net donkerte gesien nadat die ambulans op sy dak gerol het. George het kop- en borsbeserings opgedoen en is van die beseerdes wat nog in die Springbok-hospitaal lê. Sy vrou, Rose, wat ook veelvuldige beserings opgedoen het, is vroeër ontslaan.

Die LUR vir gesondheid in die Noord-Kaap, Fufe Makatong, het die voorval betreur en die beseerdes sterkte toegewens nadat sy hulle by die hospitaal in Kimberley gaan besoek het.

Plaaslike inwoners het hul skok oor die ongeluk uitgespreek en talle het gesê die lang afstande, onvoldoende ambulanse en oorwerkte mediese personeel in die Noord-Kaap hou toenemend risiko’s in vir sulke ongelukke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Karlahari ·

Afstand Springbok na Kimerley 775 km
Springbok na Upington 380km.
Iets maak nie sin nie. Upington het n splinternuwe hospitaal……
Maar ja. Dit is hoe die ANC na sy kiesers kyk….

Noordkaper ·

Om een of ander rede is Noordkaap se provinsiale hospitaal in Kimberley. As die kleiner staatshospitale jou nie kan help nie, moet jy soontoe. Ek stem dat dit belaglik is.

Asjas ·

Beter vraag is:
Hoekom is daar nie ‘n voldoende Hospitaal op elke dorp nie???
Ek weet daar is nie een op ons dorp nie, naaste hospitaal is 60km weg en pasiente word ook met onpadwaardige ambulanse aangery.

Elize ·

En in Garies staan n hosp wat miljoene gekos het leeg en verlate

? leser ·

sterkte aan al die beseerdes en families
ek dink eerder dit was andersom wat die ongeluk veroorsaak het, eers die band wat bars en dan van die pad af
dit moes ‘n allemintige windsterkte gewees het om die bussie met 19 insittendes om te waai

Noordkaper ·

Jy ken duidelik nie die Noordkaapse winde nie. Onthou, daar is nie geboue en bome wat die wind bietjie briek nie.

Elsa ·

Het daar groot geword. Daar waai die wind jou in n ander bloedgroep

Piesang ·

Maar steeds stem hulle vir die ANC. Jammer vir dié wat daaronder moet ly!

Avra ·

Dit wil ek ook weet. 19 in n ambulans! Come on, not possible. Tensy party op die bampers en op die dak gesit het

Johan ·

Die skrywer van die berig raak ook hier en daar die pad byster. Dis nie ‘n ambulans of ambulansbussie nie maar ‘n “non emergency patient transporter”. So’ n tipe bussie kan gewoonlik 22 – 25 pasiente vervoer. As ‘n wiel bars teen 100 kmpu is kanse goed dat die voertuig sal swenk en rol afhangende van hoe goed die drywer dit kan beheer. Dalk sal die ondersoek ook kan uitwys wie na die vloot behoort om te sien – gaan klop gerus by die Wes-Kaap aan waar Staatsmotervervoer Entiteit dit uitstekend doen.

Isaac Cloete ·

Johan, AMBULANS is eintlik en/of normaalweg n mobiele(beweeglike) “middel” soos n voertuig wat siek of beseerde mense vervoer. Dit kan ook selfs na n veldhospitaal verwys op byv die slagveld. Hier moet dit ook vir soldate “mobiel” of maklik verskuifbaar wees van een terrein na n ander.

n Mens kry selfs n ambulanstrein(hospitaaltrein) wat eintlik n “mobiele” soort hospitaal is wat van plek tot plek kan ry. Laastens praat mens ook van ‘n ambulanswa. En wat van byv die Rooikruis noodvliegtuie, wat eintlik ambulanse in die lug is, dws lug-ambulanse.

So, AMBULANS verwys dus na n mobiele veldHOSPITAAL of VOERTUIG vir pasiente(siekes, beseerdes, kranklikes) en nie noodwendig of altyd net na n vierwielvoertuig wat net 2 pasiente op n slag kan vervoer nie.

RH ·

Wie is in beheer van die weskaap polities gewys Johan? Dit het alles met politiek uit te waai. Daai amptenare is almal anc gekies my ou, dus, is die anc in beheer van daai vloot en mense. Hulle slaan die guitar nie die amptenare nie. Hulle dans net volgens n dientjie.

Stem reg ·

Jammer mense julle het die geleentheid gehad om reg te stem maar nee … dus kry vir julle. Die vraag is ook was almal pasiente of was daar tjommas ook in?

Johan ·

Politici bestuur nie normaalweg die voertuigvloot nie, dis amptenare. Lees my vorige inset – was nie ambulans nie!

RH ·

Ongelukkig is daar sekere prosedures en afdelings wat slegs in Kimberley kan gedoen word. Upt het nie alles wat n hospitaal gewoonlik moet he nie. Onthou. Hulle het gese hulle bou n hospitaal! Hulle het nie gese dit gaan alles kan dek wat nodig is nie. Dus word die NKse mense Kimberley toe verwys. Dit is hoe dit is met die regering. Sit geboue op en dit lyk goed maar binne is dit leeg. Presies soos die regering se klomp. Mooi aan getrek en netjies maar koppe so leeg soos blikke en pampoene sonder pitte. Jy moet “pitte” he my ou. Pitte om te kan dink lol.

RH ·

“Nie normaal weg nie” is die beklemtoon stuk Johan. Altens, nie veronderstel nie, maar ons ken nou die maniere waaronder al die staats dienstes beheer word en hoe dinge loop al vir 25 jaar. Dit het net vererger en gaan nou eers meer erger word!

Nikki ·

Upington Se nuwe hospitaal slegs n wit olifant dàarom mut ons steeds Kimberly Tu gàan

Trol ·

Ten spyte van sulke voorvalle het hulle weer vir die anc gestem.

Danie ·

Jammer vir pasiente.
Net 2 vrae:
1) Hoekom word ambulanse wat vir noodgevalle bedoel is gebruik om gewone nie ernstige gevalle te vervoer?
2) Die herwinningsvoertuig: Sien geen padwaarskuwings lees driehoeke om aankomende verkeer te waarsku.
Kommentaar van ‘n leser die naweek oor padongelukke:
Geen respek vir ander
Geen respek vir owerhede laasgenoemde wat ook in elk geval nie hul werk doen

Anna ·

Die probleem is dat die ambulanse soos paloekas ry op die paaie. Dit kon net so wel n taxi gewees het. Die bestuurstyl is presies dieselfde. In die Noord Kaap moet jy duck en dive as jy n ambulans/taxi sien. En nog mooi ook kyk of daar passasiers of vee in is..

Piet ·

Dai bussies ry elk geval oor spoed, kry hulle baie op die pad tussen Upt en Cambell, ry 120kmph en hulle spoed is 80 of 100, maar die feit dat die bestuurder nie spoedgrense kan na kom nie sal jy met die probleme sit

Ig ·

Klink soos daai oeroue verskoning van”n dronk hond het voor my ingehardloop”

hercu ·

this is the def of stupidity:

“foolishness, brainlessness, ridiculousness, fatuousness, asininity, pointlessness, meaninglessness, knowing and seeing the truth and still believe all the lies”

in a country where the president says that his government is corrupt and steal money, and denies farm murders and attacks, how is it possible that the ANC government reach +- 51% of the votes in the election?

how can any sane person believe the IEC and/or the cANCer government and still vote ANC?

something, somewhere is cooking and it’s not on my stove!

KrokodilBotha ·

Sterk wind daarso. Dan sou dit meer gebeur, en dan af die teer en dan bars die wiel. Jip, ek al baie daai pad gery. Koes seblief net vir die plat grond, melkbos en eensame gemsbok dans jy ok.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.