Vrae oor ondersoek na sterftes by hospitaal sloer

Jack Bloom. (Argieffoto: ANA)

Die DA sê daar moet dringend verantwoording gedoen word oor sterftes by die brandeenheid van die Dr. George Mukhari-hospitaal wat moontlik voorkom kon word.

Jack Bloom, die DA-woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, het gesê die Gautengse premier, David Makhura, het volgens inligting van die LUR vir gesondheid in die provinsie, Bandile Masuku, drie jaar gelede al opdrag gegee dat ʼn forensiese ondersoek na nege sterftes by die eenheid gedoen moet word.

“Die brandeenheid is gebou met ʼn skenking van R3 miljoen van die Smile-stigting en nóg R3 miljoen van die departement van infrastruktuurontwikkeling. Dit is op 21 November 2016 geopen en in Januarie 2017 gesluit weens pasiëntsterftes,” het Bloom gesê.

Volgens hom het mediese kenners destyds gewaarsku dat pasiënte kan sterf weens onvoldoende ventilasie in die eenheid, maar dat sekere amptenare daarop aangedring het dat die opening van die eenheid voortgaan.

“Nóg ʼn bewering is dat die uitvoerende hoof van die hospitaal, dr. Freddy Kgongwana, versuim het om die destydse LUR, Gwen Ramokgopa, in te lig dat nege pasiënte gesterf het. Hy het beweer kliniese werkers het eers ná die opening hul kommer oor die ventilasiestelsel uitgespreek en nie voor die tyd nie.

“Dr. Kgongwana is tans geskors weens verskeie aanklagte hieroor, asook oor ander kwessies,” het Bloom gesê.

Bloom het gesê dit is kommerwekkend dat daar drie jaar later steeds geen beduidende optrede teen minstens drie mense wat by die sterftes betrek word, was nie.

Die eenheid is na die sterftes noodgedwonge gesluit en is onlangs eers heropen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johnny

By n staat hospitaal word jy opgeem vir n siekte maar gaan dood met n ander siekte

Elvira

Julle vra verniet. Onvoldoende opleiding en traak my nie agtigheid. Begin daaaaar vrae vra. Ons goed opgeleide Suid Afrilaanse dokters word nie aangestel nie hulle voer mos die lot vanaf Afrika lande in en daai lot weet niks.

Hanna Hoekom

Ek het as student in 2006 in hul ou brandeenheid gewerk en glo my, daar het baie pasiente gesterf! Ek dink nie die nuwe eenheid het enigsins tot die sterftes bygedra nie. Die suster in beheer het in die nag by n privaat hospitaal ekstra ure gewerk en heeldag aan diens geslaap. Verder het die eenheid vir 3 weke geen skoon beddegoed gehad nie, want die wassery se werkers het gestaak. Kakkerlakke het oor pasiente gehardloop, apies het in die sale ingekom en rondloper katte het eerste aan die pasiente se kos begin vreet… Nodeloos om te noem, dit was… Lees meer »

Gemaskerde Sopbeen

Kan Maroela Media nie vir ons een keer per dag net ‘n artikel plaas van iets wat hierdie spul kon REG doen nie? Ek weet dis moeilik…..maar soek bietjie…

Willem Grobler

As die NVG sy werk behoorlik doen sal die ganse ANC pens en pootjies in die tronk sit.