Vrae oor onderwysdepartement se entstofregistrasie

(Argieffoto: GCIS)

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag in ’n skrywe aan die departement van basiese onderwys duidelikheid versoek oor die stelling wat die departement luidens ’n mediaverklaring gemaak het dat ouers en voogde van leerders verplig sal word om te registreer as deel van die departement van gesondheid se beplande inentingsprogram.

Volgens Natasha Venter, bestuurder vir onderwysregte by AfriForum, is die organisasie nie gekant teen die toediening van die entstof nie. “Dit behoort egter elke persoon se keuse te wees of hy/sy, asook sy/haar kinders, ingeënt wil word. Pres. Cyril Ramaphosa het die land herhaaldelik verseker dat niemand verplig sal word om die entstof te ontvang nie, maar die departement van basiese onderwys se stelling oor verpligte registrasie vir die inentingsprogram strook nie hiermee nie.”

Die burgerregteorganisasie wil onder meer die volgende by die departement weet:

  • wat die doel van die registrasie is;
  • of ouers en voogde verplig gaan wees om te registreer, asook wié hulle moet registreer (hulself of hul kinders/pleegkinders);
  • vir watter doel die register gehou sal word; en
  • of leerders by openbare skole gedwing sal word om die entstof te kry.

“Alle navorsing dui daarop dat kinders en jongmense die simptome van die virus minimaal indien enigsins ervaar,” voeg Venter by. “Dit maak dus nie redelikerwys sin dat só ’n register nodig is nie. Indien die regering met hierdie registrasieproses beoog om die inenting van leerders by openbare skole verpligtend te maak, sal AfriForum dit beveg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

annie ·

Neem SA nou deel aan ‘n eksperiment om middels wat immuniteit verhoog, te toets? En kry die ANC ‘n kickback? Wanneer iemand registreer vir iets, is jy ook aandadig aan die gevolge. Sou skoolkinders siek word, gaan eise ingestel kan word vir mediese kostes? En gelewer deur wie? Waar? In ons super-duper-hospitale? Die ANC is ‘n ongeluk wat ‘n plek soek om te gebeur.

Jan ·

Dit is dom om ‘n bevolking te wil inent met ‘n entstof met newe-effekte vir ‘n toestand met ‘n herstelkoers van 98% en wat 0,02% van die bevolking bedreig. Om skoliere wat bykans geen risiko het nie te wil inent is niks minder as idioties nie.

Dirk Mostert ·

Bravo Afriforum! Eksperimentering op mense word deur die Nurenberg-kode verbied.

PATRICIA ·

Indien so iets verpligtend gaan word, dan liewer my 2 uit die skool haal.

Theo ·

Die regering weet goed dat dit ongrondwetlik is om mense te dwing om iets aan hul liggame te laat doen. Maar hulle vat kanse met hierdie verpligte registrasies ens. omdat hulle die bevolking geleidelik wil gewoond maak aan totalitere regering en om dinge wat opgedwing word, maar klakkeloos te aanvaar.

Catherina ·

Wie gee hulle die reg om vir ouers te besluit? Nee dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.