Die DA vra dat die onthullings omtrent Xolile George, sekretaris van die parlement, se salaris dringend ondersoek moet word.
Volgens dié onthullings verdien George meer as R4 miljoen per jaar; dit is byna twee keer die salaris van R2,6 miljoen waarop ooreengekom is toe hy as sekretaris aangestel is.
Siviwe Gwarube, hoofsweep van die DA, sê Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering, en Amos Masondo, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, het die parlement glo mislei oor George se salaris. Sy vra gevolglik dat albei hiervoor ondersoek moet word.
“Die DA gaan ʼn dringende klag by die komitee oor magte en voorregte indien om die uitvoerende gesag [Mapisa-Nqakula en Masondo] te ondersoek vir die verbreking van hul ampseed en die verraad van die beginsels van deursigtigheid en aanspreeklikheid,” sê Gwarube.
“Mapisa-Nqakula en Masondo het hul gedragskode, etiese kode vir lede van die uitvoerende gesag en hul verantwoordelikheid vir die finansiële bestuur oortree. Hulle het ook die vertroue geskend wat in hulle geplaas word om in die beste finansiële belang op te tree van ʼn instelling wat sukkel om sy grondwetlike verpligtinge na te kom weens streng finansiële beperkings.”
Volgens Gwarube het Mapisa-Nqakula en Masondo die volgende oortredings begaan:
- Oortreding van die Wet op Bevoegdhede, Voorregte en Immuniteit van die parlement en provinsiale wetgewers. Deur die parlement en die verskillende komitees wat bedoel is om hulle aanspreeklik te hou glo te mislei, het Mapisa-Nqakula en Masondo ingemeng in die toesighoudingsfunksie van parlementslede deur in die geheim ʼn salarisverhoging van R1,8 miljoen met George te beding nadat die parlement die salaris van R2,6 miljoen by sy aanstelling aanvaar het.
- Sou die pos openlik geadverteer word sonder enige verdagte transaksies, kon die parlement ʼn groter poel kandidate gelok het. Om die salaris drie maande ná die aanstelling te verhoog, dui daarop dat dit ʼn ooreenkoms was wat die parlement mislei het. Daarbenewens kan ʼn mens aanvaar dat dit gedoen is om ander bekwame kandidate van die werwingsproses uit te sluit.
- Ingevolge die Wet op Finansiële Bestuur van die parlement en provinsiale wetgewers word daar van die uitvoerende gesag verwag om in ooreenstemming met die etiese kode (en gedragskode) op te tree wanneer hulle rekenskap gee van die gesonde finansiële bestuur van die parlement. Daar kan aangevoer word dat hierdie geheime salaristransaksie in direkte kontras met daardie vereiste is.
- Die etiese kode vir lede van die uitvoerende gesag plaas bykomende verantwoordelikhede op die uitvoerende gesag om op te tree op ʼn manier wat die publiek se belange op die hart dra, ʼn verpligting wat nie nagekom word deur bloot binne die wet op te tree nie. Dit is egter nie gedoen nie.
“Die bewerings wat speaker Mapisa-Nqakula en Masondo nou in die gesig staar, dui daarop dat hulle nie geskik is vir die taak op hande nie. Hulle het nie die werwing van die sekretaris van die parlement op ʼn oop en deursigtige wyse gedoen nie. In plaas daarvan toon hierdie bewerings dat hulle aktief probeer het om die parlement te mislei. Dit is hoekom hulle albei dringend ondersoek en hierdie saak in die openbaar ondersoek moet word.
“Die parlement is die instelling wat bedoel is om die regering tot verantwoording te roep. Die optrede van die speaker wek geen openbare vertroue nie en skep nou twyfel oor die instelling se eie finansiële bestuur.”
War se kwalifikasies het die man om so n salaris te verdien. Die soustrein stoom nog volspoed voort.
Nie eers snaaks nie. Kader ontplooing in die ergste graad! Kan geen cANCer lid vertrou nie. Lieg en bedrieg so ver hulle gaan.
Dis baie eenvoudig, die man verdien n monster salaris per maand wat dan maand-einde in 3 gedeel word sodat Mapisa-Nqakula en Masondo elkeen hulle deel van die soustrein kry.
Hou op kla. Die man VERDIEN sy salaris deur en deur. Hy is lid vd ANC en is hoogs betroubaar soos al die ANC ampsdraers.
Die land het nie geld nie, gewone staatsamptenare kry skaars ‘n behoorlike verhoging, miljoene mense is werkloos en honger, maar die een kry ‘n verhoging van miljoene!!! Geld om wat mee te maak? Alles word vir hom voirsien! Die is net sakgeld!! Soos vir alle regeringsamptenare! Ons moet bloed sweet om kop bo water te hou en dan nog vir hulle ‘n luukse lewnensstyl verseker! Wat ‘n skande!!!!
Kader ontplooiing!
Ek is beslis in die verkeerde beroep.
Vertel meer.
Sjoe die man pay darem baie geld ne nee ondwrsoek bietjie hoe so baie geld !!!!!!
Dekades lank speel n hartseer tragedie hom al af in hd mooi land van ons. Want ons word regeer deur mense, kaders sonder inbors integriteit. Is dit dan al wat die Afrikamens kan bied?
Ek wonder hoeveel persent van die bevolking verdien R4 Miljoen/jaar. Ons moet seker ook glo hy verdien dit en hy betaal belasting nè.
En so word die soustrein langer by die uur.
As jy ‘n vandaal is sal jy seker voel hierdie bedrag is steeds te min. In 1994 was De Klerk so nice om die land aan vandale en grypers te gee en baie lede van die DA en Afrikanerpartye het die partytjie ná die oorhandiging bygewoon en met sjampanje afgesluk. Wees nou tevrede met jul salarisse en pensioene. Van die ooms wil dit weer oordoen saam met Kaapses. Dit was tog sooo lekker laas.