Vrae oor peperduur diesel vir Eskom tydens roudiens

Pres. Cyril Ramaphosa by die roudiens van oorlede koning Goodwill Zwelithini. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Vrae het ontstaan nadat dit aan die lig gekom het dat Eskom glo sowat R20 miljoen aan diesel bestee het om die ligte vir die roudiens vir Zoeloekoning Goodwill Zwelithini aan te hou. Die kragvoorsiener het Donderdag beurtkrag tussen 10:00 en 14:00 opgeskort sodat Suid-Afrikaners die roudiens vir Zoeloekoning Goodwill Zwelithini op TV kon volg.

Die DA het nou vrae aan Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, in die parlement gerig om antwoorde te kry oor die peperduur diesel wat volgens die party R20 miljoen beloop het.

Die party soek “regverdigbare redes” waarom Eskom die ligte vir ʼn roudiens aanhou, maar nie dieselfde vergunning vir gewone Suid-Afrikaners maak nie.

Die DA wil ook weet hoe Eskom tot die besluit gekom het om beurtkrag vir die roudiens op te skort, asook watter kriteria gebruik is om daaroor te besluit. Die party vra ook in opdrag van wie beurtkrag opgeskort is.

“Wanbestuur en politieke inmenging die afgelope dekade is een van die belangrikste redes waarom ons in die eerste plek die las van beurtkrag moet dra,” sê Ghaleb Cachalia, die DA se woordvoerder oor openbare ondernemings.

“As daar na gister se besluit oor die opskort van beurtkrag gekyk word, lyk dit of die kragvoorsiener weer in die politieke arena gedelf het deur miljoene rande te vermors sonder om twee keer daaroor te dink.”

Cachalia het vroeër gesê die DA deel die smart van mense wat rou oor die koning se dood, maar die roudiens moenie gebruik word as ʼn verskoning om mense ongelyk te behandel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

koos10 ·

DA, hoekom vrae vra wat se antwoorde so duidelik soos daglig is en NOOIT eerlik beantwoord sal word nie!

Peter Pan ·

Ja ek stem saam, DA is ook maar pateties. Vra altyd vrae en kom ook nerens nie!

Johan ·

Abraham as hulle nie iets vra nie is hulle volgens sekeres ook pateties wat moet hulle dan doen, ten minste probeer hulle.

Persheks Adri ·

Lieflik R20 miljoen gemors vir ‘n diens pffft! Ons betaal deur ons verdomde nekke vir krag en hulle sit ons 2 keer per dag af gggmmmff! Uiters swak die patete. Dit was in die dag regtig brand kerse soos ons in die nag en koue

Johanncb ·

Ek probeer sélf verstaan hoekom die krag moes aanbly spesiaal vir die roudiens! Hoeveel mense het dit gevolg, op watter wyse ookal, en of dit die enorme uitgawe regverdig het? Wie het by die uitsending gebaat?

SomeOne ·

met die geskiedenis kom dit voor dat ramaposa en die zoeloe koning geen ooghare vir mekaar gehad het nie, deurdat die zoeloes nie n vinger in die regering se heerskappy het nie, het ramaposa van die geleentheid gebruik gemaak om meer zoeloe ondersteuning vir hom te kry, nog meer swart teen wit

annie ·

Nog ‘n koning is in die Noord-Kaap dood, maar hy moes seker maar by kerslig begrawe word. Iewers speel die Zoeloes darem erg die baas, of is CR doodbang vir die impi’s op sy stoep.

Henry ·

Hierdie verbaas my hoegenaamd nie. Onder die huidige regering het die soort manier van dinge doen die norm geword.
Ek wonder partymaal wat gaan dit vat om Suid-Afrikaners regtig (of wat gaan hul druk tot in die rooi) op te staan en te sê genoeg.
Die regering maak met ons wat hulle wil. En soos in die vorige artikel oor dieselfde onderwerp lui dit dat dit ‘n speletjie is waar die regering die ligskakelaar af en afsit soos dit hul pas.
Individue soos ek en jy kan alleen nie’ n verskil maak nie maar saam kan ons, maar dit gaan meer as net ‘n groepie mense verg.
As groot besighede nie in opstand gaan kom nie sal daar nie veel gebeur nie.
As groot besighede ophou belasting betaal en dit word deur nie-regeringsorganisasies bestuur EN as hulle krag en water aan nie-regeringsorganisasies gaan betaal is dit ‘n groot hou vir die regering, om maar net van die goed op te noem.
Maar soos ek sê mense is nog nie moeg genoeg nie.

Mariana ·

Dis hoekom ons meer betaal vir krag. Daai diesel van R20miljoen kom darem sekerlik die ligte aanhou vir die belastingbetalers ook. Maar so werk dit, ANC mos oral baas en moet hul sin kry……..al is dit vir ‘n begrafnis….

Jaco ·

Die ANC-regering wat eskom en sabc TV beheer, hou sowaar die ligte aan en saai die begrafnis op tv uit, terwyl dié koning teen onteiening sonder vergoeding was en selfs met wit organisasies ooreengekom het om onteiening teen te staan. Uiters vreemd.

Jakman ·

Ai die beurtkrag darem. hoeveel krag kan gespaar word as die hele land se straatligte vir die hele nag af bly. die robots bly aan. die voertuie het mos ligte en die nagwandelaars kan mos flitse of soos in ou tyd lampolie lantern gebruik. Eskom sal baie krag spaar en minder of glad nie beurtkrag toepas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.