Vrae oor sanitêre ware van R40 miljoen aan skole

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die KwaZulu-Natalse departement van basiese onderwys is Dinsdag bevraagteken oor sy besluit om sanitêre ware wat miljoene rande beloop aan leerders te verskaf.

Die departement het voor die finanskomitee verskyn as deel van begrotingsverhore in die KwaZulu-Natalse wetgewer. Dit het daar aan die lig gekom dat die departement in die finansiële jaar 2017-’18 altesaam R40 miljoen aan sanitêre ware vir leerders by skole in die provinsie bestee het.

Nonzwakazi Swartbooi het gesê die departement moet eerder aandag gee aan dringender kwessies soos die voorsiening van ondersteuningsmateriaal aan leerders en die aanstelling van meer onderwysers. “Julle kan nie vir ons sê julle het baie vakante poste en dan gaan bestee julle miljoene rande aan sanitêre ware nie,” het sy gesê.

Dit het ook aan die lig gekom dat daar ʼn oormaat sanitêre ware aan skole voorsien is en van die voorraad word in skoolbiblioteke oor die hele provinsie geberg. In ander gevalle is daar sanitêre ware aan jong leerders voorsien.

“Wat moet ʼn graad 1-leerder met sanitêre ware doen?” het Swartbooi gevra.

Maggie Govender, nog ʼn komiteelid, het gesê die komitee is nie gekant teen die voorsiening van sanitêre ware aan leerders wat dit nodig het nie, maar glo dit kan deur ander departemente hanteer word. “Ons het die departement van gesondheid, asook die departement van maatskaplike ontwikkeling genader en hulle is die gepaste departemente om hierdie funksie uit te voer,” het sy gesê.

Dr. Enoch Nzama, hoof van die departement, het aan die komitee gesê ʼn ondersoek is reeds aan die gang om te bepaal “wat fout gegaan het” dat daar ʼn ooraanbod van sanitêre ware aan skole gestuur is.

Sipho Nkosi, die komiteevoorsitter, het gesê die ooraanbod van sanitêre ware vestig die aanname dat die stelsel korrup is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

gogga ·

dit klink vir my baie of dit kan gaan soos toe sanitere en toileteries aan mense in instansies gegee is en toe het sommige personeel ook nie meer nodig gehad om te koop nie want die mense het skielik meer as gewoonlik nodig gehad…

Retha ·

Nou moet ‘n ondersoek span ook nog aangestel en betaal word. Ag skrik wakker en los die ondersoek spanne. Dit is so duidelik soos daglig dat onbevoegdheid die land verder in sy kanon in bestuur!!!!

Siek en sat ·

Word met die bakhand gebore. Vrek, maar dit gaan lekker in hierdie land. Word net gegee en gegee.

Johann ·

Verbysterend om te hoor hoe maklik MILJOENE geblaas word… en soos altyd, iewers n “supplier” wat sy sakke volstop met geld wat kids moes help met SKOOL? ANC LEGACY

honourable member ·

iemand maak weer lekker geld uit hierdie storie. Hierdie mense en korrupsie gaan maar net hand aan hand, Sal ook nooit verander nie.

Johan ·

Dit is korrup….jy hoef nie eens n ondersoek te loots nie……

Colleen ·

Ek het al hoeveel pakke sanitêre dovekies geskenk aan verskillende organisasies en nou wonder ek het dit ooit by behoeftige meisies uitgekom. Nee wat, nou skenk ek niks meer nie.

Anoniem ·

Daar is goed georganiseerde organisasies soos die Annebel Foundation wat die behoefde met finesse bestuur en uitvoer. Dan kom die klomp en misbruik geld ens. deur die noodsaaklike produk net randomly aan te koop te versprei! Duisende rande wat hulle vermors geld wat baie, baie beter bestuur kon word!

Wilma ·

Is dit ni tyd dat mense minder kinders per gesin moet kry ni. Maar so verskaf govt als om net n kruisie te kan kry met verkiesing. Sjoe mense da is mos geboortebeperking. Gratis

Johann Marx ·

Hahahaha….Wilma!!! Geboorteberking? SA is die enigste land in die wêreld wat vir jou gratis kondome verskaf, maar as jy dit nie gebruik nie gee hulle jou ‘n maandelike fooi om die resultaat groot te maak, of gratis anti-retroviale medikasie om die siekte wat jy opgedoen het te behandel……………en alles uit die belastingbetaler se sak!!! Armsalige patetiese klein 3de wêreld flop aan die onderpunt van die god-verlate donker kontinent……

skerwe ·

my huishulp het my anderdag vertel sy het haar suster vertel van werk wat sy kon kry. sus het dit flink van die hand gewys. aldus haar, met toelaag vir ses kinders en sewende oppad en haar eie ongeskikdheidstoelaag (sonder enige liggaamlike of geestelike gebrek) en haart man se salaris, het sy nie werk nodig nie. daardie kindertoelaag is regtig n euwel.

Ella ·

Aan Johan: gelukkig se jy “god-verlate” en nie “God-verlate”. Ek dink daar is n groot verskil en dankietog God het ons nog nie verlaat nie.

Oujongvrou ·

Daar is hoeveel kinders sonder kos, sonder toegang na skole en elke ander basiese behoefde. Maar hierdie regering gee vir graad 1 kinders eerder sanitere doekies as om die werklike probleme op te los. Iemand se familie het weer lekker geld gemaak daaruit. Eks siek om te hoor van elasting geld wat so in ander se sakke beland. Ons kon al baie gedoen het met die belasting wat net ons betaal. So nou moet ons ook maar begin bedrog pleeg en kyk waar kan ons belasting ontduik en besnoei

Manie ·

Die anc strydosse soos Winnie het baklei om die handjies in die geldlaai te kry.

ontnugter ·

Ja wel sanitere doekies en iets anders loop hand in hand. Toevallig beskryf daai iets anders ook die leierskap vd land.

Maa ·

Hendrik, Jy is van die manlike spesies. Jy benodig nie sanitere doekies nie. Ek weet van dogters wat met “packing tape” en toiletpapier vir hulle doekies maak. Want doekies is ongelooflik duur. Verkies jy dat dogters eerder 4 dae elke maand by die huis bly terwyl die bloed teen hulle bene afloop?

Nettie ·

@Maa ….. en wat doen daai meisies dan as hulle tydens hul menstruele periode by die huis bly? Sit hulle heeldag op die put-toilet sodat die bloed nie teen hul bene afloop nie??? Hulle het geld vir die nuutste selfone, databondels ens. ens. ens., maar nie R35.00 vir ‘n pakkie van 12 sanitêre doekies nie? Nee wat, die swart massas word mos gebore onder en grootgemaak met die “bakhand-staan”-sindroom.

En dit is soos een kommentator hier bo sê: SA is ook die enigste land ter wêreld waar die swart massas gratis sanitêre produkte kry, kondome en voorbehoeding gratis kry en as die kondoom of voorbehoeding ‘n “miss” bewerkstellig. betaal die staat vir daardie “miss” tot hy/sy 18 is die dag, en daarna betaal die staat (lees: belastingbetaler) weer vir daardie “miss” se hordes klein “misses” wat hy/sy kry …. en so gaan die bose kringloop aan en aan en aan en aan ……….

Hanna ·

Is daar enige staats instansie of tender met die staat wat nie ABSOLUUT korrup is nie? Dit voel vir my asof niemand on die staat eers meer probeer eerlik optree nie. Dalk is dit nou maar eenmaal die Afrika-manier van dinge doen (alles word in elk geval op n manier op die Weste geblameer)?

Neewat ·

Ja kom ons gee sanitere doekies vir graad eens en dan vergeet ons van die HANDBOEKE .. my wereld mense . hoe het die dogters tot nou toe reggekom? EK glo daar kan ANDER organisasies wees wat hulle daarvoor beywer, miskien maatskaplike dienste maar dit is BELAGLIK dat die skole sanitere ware verskaf veral teen daardie koste . EK wil nou nie tegnies of grafies raak nie, maar die “jammerkry” storie raak ook nou afgesaag. Daar was nie in die ou dae sanitere doekies nie, en die vroue het maar ‘n plan gemaak .. maar ongelukkig bly ons in ‘n land en tyd waar alles VERNIET na almal toe aangestap moet kom .. Kry eerder borge, kry gemeenskapsdienste wat betrokke raak, maar die wragtie weet om die ONDERWYSDEPARTEMENT daarmee te belas is belaglik. Daar is te min skole, ten min onderwysers, te min boeke, te min skryfbehoeftes maar daar word ‘pads’ gekoop? Heeltemal belaglik.

Denise ·

Ek stem 100% saam met Neewat 40 miljoen vir sanitere ware nee dit is belaglik !!!!!!

Verward ·

Sal iemand asb. uitklaar wat bedoel word met sanitêre ware? Is dit net sanitêre dovekies of iets anders?

Mathilda ·

Ek is jammer, maar ek verskil van jul almal. Ek glo dis ‘n goeie ding om vir die meisies sanitere ware te gee – maar dit moet reg bestuur word. Dit is seker een van die vernederingste dinge wat ‘n meisie kan oorkom as daar bloed op haar skoolklere is. So baie ouers kan nie sanitere doekies, ens bekostig nie!

Saartjie ·

Ek stem! En die belaglike BTW wat op sanitêre doekies gehef word, moet ook afgeskaf word … dis net so ‘n noodsaaklikheid soos kos. Die sogenaamde Women’s League kan gerus hieroor stem dikmaak!

V routjie ·

Nee wat – ek verskil. Dit is baie vernederend vir ‘n meisie om met ‘n bloedkol op haar klere te loop. Sanitere doekies is duur en as jy moet besluit tussen doekies en brood SAL ‘n ouer eerder brood koop. Verskil is net – dit moet reg bestuur word.

Casper Labuschagne ·

Selfs Helpende Hand het ‘n projek om sanitêre produkte aan skoolmeisies beskikbaar te stel omdat die gebrek daaraan ‘n vername rede is hoekom meisies skooldae mis. Maar as die regering van bo-af so ‘n projek loods weet ons dit begin met geld onder die tafel, helfte van die produkte verdwyn op pad na die bestemming en die ander helfte is vergete in ‘n stoor waar die rotte dit opvreet.

In ‘n neutedop is die probleem dat die doel daar is maar nie die bevoegdheid om ‘n groot projek effektief deur te voer nie.

marous ·

Een van miljoene foutjies per dag wat uitgekom het …alles met belasting pennies

Juffrou ·

Daar is heelwat instansies wat nie net die korrekte, higiëniese gebruik van sanitêre doekies by laerskole (ouderdomstoepaslik) kom demonstreer nie, maar ook skenkings maak. Hoe die Dept v Onderwys dit reggekry het dat iemand die bestellings en betalings gemagtig het, is ondenkbaar. In n sekere Distrikskantoor in Tshwane word daar van amptenare verwag om hul eie toiletpapier, penne en A4 wit papier (rekenaar drukwerk) te voorsien. Hoe rym dit?

Mrs H ·

Nou wonder ek! Nelson Mandela Foundation gelei deur Richardt Mabaso, projek (keep the girl child in school), samel der duisende rande in deur die jaarlikse Kilimanjaro bergklim tog, (4 Mandela)…. On Mandela day. Skielik is daar n triljoen organisasies wat doekkies insamel en verskaf deur skenkings, maar ek begin dink en dit lyk of daar betalings aanvaar word??? Verbeel jou R40 mil se sanitêre ware bymekaar gepak?! Hoekom soveel koop as daar soveel van verskeie rigtings “geskenk” word en alles op een aankoop? Wie keur die aankoop goed en teken dit af? Heeltyd skenk ek in my malle verstand, en iemand gaan verkoop R40 mil se sanitêre ware?! Nee man…. Of sal ek se “huh”? Word daar dan ingesamel om kastig te skenk, maar neem betaling, en daarom die skielikke klomp groeppe wat soos paddastoele oppop, want daar is n korrupte geld maak geleentheid?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.