Vrae oor SAUK se nuwe politieke redakteur

Argieffoto

Die DA het Saterdag die SAUK se besluit om Dumisani Hlophe as sy nuwe politieke redakteur vir nuus en aktuele sake aan te stel bevraagteken en gesê dié aanstelling is kommerwekkend.

“Mnr. Hlophe is nie ʼn praktiserende joernalis nie. Sy enigste ervaring in uitsaaiwese is as ʼn ‘politieke analis’ vir die SAUK waar hy ‘kommentaar’ gelewer het wat dikwels vreemd was en uit sy duim gesuig is,” het Phumzile van Damme, die DA se woordvoerder, gesê.

Volgens Van Damme was daar talle talentvolle, ervare en praktiserende joernaliste waaruit die SAUK kon gekies het wat ʼn veel beter keuse sou wees. Sy meen Hlophe boesem hoegenaamd nie vertroue in nie. “Hy is slegte nuus,” het sy gesê.

“Ons hoop van harte mnr. Hlophe sal ons bedenkinge oor hom verkeerd bewys en aan die SAUK se mandaat voldoen om onpartydig en onafhanklik te wees en die publiek ʼn redelike, gebalanseerde kans te gee om ingelig te word oor verskillende sienings rakende sake van openbare belang, veral in die verkiesingjaar.

“Sy aanstelling is ʼn stap agteruit vir die SAUK en dit is ontmoedigend gegewe die goeie aanstellings wat onlangs gemaak is,” het Van Damme gesê.

Die SAUK het egter gesê Hlophe het “wye ervaring in die politieke, navorsings-, en inhoudprogramvelde” gegewe sy werk as politieke wetenskap-dosent, skrywer, politieke analis en politieke redakteur. Die uitsaaier het daarop gewys dat Hlophe ʼn meestersgraad in politieke wetenskap aan die Universiteit van KwaZulu-Natal verwerf het en tans besig is met sy doktorsgraad in politieke leierskap en staatsprestasie aan Unisa.

Hlophe sal aan die stuur van die SAUK se politieke nuus-span wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

m.d.r. ·

His Masters Voice–weereens…..het niemand nog ooit gesit en sommetjies maak oor hoeveel Swartmense, soos verteenwoordig deur die ANC, bygedra het tot die skepping, en ondehoud van die SAUK sedert 1936…?

poster ·

mdr, ons moet in ag neem dat die anc Suid Afrika orals, op elke vlakteenwoordigend wil maak van die eenkleur reenboognasie. hoeveel het hulle tot kommunikasie, bankwese, om twee te noem, bygedra?

Cherokee ·

En hoe vereenselwig die SAUK met hul sogenaamde wegbeweeg vanaf kolonialisme?

Johanna Botha ·

Hier gaat ons weer …mens kannie op die anc staatmaak om enige iets reg te doen nie….maar anc stem dit sal ons ….hoe DOM !

Rynhardt ·

DA, hoekom vaar jy uit teen Hlope,as politieke redakteur se aanstelling???Dan se jy in dieselfde asem dat daar meer, “ervavare joernaliste” is as hy!DA en Van Damme kom ek vat julle almal terug skool toe!Vir jare het jul saam met die Anc sy onbekwame SABC-rade aangewys!Hoe bokspring julle nou??????????Hlophe se aanstelling is gemik om propagande te bevorder.DA dit kon jul nie noem vir publiek nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.