Vrae oor Sisulu se duur, omstrede adviseurs

Mo Shaik. Foto: iAfrika.

Die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, het twee uiters omstrede figure in uiters hoogbetaalde poste as haar spesiale adviseurs aangestel.

Die berugte twee nuutaangestelde adviseurs is adv. Menzi Simelane en Mo Shaik. Simelane is ʼn regspraktisyn wat in 2009 deur die destydse pres. Jacob Zuma as nasionale direkteur van openbare vervolgings aangestel is.

So swak was hy daarin dat ʼn volskaalse amptelike ondersoek onder leiding van die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, dr. Frene Ginwala, hom ongeskik vir sy taak bevind het en hy afgedank is.

Sisulu verskil duidelik van die bevinding, want sy het soveel vertroue in Simelane dat sy hom destyds, direk ná sy afdanking, as haar adviseur aangestel het en hom nog al die jare in die pos behou het.

Shaik was tydens die bevrydingstryd een van die ANC se voorste spioene en sabotasie-operateurs. Nadat die ANC in 1994 aan bewind gekom het, het hy by die departement van buitelandse sake aangesluit, waar hy gevorder het tot ambassadeur in Algerië en later gedien het as spesiale adviseur vir dr. Nkosazana Dlamini-Zuma toe sy minister van buitelandse sake was.

Oudpres. Jacob Zuma tydens sy eerste verskyning voor die Zondo-kommissie. (Foto:
Karen Sandison/ANA)

Dit het alles baie skielik en dramaties verander toe Mo Shaik se broer, Schabir Shaik, aangekla is van omkopery en korrupsie in ʼn uiters belangrike hofsaak waarin die destydse adjunkpresident, Jacob Zuma, ten nouste by erge kriminaliteit betrek is.

In ʼn poging om die vervolging van sy broer te kelder en die wolk bokant Zuma se kop te laat verdwyn, het Shaik beweer hy weet dat die destydse nasionale direkteur van openbare vervolgings, adv. Bulelani Ngcuka (wat die vervolging ingestel het), ʼn betaalde spioen van die apartheidsregering was. Hy was dus ʼn verraaier van die bevrydingstryd.

So seker was Mo Shaik van sy saak dat hy selfs die agentnommer wat die apartheidsregime aan Ngcuka sou toegeken het, bekend gemaak het. Die impak was sensasioneel, met al Mbeki se teenstanders binne die ANC-dampkring wat beweer het die vervolging van Shaik was bloot ʼn komplot om Zuma te benadeel.

Die destydse president, Thabo Mbeki, het ʼn regterlike kommissie van ondersoek, die Hefer-kommissie, aangestel om te bepaal of Mo Shaik se bewering dat Ngcuka ʼn apartheidspioen was, waar is. Onder die priemende fokus van regter Joos Hefer se deurtastende ondersoek is Shaik as ʼn leuenaar uitgewys oor alle bewerings teen Ngcuka.

Die openbare verrigtinge is regstreeks uitgesaai en wyd deur die algemene bevolking gevolg.

Die persoon wat as dubbele agent die agentnommer gehad het wat Shaik so leuenagtig om Ngcuka se nek gehang het, het selfs na vore gekom en gebieg oor haar verraad.

Hy was ook een van die hooforganiseerders van Zuma se veldtog om ANC-leier en staatshoof te word.

Tydens Zuma se bewind is Shaik aangestel in die magtige pos van tweede in bevel van die land se spioene. ʼn Vertrouensbreuk het egter tussen Zuma en Shaik ontstaan, met die gevolg dat Shaik afgedank is en die afgelope paar jaar heeltemal onder die nuusradar gebly het.

Nou is hy egter terug in ʼn hoogs betalende en politiek prominente pos.

Die hoofdoel van raadgewers is om ministers van inligting, navorsing en spesialisadvies oor hul portefeuljes te voorsien. Hulle ontvang enigiets tussen R900 000 tot meer as R2 miljoen per jaar van die belastingbetaler, afhangend van die uiteindelike gradering van hul kundigheidsvlakke as kenners op hul gebied.

Gespesialiseerde top-regsadvies is vir enige minister altyd nuttig, wat na verwagting Sisulu se regverdiging vir Simelane sal wees (hoewel die konstitusionele hof se bevinding dat hy regsonbevoeg is, elke rooi lig laat brand).

Die groot raaisel is of Shaik enigiets weet oor behuising, watervoorsiening, damme of sanitasie. Hy weet ongetwyfeld absoluut niks op spesialisvlak daaroor nie. Sy kennisveld is spioenasie, sabotasie en buitelandse strategie.

Sisulu het tot dusver nie gereageer op talle navrae om haar keuses te verduidelik nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

ACJ ·

Hulle weet nie hoe om nog die land verder op sy knieë te kry nie.

Maans ·

Ek het al lankal gesê die vrou is agterbaks en deel van die trog vreters. Die ou NP is n vulletjie teenoor die anc. Hulle is n skandvlek vir die mensdom

Leftie ·

Ek het al lankal gesê die vrou is agterbaks en deel van die trog vreters. Die ou NP is n vulletjie teenoor die anc. Hulle is n skandvlek vir die mensdom

Feite ·

Weereens n duidelike bewys dat binne die ANC, of jy in die Zuma of CR kamp is, almal is kop in een mus, daarom dat herontplooiing van zuma kaders deur CR kamp steeds plaasvind met die uitsluitlike doel van beinvloeding teen vervolging en voortgesette selfverryking. Herontplooiing van kaders is soos die kat wat weer en weer terugkom. Die ANC is meesterlike toneelspelers, hulle kul Suid Afrikaners hier en hulle kul Suid Afrikaners daar en siedaar die kaders is terug!

w ·

ANC Govt nog nooit omgegee of hul kundiges aanstel. Mos ma politieke aanstellings en ombevoegdes meeste vani tyd

Koos ·

Sisulu, ‘n absolute bewys dat jy bo kan uitkom met net jou familibande sonder enige vermoëns, en dan sommer die lojaales saam met jou optrek.
Mag ons asb eendag beleef wat CR eergister “beloof” het.

Kobus ·

Sisulu kon nog van geen Dept. waar sy was ‘n sukses maak.nie. Net haar naam en verwantskap en bande met Zuma wat haar in Parlement hou

John ·

… Sisulu is ‘n ou kader se kind wat getroetel en onderhou word… presies diè wat Cyril glo nie meer beskerm wil sien nie. Het iets beter geword sedert hande in die lug gegooi is oor misdrywe in die regering? Sisulu en Abrahams is beautiful people in franse uitrustings wat blink lewens lei as kommunistiese liberaliste met krokodiltrane in die oge omdat hul onderdane so arm is. Enige ou of vrou wat nog glo Mo werk vir jou het ‘n klap van die ou windmeul weg.

De Villiers ·

Eerstens, dis vanjaar op 9 Maart 2020 elf jaar van Shabier Shaik op mediese parool vrygelaat is, en nog steeds staan hy sterk. Kan die media nie ondersoek vorm oor sy ware gesondheidstoestand en waarom hy nog op parool is en nog ‘lewe’ nie. Mediese parool word slegs toegestaan indien ń gevangene se gesondheidstoestand so sleg is dat sy lewensverwagting baie kort is, en die dood binnekort ń gegewe sal wees oor die toestand. Maar nie 11 jaar nie, nog gholf speel en soms mense aanrand nie. Nee, hierdie hele klugspul moet ontbloot word, insluitend die dokter wat mediese parool aanbeveel het, sodat geregtigheid kan seëvier. Die Shaik’s het hierdie land al soveel skade berokken, en niks word teen hulle gedoen nie.
Tweedens doen Lindiwe Sisulu die ANC se norme en waardes gestand, want skande is hulle trots.

Elizabeth ·

Is dit moontlik om genoeg druk uit te oefen op Sisulu om die 2 kaders in die pad te steek? Wie oordeel oor hulle kundigheid al dan nie? As ons nie ons belasting kan weerhou nie, moet ons nou sterk staan en eenvoudig nie sulke misdade toelaat wat met ons belastinggeld gepleeg word nie.

Suzette Geringer ·

En so gaan hulle net voort. Geen verantwoording, geen verantwoordelikheid, maak wat ons wil en ons vreet lekker by die trog. As die trog nou leeg is dan gaan hulle seker mekaar begin vreet. Kan nie verstaan dat elke hoender op sy/haar mishoop net kan maak wat hy/sy wil nie en niks gebeur nie.

Stem saam ·

“Drie Kaalkoppe Eet Tesame” van Jan Rabie is van toepassing hier.

JohanR ·

Die pruik en lipstiffie was seker bietjie styf aan toe sy die aanstellings gemaak het! In Engels noem hulle dit ‘n “brain fart”!

A Mac ·

Die parlementslede skitter in hul planne en aksies om kaders aan te stel en sakke te vul. As daar so baie duur adviseurs aangestel moet word wonder mens net oor die minister se bevoegdheid om haar werk te doen sonder om voorgesê te word. Ons taksbetalers word darem maar goed met die piets bygekom.

Piet parys ·

As jy permanente adviseurs het beteken dit jy is nie geskik om jou werk te doen nie Lindiwe om

Koosswa ·

Sy sit ophaar brein. Met daai goed op haar kop ka geen brein oorleef nie

maryann ·

Sy moet adviseurs aanstel kan jul nie onthou sy het destyds gese when the rand fall we will pick it up before it reach the ground – gn wonder die ANC en die land is in so ‘n gemors breinloos

Willie ·

Hulle het nie benul van die waarde van geld nie.. Plaas sy n paar sent op haar kapsel spandeer

aj ·

Sisulu het geen belang by water, sanitasie ens nie.

Sy maak ‘n “span” bymekaar om te veg vir die president se posisie.

Hansie slim ·

Kader ontplooiing in hoogste rat!!!
Daar is nog geen afname daarvan nie!!!

Koos B ·

Onthou net die twee gaan nou weer assistente aanstel om kamtig te help.Hulle gaan nuwe kantore,motors,branstof fone en allerhande toelaes kry wat ons net van kan droom.As hulle klaar saam met madem gebrou het kry hul nog ‘n lekker goue handrukkie en siedaar die belasting betaler het weer gehoes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.